Flikkerende liggies
‘n Stad met wonderlike landmerke interessante kultuur dit is lewendig, geskiedkundig en skouspelagtig! Die stad van liefde ‘n taal verruklik vreemd die Seinerivier wat daardeur kronkel en waarin duisende goue liggies vonkel Weergalose kuns, lieflike argitektuur en wonderlike kos die wolke in ‘n blombleek dag… maar nou sit ek hier in ‘n boot en dryf die Vaalrivier […]
BESPREEK NOU vir die 3de INK Prestige gala-aand op 10 November 2018
Dit is weer daardie tyd van die jaar wat ons die INK lede gaan vereer!!! Ons funksie is by Casa Toscana PTA. Daar is ook (vir jou eie sak) slaapplek beskikbaar bespreek asb direk by Casa Toscana. ( www.casatoscana.co.za ) Darlingtonstraat 5 Lynnwood Manor Pretoria. Bespreek asb betyds want ons het net 120 sitplekke beskikbaar. […]
Dringende terugvoer van alle lede asb: Prestasies op Dig/Skryf gebied buite INK
Kan al die lede wat presteer het buite INK asb dringend vir my die besonderhede deurgee sodat ons julle ook op die gala aand van 10 Nov 2018 die nodige erkenning kan gee asb Dit sluit in bv. n nuwe bundel/boek uitgegee OF n verhaal in n tydskrif gepubliseer OF n kompetisie gewen OF enige […]
beloftes
gister se wind het belowe ou charmain sê dit belowe kreef die kreef gaan slegs uitkom met wind wie sal beter weet as sy en haar kinders wat van kleins af daarop leef en floreer op my duin waai wind sand in my oë mag hy oral reën waai in binneland binnelanders bid ook daarvoor […]
November 2018 Projek
Beste INKers Hierdie maand, so naby aan die einde van die jaar, is meeste vuisvoos. Poësie en Prosa kan egter as goeie ontvlugting dien. Wel, dit is wat ons met hierdie projek gaan probeer bemeester: ‘n virtuele woordereis deur die wêreld. DIGTERS: Skryf ‘n gedig, in enige vorm, sonder voorskrifte oor lengte, tipografie of styl, […]