Koos du Plessis
Sprokie vir ‘n stadskind
As die reën van stof en roet verby is
en die rook verdwyn
Sal daar in die sterrelose hemel
‘n neonboog verskyn
En kyk maar goed,
want as jy hom vind
vertel ek vir jou ‘n sprokie my kind,
van ‘n skatkis met ou kettings gebind
aan die neonboog se punt
Volg hom elke nag oor swart riviere
Oor kranse van beton,
as jy aanhou stap
tien duisend ure
sal jy dalk daar kom
Maar hier moet jy jou nimmer laat bind
want so lui die ou, ou sprokie my kind,
As jy geluk en vreugde wil vind
soek die neonboog se punt
Volg hom elke dag oor swart riviere
kyk nie eenmaal om
Dalk vind jy die land van blou saffiere
en dalk ‘n brokkie son
Kinders van die wind
Ek ken ‘n ou, ou liedjie
Van lewenswel en wee.
Van lank vergane skepe in
die kelders van die see.
Die woorde is vergete
en tog die deuntjie draal.
Soos vaag bekende grepies uit
‘n baie ou verhaal.
Van swerwers, sonder rigting.
Van soekers wat nooit vind.
En eindelik was almal maar
net kinders van die wind.
Gesigte, drome, name.
Is deur die wind verwaai.
En waarheen daardie woorde is
Sou net ‘n kind kon raai.
Van swerwers, sonder rigting.
Soekers wat nooit vind.
En eindelik was almal maar
Kinders van die wind.
Splinterruit
my oe is ‘n splinterruit
wat bly weerkaats, al kyk ek uit
en ewebeelde dwaal verby
maar dra onwetend iets van my
maar ek kan sing as ander vlug
voor werwelwind en bliksemlig
want deur die krake in die nag
sien ek ‘n helder, nuwe dag
die oe is ‘n splinterruit
dus moet jy leer om skerp te kyk
wie meen jy’s blind doen onbewus
dit wat presies wys wat hy is
maar ek kan sien as siener tas
na iets wat is en altyd was
want hoor die reen en wind praat saam
en in die kranse dreun ‘n naam
my oe is ‘n splinterrruit
wat bly weerkaats, al kyk ek uit
en skewe beelde hink verby
en word onwetend deel van my
maar ek sal klim en hoer beur
selfs doringtakke gryp en skeur
want op die berg se nuwe rug
is more ver, maar steeds in sig
Najaarsdroom
nog ‘n najaar in die vreemde
met my drome sonder tal
en ek weet die winter kom weer
met sy sneeu wat ewig val
ek ken die Rynland-nagte
die Alpe met sy sneeu
die Swartwoud se geheime
en die liedjie van ‘n meeu
maar hier buite sterf die somer
en ek sien die blare val…
en iewers skyn die somerson
op die velde van Transvaal
en erens dreun die branders
aan die strande van Natal
ek sit soms en ek luister
of ek dalk in die wind
die Vrystaat en die Boland
se stemme terug kan vind
ek ken die Spaanse nagte
die Alpe met sy sneeu
ou Amsterdam se gragte
en die liedjie van ‘n meeu
Wie weet (Jopie Adam)
DIEP-DIEP IN DIE BOSSE IS ‘N POORT NA ‘N VERGETE LAND
WAAR ONS STIL DAE SLYT, LEEF EN DROOM
EN SWYEND LUISTER NA DIE VOETVAL VAN DIE TYD
TEEN SKEMERAAND, AS HOOP WEER FLUISTER
WIE WEET, IEWERS IS DAAR DALK ‘N LAND VAN RUS EN
WIE WEET, WAAR DIE VLUGTELING VEILIG IS
WAAR DIE SWERWER EINDELIK RUS EN AS DAAR IS
NEEM MY SAAM, NEEM MY SAAM
DIEP-DIEP IN DIE BOSSE IS ‘N POORT NA ‘N VERGETE LAND
‘N EDEN HALF VOLTOOI, HALF GEVUL
DEUR HALWE VREDE, WAAR DIE SON NOG SKAAM-SKAAM LOER
KOM KNIEL EN WYK, VOOR HALF GEBEDE
WIE WEET, IEWERS IS DAAR DALK ‘N LAND VAN RUS EN
WIE WEET, WAAR DIE VLUGTELING VEILIG IS
WAAR DIE SWERWER EINDELIK RUS EN AS DAAR IS
NEEM MY SAAM, NEEM MY SAAM
Sê MY, IS DAAR IEWERS DALK ‘N LAND VAN RUS EN
Sê MY, IS DAAR VêR ‘N VREEMDE KUS
WAAR DIE SWERWER EINDELIK RUS EN AS DAAR IS
NEEM MY SAAM, NEEM MY SAAM
WIE WEET
IEWERS DALK ‘N LAND VAN RUS EN
WIE WEET
Skadu’s teen die muur
die donker kom van buite
en syfer deur die ruite
en ek gooi nog ‘n paar kole op die vuur
en die tafel en die laaikas
en alles wat eers was
versmelt tot blote skadu’s teen die muur
ons drome van gister
word somber en sinister
want kyk alles het ‘n vasgestelde uur
ons beplan toringblokke
maar die slopers is betrokke
en ons drome is bloot skadu’s teen die muur
met orrelbegeleiding
kom die voorspel tot die skeiding
maar dis alles reg, die liefde is ‘n vuur
en van die vorige hofmaak
hoor ons later in die hofsaak
want die liefde is ‘n skadu teen die muur
in swart of wit getooi
in ‘n stoet of in konvooi
wonder elkeen hoe lank alles nog sal duur
en leef holderstebolder
want die kis wag op die solder
en die lewe is ‘n skadu teen die muur
die donker kom van buite
en syfer deur die ruite
en ek gooi nog ‘n paar kole op die vuur
en my voete en my hande
word ou bekende lande
in skadukaarte teen die muur
die wereld word ‘n skadu teen die muur
‘n flikkerende skadu teen die muur
As jy my kon volg
as jy my kon volg
op die vleuels van die wind
na werelde oorkant die maan
sou jy my spoor in die melkweg vind
my tent tussen die sterre sien staan
want ek is nog jonk
en die wereld is oud-
sy skadu val ver deur die ruim
neem nou my hand
want die nag word koud
en waarom sal ons versuim?
as jy my kon liefhe
tot alles vergaan
en nooit, ooit
die skeiding sou vrees
sou ons die lewe
kon leer verstaan
‘n oomblik gelukkig kon wees
maar ons is nog jonk
en die wereld is oud
en voor ons het almal gefaal
neem nou my hand
want die nag is koud…
dis dalk die heel laaste maal
Spore op die maan
elke nuwe plan le hopeloos verfrommel
want iets se: “stomme drommel,
die ruimte le vol rommel”
en ek begin verstaan:
daar is geen nuwe oord om heen te gaan
want kyk, daar le reeds spore op die maan
want die stad blom elke nag
strooi sy saad en skemerdag
breek staalspruite teen die aardkors waar jy gaan
rommelberge groei omheen
en daar’s swaelsuur in die reen
en kyk, daar le reeds spore op die maan
waarheen sou ek gaan?
ontvlug is onbegonne
selfs droom is onbesonne
want die wereld is oorwonne
en ek begin verstaan:
daar’s geen nuwe paaie om te baan
want kyk, daar le reeds spore op die maan
elke hektaar is verkoop
elke opstal le gesloop
en die wereld wag verwese, in die waan
dat ‘n wonder sal gebeur
om sy rusperleers te keer
maar kyk, daar le reeds spore op die maan
vlug na berg of woud..
meen jy dat daar geeneen is
dat jy eindelik alleen is?
ag, verspieders loer op Venus
en ek begin verstaan:
daar is geen nuwe oord om heen te gaan
want kyk, daar le reeds spore op die maan
elke woord is retoriek
elke droom is bloot plastiek
en atoom’s die idioom van wie verstaan
iewers moet ‘n rusplek wees
vir die afgematte gees-
maar kyk, daar le reeds spore op die maan
duisend donker spore op die maan
kyk, daar le reeds spore op die maan
Skielik is jy vry
as niemand van jou hoor nie
as niemand van jou weet nie
kan jy tog niks verloor nie
kan niemand jou vergeet nie
as niemand jou bemin nie
as niemand jou ooit raak nie
kan niemand trou versin nie
kan niemand jou versaak nie
Ridder
DRA MY SOOS ‘N HOED
LIG MY TEEN DIE KANTE UIT
SPUIT MY IN JOU BLOED
TEL MY OOR DIE DORINGS
GRYP MY AS EK SINK
HELP MY WAAR DIT NODIG IS
SLYP MY SOOS JY DINK
DROOM MY IN JOU DROME
WEEF MY DEUR JOU DAG
KROON MY AS JOU KONINGIN
LEEF MY AS JY LAG
WEES JY DIE RIDDER IN MY FEëVERHAAL
DIE VLINDER IN MY LYF
DIE WINTERAAND SE KAGGEL
OM DIE KOUE TE VERDRYF
WEES JY DIE RIDDER IN MY SPROKIE
DIE SKITTER IN MY Oë
DIE BITTERSOETSTE GLORIE VAN ‘N DUISEND REëNBOë
DANS MY OP JOU RITME
WENS MY IN JOU WENS
HOOR MY IN DIE STILSTE STILTE
STOOR MY IN JOU SPENS
STAP MY IN DIE MAANLIG
MAAL MY DEUR JOU KOP
TEUG MY IN EN HYG MY UIT
RYG MY IN JOU VETERS OP
LEES MY SOOS ‘N STORIEBOEK
WEN MY OOR JOU PAD
PEUSEL MY SOOS KERSIEKOEK
PEN MY IN JOU HART
Swerwers
jy wat jou op die wysheid roem
wie sou jy die swerwer noem:
die een wat sonder afskeid ry
of sy wat eensaam agter bly?
of wie?
wie sou die ware swerwer wees
die een wat reis, die een wat lees
die enk’ling op sy slentergang
of elkeen wat na iets verlang
of wie?
wie sou die ware swerwer wees:
die een te voet, die een in gees
die een wat deur die ver land stryk
of hy wat deur die rookmis kyk?
of wie?
jy wat jou op die wysheid roem
wie sou jy die swerwer noem:
die een met tas en reisbiljet
of elkeen wat nog drome het?
of wie?
Huis-toe-pad
die huis-toe-pad is die pad wat jy vat
as jou siel verdor, maar jou oe bly nat
en jy loop, maar jy weet jy’t die koers vergeet-
le die huis-toe-pad tussen hoop en weet
maar die huis-toe-pad is ‘n donker pad
dis ‘n opdraend-pad, dis ‘n dronkaardspad
dis ‘n rowerspad en ‘n kronkelpad
want die huis-toe-pad is ‘n kronkelpad
die huis-toe-pad is ‘n ware pad
maar ‘n nare en vol-gevare-pad
dis ‘n sloop-maar-pad en ‘n stroop-maar-pad
want die huis-toe-pad is ‘n hoop-maar-pad
die huis-toe-pad is die pad wat jy vat
as jou siel verdor, maar jou oe bly nat
en jy loop, maar jy weet jy’t die koers vergeet-
le die huis-toe-pad tussen hoop en weet
en die huis-toe-pad is ‘n somber pad
dis ‘n drink-en-‘n-peins- en ‘n wonder-pad
dis ‘n sukkel en beur en ‘n strompelpad
want die huis-toe-pad is ‘n kronkelpad
die huis-toe-pad is ‘n hartseer-pad
dis ‘n enkelpad, dis ‘n swart-lee-pad
dis ‘n snags-aleen-deur-die-hoop-loop-pad
want die huis-toe-pad is ‘n dood-loop-pad
Hier’s ons almal tesaam
hier’s ons almal tesaam
net in vriendskap se naam
met ons erns en ons luim
met ons doen en versuim
laat die sorge vereers
laat net vreugde hier heers
want oor die rand van die glas
lyk dit als nommerpas
in die nag veg ‘n vuur
teen die donkerste uur
daar’s nog tyd vir plesier
as die vlamme net duur
ons kan lag, skerts en sing
en die onrus verdring
want deur die glasie se steel
lyk die wereld weer heel
hier’s ons almal tesaam
net in vriendskap se naam
en ons lag en gesels
oor wat vreugde behels
oor die rand van die glas
lyk ons almal uit pas
en deur die glasie se steel
lyk die wereld weer heel
oor die rand van die glas
lyk ons almal uit pas
en deur die glasie se steel
is die wereld weer heel
Koue vuur
die kole gloei soos vroeër aande
maar die vuur is in my kop
en ‘n ysige wind skroei my hande
vas om die beker met dop
die ryp is ‘n vlam om my voete
maar die koue brand in my bors
en ek drink en ek dink aan die soeter
wyn teen die groter dors
met ‘n koue hart tot die môre-uur
drink ek teen die vuur in my kop
en ek voel die koue, ek voel die vuur
vreet my stuk-stuk op
daar’s te veel met die wêreld gefoeter
daar’s te veel met die mense gemors
en ek drink en ek dink aan die soeter
wyn teen die groter dors
met ‘n koue hart tot die môre-uur
drink ek teen die vuur in my kop
en ek voel die koue, ek voel die vuur
vreet my stuk-stuk op
en die helde na al die geploeter
lê diep in die aarde se kors
en ek drink en ek dink aan die soeter
wyn teen die groter dors
met ‘n koue hart tot die môre-uur
drink ek teen die vuur in my kop
en ek voel die koue, ek voel die vuur
vreet my stuk-stuk op
vreet my stuk-stuk op
vreet my stuk-stuk op
Ver horisonne
lank, lank gelede in ‘n ver eeu van vrede
het elkeen sy koring vergaar
toe kom daar ‘n grysaard en se:”net ‘n skerp swaard
sal hierdie rus kan bewaar”
en die klip uit die aarde giet gloeiende swaarde
wat almal met ore kan hoor
ja die hart van die aarde skenk gloeiende swaarde
want wie wil die vrede verloor
en so is die koring deur dissel en doring
verdring waar die plethamers dreun
en toe die landbouer kom kyk oor sy skouer
gewaar hy met skrik hy’s alleen
want die klip uit die aarde word glimmende swaarde
en werkywer val voor versland
want honger kom fluister aan die wat sou luister
die swaard koop die oes op die land
wat doen hy vir vrede? kom maak hom die skede
van elke blink swaard in ‘n hand
en die klip uit die aarde word bloeiende swaarde
wat vrede bewaar tot die dood
ja, die hart van die aarde giet gloeiende swaarde
wat koring verbrysel tot brood
lank, lank gelede het die boodskap van vrede
versprei soos die windroos se saad
die swaard walg van roes en die arbeid se oes
kan jy nie by ‘n landbouer laat
en oor vier horisonne sluip grafstil kolonne
en min wat dit sien wil verstaan
ja, oor vier horisonne kruip donker kanonne
geets in ‘n bloeiende maan
Afskeid
Die uurglas het reeds leeg geloop,
die populierboom is gestroop
van elke goue blaar.
En ons, ons staan beteuterd rond
en tuur half skuinsweg op die grond –
soos vreemdes vir mekaar.
Ek weet jy wil nog met my praat,
maar onder in die donker straat
hoor ek die motor toet.
En vir die derde, vierde keer
sit ek my loodswaar koffer neer
om jou verlaas te groet.
Die goue ring
O, die goue ring, die goue ring:
agtien karaat-versekering:
hoog heilig is die dubbelbed;
hoër heilig en geseënd die pret.
O, die goue ring, die goue ring
maak elke hoer ‘n hemeling.
Wydingsdiens
Ek hoor die vent bestempel
sy vet lyf as ‘n tempel.
Voorwaar ‘n onderskeiding!
Geen rede dus tot kommer;
die maaiers – sê ‘n brommer –
sal dáár wees vir die weiding.
Vermiste Mense
Jou naam kom nooit na vore,
nie in grou geregskantore,
nie in lêers oor verhore nie;
jou diepste, verste spore loop ook dood.
Ek kan dit nie verduur nie;
daar’s geen saak en geen dossier nie
en die wete: Jy’s nie hier nie
voel soos lood
Ek bly opsoek na lank vermiste mense
maar almal bly my oninhaalbaar voor
Die jare skif tot newels voor die lense
en die hart verloor maar mettertyd die spoor
Die stad bars uit sy nate
en die rustelose strate
sonder jou is leeg verlate
en ek weet in watter mate ek jou mis
Ons praat soms soos tevore
en ‘n droom word weer gebore
maar ‘n wêreld lê verlore
in die leegheid van die woorde
wat daar is
Ek soek vergeefs na lank vermiste mense
wat om my is, maar onbereikbaar ver
wat langsaam uitgekring het oor my grense
nog lokkend, maar afsydig, soos ‘n ster
Op die pad na Nooitgedacht (Liriek)
Op ‘n donker aand, diep in Juliemaand,
op die pad na Nooitgedacht,
waar drie rotse staan teen die sekelmaan,
het ek lank gewag die nag.
Want ‘n skurk vanouds het ‘n sak vol goud
daar begrawe langs die pad
en elke donker aand, met die sekelmaan,
kom hy t’rug en soek sy skat.
In die verte hoor ek vier hoewe,
soos ‘n hartpols diep in die nag;
dis of die duiwel hom jaag,
want die maan sit al laag
op die pad na Nooitgedacht.
By die Spookklippe naby Nooitgedacht,
so’t die mense my vertel,
kan geen man dit waag op ‘n donker nag —
hy begeef hom in die hel.
Maar ek het vasgestaan en gesę ek gaan
man-alleen een donker nag;
ek’t myself gestaal en my perd laat haal,
maar ek het so iets nooit verwag:
Want die vuurvonke spat uit sy hoewe
en tien vlamtonge speel in die nag
en die ruiter lę plat
want sy perd ken die pad
na die skat van Nooitgedacht.
Ek’t teveel gesien en ek dog miskien
is die beste plek die huis,
want ek ken gevaar, maar ek trap onklaar
en ek wens ek was al tuis.
Maar die huis is ver en die môrester
hang spookagtig oor die veld.
Dis g’n plek vir my; ek wil liewer ry —
gee die kęrel maar sy geld.
Maar die hoefslae dreun in my ore
en ‘n skim skiet stil uit sy saal
en die vuurvonke spat soos hy grou langs die pad,
want hy kom om sy skatte te haal.
Maar die burgers gun hom geen rus nie –
soos ‘n veldbrand kom hulle aan
en die Mauservuur dreun en looddruppels reën
en ek dog die einde breek aan.
En twee kole gloei in sy oë;
met een haal is hy weer in die saal
en sy perd ploeg die lug in sy ylingse vlug,
want hy wéét die dood kom hom haal.
Op ‘n donker aand diep in Juliemaand,
op die pad na Nooitgedacht,
waar drie rotse staan teen die sekelmaan
het ek lank bly lę dié nag.
En ek weet geeneen sal my glo nie;
Dit klink alles so gek in die dag….
