AS ARGEOLOOG VAN DIE VERLEDE
AS ARGEOLOOG VAN DIE VERLEDE
borsel my oë oor die landskap van gister.
Lagie op lagie word gevee
tussen strate, duine en die see.
My mond mymer, hou boek —
versamel los skerwe van ‘onthou’.
Ek maak sin uit die stukke
wat ek op my terugblik bou.
Op die sif lê die gronde
van my redes,
stukkies van my verlede deur
die gaatjies onvergete.
Al die notas lê emmers vol gestrand
tot ‘n brander in my breek
en my gisters
ewig die sand in steek.
MCDb.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.