Jongste aktiwiteit:

AS DIE WIEL DRAAI

Jy het n vals kleed om jou skouers gehang
my n rat voor die oë gedraai
die suiker het aan jou lippe gehang
trane het in jou oë opgedam
my hart het pynlik my verstand aangekla
ek het myself die teenoorgestelde probeer oortuig
jy het nie van die onderwerp af verdwyn
seepglad het jy gewandel in die strate van my hart
my hart en hand was oop vir jou
ek het selfs daarna trane gestort
myself kasty dat ek meer kon doen
die waarheid het my in die straat ontmoet
uit die venster van my hart
het jou leuens modderspore getrap
die wiel draai verseker
ek weet voor wie jy kniel wie is jou meester

@Loret Zwarts

Bronsgradering




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed