As môre net kon praat
As môre net kon praat …
Vandag maak staat op môre, asof hy kon praat. Dalk sou gister by môre kan baat.
Vandag staan op sy eie bene, besig om te bou aan môre se verlede.
Keuses word vandag gemaak wat eers môre die mens sal raak.
Sou môre tog net kon praat, was daar seker vandag minder gevaar.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.