Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Aanvaarding

Deur Koos Elsum
Datum gepubliseer: 15 Oktober 2021 Aantal woorde: 57 89 Kere gelees 3

bekende lywe
skuif sagwarm nader
in staduims
druk lywe bedompig saam
skaapkop onder boepense
bondel ons saam

vry in die bondel
verkoop eie reuk
deel ongepaste wysheid
gee raad ongevra
in verlange
na aanvaarding

triljoen selle*
vernuwe daagliks
gedagtes ongeteld
spoel onverpoos
onafhanklik van ander
vervat in eie vel

*geskatte aantal selle in die mens se liggaam




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 568
Kommentaar telling: 82

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 353 gaste aanlyn

Bydraes – Argief