Die jag op die skelm skieter begin en ek besoek die suid weste se bore
Jakkie het my by Ngoma se brug kom haal en en op pad terug na die Linyati het ons bietjie weermag gepraat maar ek wou die afgelope paar dae se dinge agter my kry en my werk met meer erns in Botswana voortsit. Die teleurstelling was werklik groot aan my kant en ek het besluit om dit eenkant toe te skuif, ek het verneder gevoel maar ook baie dankbaar dat ek in n land sonder politieke woelinge was en my drome kon uitleef. Ek was ongelooflik bekommerd oor die situasie in Angola en die effek wat dit op my land sou he. Ons het dit ook met Kabous bespreek en besluit om nie verder daaroor te praat nie. Indien nodig sou ons ons weer beskikbaar maak vir oproepe maar op die stadium het ons besluit om eers laag te le en die situasie dop te hou.
Die twee Amerikaners was nog by die Linyati vir seekoeie en krokke en ek was baie dankbaar dat hulle alles op die kwota geskiet het, net een krok en een seekoei moes nog geskiet word. Dit was lekker om weer by die rivier te kom en boot te ry en die pragtige natuur te kon waardeer en op die boomstam te gaan sit waar ek so vele ure in die vroee more deurgebring het. Jakkie het ook gekla oor gekweste diere en hy het ook n 44 doppie opgetel en my vermoede bevestig dat daar met n hand wapen geskiet word. Ek het die generaal gekontak en hy sou vir my vyf Unimogs stuur met n offisier in bevel en hulle moes reg maak vir n maand patrollie en moes padblokkade toerusting saam bring. Die opstop manne het vir my twee rooibokke en twee vlakvarke laat kry wat ons op strategiese plekke langs die pad sou staan maak as lokaas en kyk of die skieter nie homself sommer in die voet sou skiet nie. Ek was haastig om weer by Nyati te kom en Jakkie het my en Jeannie geneem en n aand oorgeslaap want ek wou die weermag dinge van Botswana en hulle optrede op my kaart met hom bespreek. Die weermag sou ook in sy gebied beweeg en ons moes n mate van ko-ordinasie he. Die arrestasie van die skieter was werklik hoog op my lys en ek wou alle bronne gebruik om hom vas te trek. Die volgende more het die Unimogs opgedaag met vyf manne per voertuig onder die bevel van n korporaal en n offisier met n Land Cruiser wat sou pendel tussen sy manne. Hulle was voorbereid om in die veld te slaap en het genoeg voorrade gehad en hulle voertuie was leeubestand en hulle kon daarop slaap.
Ek wou nie die offisier voorse wat hy moes doen nie en het net op die kaart gaan wys wat ek sou gedoen het en waar ons die meeste probleme gehad het. Hulle het die opgestopte diere geneem en Bruce Kinlock het hulle die natuurbewarings wette voorgelees en hulle het hulle self ontplooi. Hy het vir ons magtiging gegee vir ons voertuie om na ure te kon ry en die militere dissipline het my werklik beindruk. Die opdrag van sy seniors was om enige mens wat die natuur skade berokken te arresteer sodat so n persoon in die hof aangekla kon word. Net soos in ons land het minimum geweld gegeld. Ek het geweet dat die soldate die maniak sou kry al neem dit ook hoe lank en ek kon my aandag aan ander dinge gee. Terwyl ek in die Kaap was het Luka die krokodil in die watergat geskiet, nie n reus nie maar 12 voet lank en hy was ook op pad na die VSA. om in iemand se huis of winkel te gaan le vir ewig.
Die noorde van Botswana het baie reen gekry in die somer en die tuine en gesaaides was baie mooi. Ek het lanklaas met die bevolking gemeng en ek wou net weer op my gewone roetes gaan en hoor van probleme en ek het ook lank laas aandag aan Jeannie gegee. Daarby was die westelike gedeelte van die reservaat vir die nomadiese boesmans bykans onbewoonbaar weens die groot getalle leeus wat daar voorgekom het en het ons drie boorspanne gehad wat geboor en omhein en skuilings gemaak het in die gebied. Die gevaar was nie so seer in die dag nie maar as dit donker was. Leeus ondergaan n gedaante verwisseling na sonsondergang en word dan byna vreesloos vir mense. Die boesman bevolking het by die maand gegroei binne die reservaat en dit was presies wat ons wou gehad het, hulle moes net beveilig word teen wilde diere en medies gediens word. Ons het gewoonlik met twee bakkies gery en veral in die reen seisoen, ek het egter besluit om net met die stasiewa wat ek by Serapa gekoop het te ry en ook in hom te slaap. Ek het my roete op die kaart met Luka en Temba bespreek en ek sou radio kontak met hulle he en dan op spesifieke tye en plekke hulle roep. As ek nie geroep het nie sou hulle weet waar om my te kom soek. Temba het n jagluiperd wyfie met ses welpies begin voer, daar was ook klein wildehonde naby Nyati en hy het hulle ook gevoer. Omdat die spesies skaars was in die Chobe het ons probeer om hulle getalle te laat groei en ek was werklik heilig op hulle. Katwindi en Luka het nomadiese boesmans aan gery of vir hulle gejag en weer sekere groepe wat klaar gediens was weg gery na ander dele waar hulle by veilige vestings kon kamp en hulle lewe voortsit.
Ons het baie wors en vleis van Jakkie af saam gebring en ek het dat sy regmaak vir drie aande se uitslaap. Daar was genoeg blikkieskos in die vorm van groente en Katwindi se vrou het vir ons vars brood gebak en ek het vir ons n drinkdingetjie ingepak en ek wou so ver moontlik net binne die reservaat se grense bly en dan ook meer na die westekant. Dit was die mees ongerepte gedeelte waar ek ook die minste was en die minste kennis van gehad het. Die bakkie het n klein yskas en dubbele batterye gehad. Ek het die 270 en my 416 saam geneem en ek wou die eerste aand by die boorspan wat naby Koorsrivier geboor het gaan slaap. Ek het nog nooit werklik hulle werk geinspekteer nie en kon nie die staat beantwoord daarop nie. Die mense het werklik reuse werk gedoen. Daar was n hidroloog wat die boorplekke moes aanwys en dan moes die sware masjinerie deur die veld sonder paaie ry en op plekke met 4×4 trekkers gesleep word en dan moes hulle heinings opsit en windpompe en reservoirs bou en as hulle klaar was moes die heinings met swarthaak takke aan die buitekant toegeslaan word. Die heinings was tien voet hoog en so ook die hekke en onder die hekke moes sement gegooi word want die leeus sou onder deur grawe. Die heinings was met doringdraad gemaak en die drade moes net 4 duim van mekaar wees. Die boormanne het ook jagkwotas gehad en daarvan moes ook verslag gegee word elke maand en ek was agter daarmee. Die nomadiese boesmans sou baie aande by hulle kom skuiling soek en hulle moes ook vir die mense iets skiet as dit moes. As die wind nie gewaai het nie kon n mens die stofwolke van die bore baie ver sien en dit en die spore het maar die boesmans gewys waar die mense was.
Jakkie se pa was die boorkontrakteur. Hulle het vanaf Springbok na Botswana gekom en hulle het baie goed gedoen maar hulle moes onder baie moeilike omstandighede werk en was ver van die beskawing af. Hy het bykans n oop tjekboek van die staat gehad vir aankope maar hulle was ongelooflike harde werkers en het sewe dae per week gewerk. