Jongste aktiwiteit:

Richard van der Westhuizen
vir

Richard van der Westhuizen

Tussen treine

Ek wonder wat van jou geword het
Jy wat nog so by my spook
Ek weet net ons het die vuur gemaak
Die wêreld aan die brand gestook

Nou is die nagte soveel stiller
Die dae eis hul eie tol
Maar ons twee was die wilde wind se blare
Ons kaartjies lê die hele wêreld vol

Tussen treine, tussen stasies
Lê daar basies net die leë spore
Tussen treine, tussen stasies
Lê die leë spasies van die onskuld nou verlore

Nou vra ek waar het alles begin
Die ding van los wees voor die wind
Onthou jy ook die rook, die yster
Die lig wat in die verte blink

Dan dink ek terug aan soveel dae
Soveel stawe op die spoor
Ja daar was voorheen ‘n tyd van treine
Waar en wanneer het ons dit verloor?

Tussen treine, tussen stasies
Lê daar basies net die leë spore
Tussen treine, tussen stasies
Lê die leë spasies van die onskuld nou verlore

Elke keer was dit ‘n afskeid
Elke keer weer ‘n begin
‘n Honderd haltes langs die spoor
Elke stasie het sy eie skim

Miskien het ek verleer om te kyk
Jy bepaal jou eie baan
Soms sien ek die skadu van jou spieëlbeeld
As spieëls verbrokkel voor die maan.

Ballade Vir ‘n Enkeling

Vreemde nag
Skarlaken nag
Koerantpapiere, baksteenmure, Neon nag
Sirenes onder ‘n donker maan

Nag na nag
Mens na mens
Donker nagte, onverwagte
Skadufigure
En elkeen is uiteindelik

Enkeling, vreemdeling, verstoteling rug gedraai op die ligtekring
Agterstevoor, onderstebo
Vreemdeling, enkeling alleen
Agterstevoor, onderstebo
Vreemdeling, enkeling alleen

Dag na dag
Straat na straat
Kaart na kaart
Mens na mens
Nag na nag
Dans na dans is elkeen
‘n Enkeling
Vreemde nag
Skarlaken nag
Koerantpapiere, baksteenmure, Neon nag
Sirenes onder ‘n donker maan

Engelliedjie

Soos wind, oor ‘n blaar, soos ‘n veertjie, sommer maar
As mense met jou mors, as jy vies is, of nors
Is ek daar

Soos die lente, elke jaar
Soos ‘n wit bloeiselblaar
As jy moeg is en verniel is, soos ‘n kaggel vir die siel is ek daar

Lewe jou lewe, my engeltjiekind
Altyd gerus, ek is daar in die wind
Jy kan my nie sien nie, maar ek dink tog jy ken my
Altyd gerus, in die weer en die wind
Lewe jou lewe
My engeltjiekind

As die stormwind waai, en die blitse begin laai
As die onweer jou tref, moet jy besef ek is net om die draai

Wie gaan jou bewaar as jy dink daar’s gevaar?
As jy koud kry of bang is, soos die asem teen jou wang is ek daar

Lewe jou lewe, my engeltjiekind
Altyd gerus, ek is daar in die wind
Jy kan my nie sien nie, maar ek dink tog jy ken my
Altyd gerus in die weer en die wind
Lewe jou lewe
My engeltjiekind

Is dit ‘n ou-ou goue blaar, waarna jy so sit en staar?
Dis net kinders wat luister, as blare begin fluister, vir mekaar
Lewe jou lewe, my engeltjiekind
Altyd gerus, ek is daar in die wind
Jy kan my nie sien nie, maar ek dink tog jy ken my
Altyd gerus in die weer en die wind
Lewe jou lewe
My engeltjiekind.]

Rivierklip

Telkemale soek jy na.
Iemand om jou pyn te dra.
Maar meermaal gryp jy na.
My leë palms ongevra.
In die nag van swart vergetelheid.
Sink ek, rivierklip van die tyd.
Daal en draai om weg te sink.
Na waar jou pyn my nooit kan vind.

Meer as dikwels is dit ek.
Wat weer jou hart se wond moet lek.
En telkens hou ek my rug weer breed.
Om berge van jou pyn te meet.
Maar in die dag se skerp herken.
Brand ek, verskroeid, verkoold, verseng.
Kruip ek weg, totaal verblind.
Ontbloot, en wondbaar soos ‘n kind.
Instrumenteel

Min of meer vra ek jou.
Wat dan van my klein berou.
Het ek al my kaarte oopgegooi.
Was ek nie nou jou hart se prooi.
Nou sak die skemer van magt’loosheid.
Dryf jy, verder weg, verlede tyd.
Het ingehaal, die nag is koud.
Ontbloot, tot eensaamheid.
Verhaal.

Onthou Jy Nog

Onthou jy nog?
Terwyl die wind, die bome buig en die blare van die takke skud het ons saam teen die reën geskuil
En jy’t nog so geskrik
Toe ek jou sê:
Dis als verby ons weë moet nou skei
My arme kind, dis hartseer maar dis beter dat ek gaan

Ek swyg, en jy huil
Onthou jy nog?
My hand wat joune, saggies vashou omdat jy spoedig sou sien dat jy regtig meer verdien,
terwyl jy deur jou trane lag en sê …
Miskien

Dis nou weer herfs
Dit reën
Maar alleen skuil ek onder die lower en dink aan jou
En ek ween




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed