Jongste aktiwiteit:

Antwoord Vlug

in vlieg reise
is almal vasgevang
in vlugte van nou na dan
ongemaklik in nou sitplekke
oppad na andersheid

hoë tegnologie dryf
helikopter brommer
vlamgat straler
binne passasiers in veiligheidsgordels
die instrumente oordonder alles

unieke eie binne tegnologie
flits beelde teen ooglede
in onbewuste slaap
elkeen knus in eie kombers
van niks afhanklik

altwee vlugte
een vuur instrument beheer
en drome intern gevuur
is wonderlike reise,
nou en dan




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed