
Alikreukel (klanknabootsing)
Na soveel jare
sit sy weer in stilte
met die hol skulp teen haar oor.
Sy sluit haar oë. As sy die sagte suising
van die see kan hoor
sal soete klanke haar – soos tóé – bekoor.
Die ~shhhhhh~shhhhhh~shhhhhh~
sal salige berusting bring.
Maar vér verby die alikreukel fluistering,
druisss die waters tot in nimmereindiging.
En daw’rend !!!KLAP!!! die branderbots
tot rammelbreek oor donker rots.
© Carma Shaw
25 Februarie 2017
4 Kommentare
-
-
Kiekies
Ek hoor dit...shhh shhh shhh en vind salige berusting in jou gedig!!!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Toom
Onomatopeia. (Toe ek die woord ,alikreukel' die eerstekeer hoor, toe weet ek, dis die regte woord daarvoor.) Origens, dis nie net nostalgie en ontvlugtinmg vir vrouens nie: Ek ondervind dit netso . . . tot en met die brander-!klap! -- of meeuegekrys. Verskillendlik(!). Baie mooi daargestel. Dankie. GvT