Al wat oor is, is droë trane.
Voert! Jou lelike ding.
Koud verlate, geen traverne in die wind,
waar lanterfanter hom bevind,
karton sy aardse besitting.
Voert hy van jamblik na asblik,
honger as aandrywer vir sy maag,
sy neus lei sy blik,
waar tong en speeksel smag.
Kan hy net droom
vir brood en hulp,
maar al wat hy kry is room
wat geen honger stelp.
Meer af as toeval
smul hy aan gemufte toegif,
dit was sy skat vir die dag
in verlate geselskap of gif.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.