Jongste aktiwiteit:

Aandlied van die nagtegaal.

Tussen aarde en hemel styg ʼn kuise maan
dit is die uur dat son moet gaan
oor die heuwels en die wye oseaan
en wit sluimerend kom die skemer aan.

Bewend sing die wind ʼn oeroue lied
sing die nagtegaal tussen blomme en riet
daar rys hul stem oor die swart nag
en ʼn ster wat haar eie strale probeer vang.

ʼn Silwer vlam oor die tamboties grou
ʼn mooier droom as ʼn wit pou
haar voete is rats oor heuwel en daal
soos duiwe wat deur die skemer draal.

In stille verwondering aan die Violin
laat sy die ryke klanke aan die Orion
waar stille lelies op gelate skaal
klief hul geur saam die sing van nagtegaal.

Die nagtelike klanke saam met roos
wat purperdiep in die maanlig bloos
skud sy die blomme in ʼn grou reën
waar appelbloeisels bot sonder ween.

Kom reg op my aan.. maar nie vir my
glimlaggend swaaiend gaan hulle verby
in die boord waar ʼn droom ons bind
op die helling slaap… daar sal jy my vind.

Hoe verduidelik ek die ligte hande op
die Orion staat singend en stralend op
in die suiwerheid hou hulle buigend klaar
waar sagte strale… die wieg aan mekaar.

Tuimelend bruis die water oor waterval
voer hulle juigend uit oor die dal
Moedernatuur smeek om nie te vergaan
help soek na ʼn onvergeetlike bestaan.

Kom loop nie vir ʼn laaste maal
hoor die koor van die nagtegaal
in die vêrre swart oneindigheid
styg die maan omhoog in tyd.

21 Sept 2016 om 19h35




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed