Titel: Bergfiets
Deur Koos Elsum

spiere brand
bene trap manhaftig
arms is glad gesweet
en eindig in bloed rooi vingers
gesluit om rubberstange
longe soek kapasiteit
hart stuur smse, suurstof asb.
kop baklei oorlog tussen ego en oorlewing
die bergpad kronkel weg
ewig ongestoord
bosslaper skrik verward
papierdun karkas gryp na bospik
die jongman gryp na die pepersprooi
in aluminium ontwerper houer
albei ewe bang
TEMAS
Bjorn Inglish
en toe? gat gesien bewusteloos, harsingskudding!…vertel hele storie :0
Koos Elsum
Dankie vir lees & ja dit was ń eina val wat ons in die familie geheim hou Ha Ha