Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

argief

Elmarie Nienaber Van Kampen

Deur Datum gepubliseer: 19 November 2021 2

Lees meer oor Elmarie

Septemeber 2021 – Positiwieitsprojek

2.droom

‘n Mens is nooit te oud om te leer nie. Op geen ander plek op aarde verstaan jy dit beter as in die ronding van ‘n plomp kinderarmpie om jou nek nie.

Wat sy vir my wou sê, was baie belangrik en die…

Yvonne de Kock

Deur Datum gepubliseer: 19 November 2021 2

September 2021 – Positiwiteits-projek

1.Die seisoene het gedraai … hello Lente!

Ja, daar is die ononderbroke en oneindige kringloop van siesoene elke jaar. Jaar in en jaar uit…

Elke Desember begin die somer in ‘n songeel rokkie rond te dartel en gooi as’tware vrolik ‘n strooihoed op die groene grassies neer. Om…

Yvonne de Kock

Deur Datum gepubliseer: 19 November 2021 2

BRONSKLAS

September 2021 – Positiwiteits-projek

3.Botseltjies met bekkies getuit

Met die winter verby,
kan ons die koue vergeet
en sonder énige twyfel
kan ons dit maar weet…
dat die snerpende koue winter
nie gekom het om te bly,
dus kan ons maar in
“dis heerlike lente” gedy!

Nuwe botseltjies bot
vrolik aan bome groen;
héérlike beloftes van
geelperske en lemoen.
O, die wonder van…

Roeline van Schalkwyk

Deur Datum gepubliseer: 19 November 2021 2

Lees meer oor Roeline van Schalkwyk

BRONSKLAS

September 2021 – Positiwiteits-projek

1.Beloftes van veldblomme

uitgeput is die winter
en die moegheid van grys
en die verleptheid van velde
behou die veldblomme ‘n belofte

soos die wind verse is
die sneeu ‘n voorgang
die reën ‘n refrein is

so is die blomknoppe die brug
en so vorm die fleurson ‘n lied
waar…

Elizabeth Martie Bezuidenhout

Deur Datum gepubliseer: 5 Oktober 2021 7

Lees meer oor Elizabeth Martie Bezuidenhout

BRONSKLAS

Augustus 2021 – As die blare val projek

3.Blaarverlorenes

‘n blaar
het
ge-
val

soos Boerneef
se bergansveer
by Woeperdal

maar ek

ek’t die blaar
op-
ge-
tel

tussenin

ons klaar
geleesde blaaie
hartsdieprooi
g
e
p
a
r
s
waar dit
plek-plek
bloedbevlek
met vuurtong brandkeel
letters vlamrooi stemverdroog

ek wou jou daar
wegsteek, vergeet

maar

‘n traan het
g
e
v
a
l

soos Boerneef se bergansveer
by Woeperdal

bly ons vir mekaar
v
a
l

Elizabeth Bezuidenhout

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 178 gaste aanlyn

Bydraes – Argief