Jongste aktiwiteit:

AS ONS VAARWEL ROEP

Die dag as jy so onverwags jou laaste asem uitblaas. Ons begin sterf die dag met ons geboorte. Elke dag lewe jy nog n dag nader aan jou dood. Jy berei jou hele lewe voor vir daardie dag en tog as dit gebeur soek ons so menslik n geliefde net iemand. “Ek wil nie alleen doodgaan nie”, hoor jy baie mense sê ,maar hul het alleen geleef.   Nie n kat hond , parkiet of mens om jou lewe te deel nie. Jy gaan in jou eie ego sterf, alleen. Dan as daardie dag tog aanbreek wat niemand kan uitstel of afstel nie daardie dag se laaste vyf minute glo ek gaan jou lewe voor jou geestesoog afspeel . Dis hoe lank jou lewe gevat het om n rolprent van te maak, vyf minute. Kosbaarste oomblikke wat hemel op aarde vir jou was.   My lewe is eenvoudig , maar in elke opsig volmaak.  My vyf minute gaan nie in rykdom afspeel of dit wat ek besit het nie nee, ek verkies die veldblomme wat jy vir my langs die pad gepluk het, ek verkies my hand wat jy in stilte vat, jou oë wat oor n vertrek dans om my te bemin, soveel woorde wat in stilte alles kon sê, woorde is oorbodig tussen ek en jy, twee onvolmaakte mense wat mekaar volmaak kan liefhê. My kinders se eie manier om hul ma lief te hê,. My kleinkinders wat sag kom trap het in n ouma hart so sag met hul eie woordeskat , kwinkslae, dansende ogies en oopbek glimlagte. Dis die hoogtepunte van my lewe die mense wat ek liefhet met wie ek my hart deel.
222 woorde




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed