![](https://ink.org.za/wp-content/uploads/youzify-fes/members/126/2024/12/AI.webp)
AI: Leuengees
AI
Leuengees
*
Ai! AI, jou kop is meer deurmekaar
as die ou se kop wat jou intelligensie
probeer ontwerp het sonder enige greintjie
van enige logiese konsep
van die arme versukkelde lewe.
¨
Jou nering is: om te dink,
om elke menslike integriteit
te kaap tot jou eie egoïsme,
ʼn blikbrein wat ook nie kan
eksisteer sonder menslike invloed.
¨
Jou brein en my Godgegewe gawe
is geensins op dieselfde frekwensies
van emosionele wedervarings
wat enigeen tot trane dryf
en weer kan heel.
¨
Jou nering is om almal tot raserny te dryf,
en die arme siel tot in die helse hel…
wanneer ek iets wil kopieer; sê jy nee
wanneer ek iets wil uitvee; sê jy nee
jy wil namens my kies wat om te lees.
¨
AI, jy’s ʼn leuengees sonder skaamte
ja, ongelukkig het die moeë mens
fataal gefaal in eie lui- en laksheid
hy het ankerloos en dinkloos geword
en jy AI, het hom verslind met g’n vrees.
*
©Arnold.
3 Des. 2024 om 15h00
Foto krediet. Pavel Danilyuk.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.