Anze.
Daar was weer blydskap om te verneem dat daar ʼn nuwe blad die lig gesien het, nadat soveel van die ou lede op ʼn vorige blad ʼn insinking in hul skrywerswêreld moes konfronteer. Die vure van hoop het weer hoog begin brand. Daar’s altyd die gevreesde ‘maar’. Ek neem waar dat daar gemiddeld ʼn ⅙ van die lede aanteken vir die dag asook baie gastelesers, wat hul ook hier kom skaar vir so ʼn bietjie leespret. Vir baie skrywers en skryfsters is dit ʼn riem onder die hart en dit laat ʼn satisfaksie in elkeen se hart wat net die betrokke persoon wedervaar. Die een miljoen-dolar vraag dink ek is op almal se gemoed. Hoe is dit moontlik dat die leserstelling so laag bly? Ek wil my verstout om te sê: miskien is daar tussen 15 – 20% wat rêrig belangstel om die volledige werke te lees wat elke dag geplaas word.Ek hoor al diegene wat sê dat ek nie weet waarvan ek praat nie. Laat ek so ʼn bietjie verder verduidelik. Ek kan nie met reg sê hoeveel % van ʼn betrokke skrywe tot die publiek deurgegee word nie. Met my eie beskeie opinie stel ek voor dat Anze en haar personeel net maksimum twee reëls van elke skrywe plaas vir daardie lokaas. Dit is nou net eenmaal so, baie lees die begin wat vir hom gebied word. Geval dit hom wat hy met die eerste oogopslag sien, sal hy verder wil lees. Net so met die ander soort leser, hoekom sal jy nou wil verder lees as hy omtrent die hele gedig kon lees dus stel hy nie belang daarin om verder te lees nie. So moet die lede en gastelesers by die betrokke gedig of skrywe ingaan om verder te lees. Sodoende kry elke skrywer of skryfster ʼn gelyke kans dat die werk gelees gaan word en is daar ʼn werklike aanduiding van hoeveel keer die werke gelees word.
In vandag se lewe is hierdie konsep oud-modies. So verwag baie om net te wil ontvang maar is nie bereid om te gee vir ʼn harmonieuse en suksesvolle skrywersblok.
26/05/2016 om 14h30
4 Kommentare
-
-
Anze
Arnold baie dankie dat jy jou gedagtes hier kom deel het. Jy moet egter dit in gedagte hou dat INK nog in babaskoene staan en nie oor die geweldige ledetal van die vorige webwerf beskik nie. Dit sal egter met tyd kom. As elke lid op INK sorg dat hy/sy dalk 2 of meer nuwe lede bring om aan te sluit kan ons lesertalle dalk die hoogte inskiet, anders sal dit maar soos goeie wyn met tyd gebeur want ongelukkig moet mens maar eers kruip voor jy kan loop. Aangesien INK nie 100% gratis aangebied kan word nie kan dit dalk n invloed he dat baie mense dalk nie verstaan dat hulle GRATIS kan aansluit, lees (ook die biblioteek en opleidings seksies) en kommentaar lewer nie. Dit is NET vir die voorreg om te publiseer wat lede moet betaal. So as al ons vriende GRATIS kom aansluit en saamlees sal dit ook die lesergetalle opstoot en INK meer bekend maak onder die publiek. Ek is egter baie ingenome met die huidige ledetal en aantal besoekers wat wel die blad besoek volgens die analistiese program se statistiek wat ek op n daaglikse basis kry en monitor. Ek vertrou dat hierdie verduideliking dalk n ander lig werp op jou bekommernis.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Arnold ek plaas al my werk oop Facebook en verskyn die eerste twee reëls wel as lokteks. Wat vir my ironies is dat van die lede al vir my gesê het dat hulle nie die tyd het om kortverhale te lees nie. Ons moet ook onthou dat baie Woes lede nie op Ink aangesluit het nie en die kommentare dus baie min is. Ek kla nie want die die reaksie op Facebook is goed en is daar meer lesers wat kommentaar lewer as op Ink. Al waar ek oor bekommerd is dat die digters die kortverhaalskrywers op hierdie manier ontuis laat voel en ek wonder of hulle nie ander tuistes gaan soek het nie want hulle voel dalk dat Ink n tuiste vir digters is. Jy sal ook sien hier word bitter min kortverhale geplaas