Avontuur soeker.
In die lente jare
omsweef deur die lewensfeer
en word gevoed uit die lewensare
die omgewing is die leermeester.
Rugsak gepak met genoeg ervaring
op die weë van fantasieë
betower deur jou bekoring
staan hy verstom en verleë.
Op ʼn mooi dag word ontdek
wie is nou die gek
proviand is aan die skaars kant
wat doen hy aan die hand.
So bevind hy hom verlate
en alleen in die lewenswoestyn.
Koud en naak is hy, ondermyn
aan oorlewingservarings.
16/06/2014.
3 Kommentare
-
-
Evelyn van der Merwe
Die slotvers spreek boekdele.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Arnold die awerwer op sy swerfpad