Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: AS ARGEOLOOG VAN DIE VERLEDE

Deur Margaret Cordier
Datum gepubliseer: 21 Junie 2019 Aantal woorde: 86 555 Kere gelees 11

AS ARGEOLOOG VAN DIE VERLEDE

borsel my oë oor die landskap van gister.
Lagie op lagie word gevee
tussen strate, duine en die see.

My mond mymer, hou boek —
versamel los skerwe van ‘onthou’.
Ek maak sin uit die stukke
wat ek op my terugblik bou.

Op die sif lê die gronde
van my redes,
stukkies van my verlede deur
die gaatjies onvergete.

Al die notas lê emmers vol gestrand

tot ‘n brander in my breek
en my gisters
ewig die sand in steek.

MCDb.




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 31
Kommentaar telling: 18

Ek bly in die Waterberge en is baie lief vir alle vorme van kuns. Vir my gee die skryf van gedigte; prosa; sketse en dies meer, die geleentheid om my diepste belewenisse en waarnemings neer te pen en te deel met lesers.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 235 gaste aanlyn

Bydraes – Argief