Maar wees elkeen wat lag eenmaal daar in die nag
op die pad na Nooitgedacht.
Herinneringe
Koos du Plessis (1945-1984)
Jou beeld is ‘n verflenterde foto
in ‘n skewe, versplinterde raam
en ‘n sestal geskommelde letters
spel jou tweelettergrepige naam.
Jou woorde is dor manuskripte
vir die motte bewaar op die rak
en ons dae ‘n kralesnoer syfers
op ‘n outydse muuralmanak.
Jou oë was die kleur van die aarde,
van saffier, van smarag of agaat,
en jou stem ‘n ontwykende deuntjie
gevange in ‘n stukkende plaat.
Vergete is die lag in jou oë
of die tranespoor oor jou wang,
maar soms in die nanag onthou ek
hoe diep ek na jou kon verlang.
Want wat ek vir altyd wou vashou,
het die tyd uit my hande laat gly
en wat ek so graag wou vergeet het,
is vir ewig gebalsem in my.
Jantjie van die Berge
Lank gelede by die kloof van die Magaliesberg se hang
toe die wat dit vertel nog kinders was
het ‘n siel geswerf wat kind was maar op sy manier ‘n man
gebore om die berge op te pas
as die donder wolke saamsweer teen die kranse by die kloof
en die dag word soos ‘n sterrelose lig
en die dreuning van die donder elke ander klank verdoof
het almal op sy vreugdeslied gewag
Want die kranse was sy mure en die Hemel was sy dak
en sy vriende was die donder en die rent
en wanneer hy klippe bergaf rol en doring boompies knak
was hy, die berg, die storm alles een
en die bliksems skeur die hemel en die wind se wolwe huil
oor die berg se stroefste bome vir die dans
en mens en dier wat vreesbevange teen die storm skuil
hoor sy lied weerklink van krans tot krans
Lank gelede by die kloof van die Magaliesberg se hang
na nagte teen die kranse in die reënt
het ‘n siel gesterf wat kind was maar op sy manier ‘n man
daarna was die berge weer alleen
dog die mense die vertel my as jy op ‘n storm nag
sy spoor vat teen die kranse en daar skuil
hoor jy soms iemand iewers teen die donderslae lag
en somtyds weer dan hoor jy iemand huil.
Groet sonder woorde ~ Koos Doep
Laat ons nie praat nie;
dié tyd is verby.
Niemand is kwaad nie
en albei is vry.
Kom kyk deur die ruite:
die nag staan in blom;
woorde hoort buite,
want hartseer is stom.
Lê jou kop hier teen my skouer
en laat jou hart sy paaie gaan.
Stilweg word ons wys en ouer –
eendag sal ons dalk verstaan.
Maar tot die ryp kraak onder skoene wat geen
ander haard of tuiskoms ken,
gun ek my nog visioene van een
wat die hele wêreld wen.
Jy hoor my nie meer nie;
ek sê maar tot siens.
Ek sal jou nie steur nie;
ek loop ongesiens,
want jy is in oorde
waar drome nog blom.
Ek groet sonder woorde,
want hartseer is stom.
Gebed
Laat my nooit U grond verlaat nie,
laat my in U skadu bly.
Gee dat elke aardse vreugde en vrees
eindelik nietig word vir my.
Elke afdraaipaadjie ken ek –
elke keer het ek verdwaal.
Elke keer het U my iewers kom haal.
Maak dit, Heer die laaste maal.
Elke dag is ’n gedagte;
elke kamer net gehuur;
elke aardse droom van rykdom en roem
net ’n skadu teen die muur.
Wat ek is, is net genade;
wat ek het, is net geleen.
Eindelik smag ek na U waters van rus –
lei my, Heer, vanaand daarheen.
Wat ek is, is net genade,
wat ek het, is net geleen.
Eintlik smag ek na U waters van rus –
Lei my, Heer, vanaand daarheen.
Koos du Plessis