Jongste aktiwiteit:

BELANGRIKHEID VAN N FUNKSIONERENDE STRAFREGSTELSEL

Ons lees nog koerant al is dit digitaal in n wêreld waarin alles flits berigte geword het. Jy kry jou ongeloof uitgespreek oor ons regstelsel. Die belangrikheid van n funksionerende regstelsel lê nie in jou kruisie as jy gaan stem nie. Hoeveel kartondose met stembriewe in beland op die ashoop hoe sou jou kruisie daar n verskil maak ?
So lees ek gister van n gemeenskap wat weer eie reg in hande neem oor die lyk van n dertienjarige wat ontbind het onder n verdagte se bed gevind is.
Die regstelsel faal ons land, ons volk en sy mense. Watse geregtigheid is daar vir ons kinders wat verkrag en vermoor word. ?
As ons na statistieke gaan kyk van plaasmoorde hoeveel
Suid-Afrikaners , boere ons mense word brutaal vermoor voor die haan drie keer kraai ?.
So lees ek tussen die lyne dat
Jan van Riebeeck toe mos nou met geld en mooi goed opgedaag het wat die mense kom verlei het om korrup te wees. Elke mens in Suid-Afrika ken die holrug geryde donkie van apartheid, maar is hier nie nou meer apartheid as ooit tevore nie ?.
Ek het kennis gemaak met die engelse woord ” white privilege”. Weet jy wat is dit terwyl die klip waarmee jy my gooi dit skreeu?. Nee dit beteken in jou oë as ek iets het wat jy nie het waarvoor ek gewerk het ,   dan regverdig dit jou optogte. branstigting en anargie en die kinders moet by die huis bly want dadelik hoor jy “fees must fall #afrikaans must fall”.
Dis omdat daar n mentaliteit geskep is dat die Afrikaner ryk moet wees, nie hardwerkend nie, ryk.  Dadelik Mag daar betogings wees want ek het wat jy nie het nie, maar wat hul nie besef nie , maar tog voorgesê word is dat ons dit kry.  Nou wonder ek Moe’s dit nie wees waarvoor jy gewerk het nie ?
Ons regstelsel het verval en so ook ons polisie. Georganiseerde misdaad is aan die orde van die dag. Ek en my man is n statistieke in Suid-Afrika van roof en kaping. Mens kyk anders na die wêreld daarbuite as jy vaskyk in n AK-47 se loop. Jy kyk en voel anders as ses booswigte jou aanval in n kaping en jou kakebeen afslaan met n yster in n baadjie toegedraai.
Dis die belangrikheid van n funksionerende regstelsel sodat daar wet en orde geimplementeer kan word. Dat skuldiges gevang kan word en vir hul optredes kan boet en nie om n blok of twee afgelaai word as hul die polisie omkoop nie. Korrupsie juig in ons land nes n propvol stadion op loftus as die bokke wen.
n Funksionerende strafregstelsel veral as die doodstraf terug gebring kon word sou ons land n gerespekteerde een gewees het met n ekonomie wat se knieë nie besig is om te knak nie. n Hele provinsie (KwaZulu Natal -Junie 2022) sou nie oor n naweek afgebrand het nie. Kos voorrade sou nie geplunder kon word van n vragmotor wat onklaar geraak het nie.
Ons land is buite beheer met geen wets toepassing nie.
Ons moet ons self toerus met kennis hoe om in anargie op te tree in n land wat grys status bereik het en nie meer oor die vermoë beskik om wet en orde te handhaaf nie. As geregtigheid kon geskied vir al die bloed wat in ons land vloei met n regstelsel wat of gemanupileer word of in hoeveel gevalle ontsnap gevangenisse uit hofgeboue se selle met hulp of dis die regter se teetyd en vra sy n reeks verkragter om te loop. Hy wat hoeveel jaar gesoek is, is uiteindelik gevang en tog dink hulle niks daarvan dat hy maar kan loop want dit dit is noutee tyd nie.
Ek dink tog dat bevoegde mense aangestel moet word en hul kwalifikasies ernstig nagegaan moet word voordat aanstellings gedoen word.
Die Suid-Afrikaanse polisie diens se hande moenie vasgebind word om teenoor misdadigers op te tree nie dan glo ek ons land sal n beter plek word om in te bly. Daar moet n duidelik voorbeeld gemaak word van misdadigers wat end uit en volhoubaar is dan sal die gevangenisse nie oorvol wees nie en kan die getroue belastingbetaler se geld aangewend word vir die regte redes.
Baie minder mense sal oosee n heenkome gaan soek omdat ons land in n korrupte magspel ontaard het.
Met n eerste klas regstelsel sou ons mense vertroue gehad het in reg en geregtigheid.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed