Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

argief

DJ Opperman

Deur Datum gepubliseer: 30 Maart 2016 2

Vakansiebrief

Voor my in ‘n mispel kras
drie kraaie; my dae verdwyn
in stiltes soos kwartels in lang gras.

Vanoggend toe ek erdwurms soek,
raak ek oor ‘n fossiel verstrooid
soos oor ‘n bladsy uit ‘n muf dagboek.

‘n Ou meid lę langs haar skerm, die wange
weggesak, haar oë reën en sand
in holtes van ‘n maalklip…

Eugene Marais

Deur Datum gepubliseer: 30 Maart 2016 2

Winternag

O koud is die windjie
en skraal.
En blink in die dof-lig
en kaal,
so wyd as die Heer se genade,
lê die velde in sterlig en skade.
En hoog in die rande,
versprei in die brande,
is die grassaad aan roere
soos winkende hande.

O treurig die wysie
op die ooswind se maat,
soos die lied van ’n meisie
in haar…

F.W. Reitz

Deur Datum gepubliseer: 30 Maart 2016 4

Klaas Geswind en syn perd

As jy misskiin nog met jou maat,
Bo in di dorp sit lag en praat;
Fergeet jy, jy moet huis toe gaan,
Anders sal Elsi fer jou slaan;
Sy sit al by di fuur en brom:
“Ek kry hom, soos hy huis toe kom.”

Jammer dat mans so selde hoor,
As hulle frouens fer hul knor;
Dit is mar so: “Hul kan mar praat,
Ons luister tog ni na hul raad.”
Dat dit so is het Klaas Geswind
Een donker nag ook uitgefind,
Hy ’t lelik in di knyp geraak,
Toen hy terug ry…

Ingrid Jonker

Deur Datum gepubliseer: 30 Maart 2016 2

OP ALLE GESIGTE

Op alle gesigte van alle mense
altyd jou oë die twee broers
die gebeurtenis van jou en die onwerklikheid
van die wêreld

Alle geluide herhaal jou naam
alle geboue dink dit en die plakkate
die tikmasjiene raai dit en die sirenes eggo dit
elke geboortekreet bevestig dit en die verwerping
van die wêreld

My…

Elizabeth Eybers

Deur Datum gepubliseer: 30 Maart 2016 6

Maria
‘n Engel het dit self gebring
Die vreugde-boodskap – en jy het
‘n lofsang tot Gods eer gesing,
Maria, nooi uit Nasaret!

Maar toe Josef van jou wou skei
En bure-agterdog jou pla,
Het jy kon dink, eenmaal sou hy
Die hele wêreldskande dra?

Toe jy soms met ‘n glimlag langs
Jou liggaaam stryk . . .die stilte…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 183 gaste aanlyn

Bydraes – Argief