
Bemarking Hulp
die verkeer kruip
verby hospitaal draai
ń rooi sportsedan luier
geroeste jaloppies stotter
heuwel op werk toe
die mark
is netjies verpak
as groei met veelkleurige bonusse
waaroor die ekonomie
vrylik bloei
die strewe bly
vergroot die vraag
tot vraag in nood ontaard
en tel die note
na elke dag se werk
ek skree, baklei
teen die verbruikersmark
asemhaal is ook noodsaaklik
al is ontspanning
ń onproduktiewe werk
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.