Jongste aktiwiteit:

Ambisie

in my tuin
groei wortels in vuil grond
stoot waterige mikro voedsel op
vir suiwer lug produksie
sonder die proses
is lewe dood

gurus met soomlose hemde
in steriele potgooi studio’s
pontifikeer oor mikrofone
ongeag die werklikheid
dat alles in die eter
moontlik is

die ambisie is
produksie van vars lug
profesies van vars kennis
altwee is ewe noodsaaklik vir groei
met wortels diep in die landskap
net effe vergesog




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed