-
My hart se murasies-
dit wat nog so op ‘n manier gestaan het-
stort ineen
die laaste stukkies “ek”
van my af weggeneem.
Verbrokkel en gedaan
in siel en gees
móés my lewe regtig so wees?
Kan iemand my net-
‘n donnerse sak sement gee?
Bakstene? Gooi my met klippe
ek sal dit optel.
Maar
almal loop verby en dans in my stof-
die opskop-wind waai my weg
terwyl ander dele van my
vasklou aan sool en poot.Be the first to like this!no comments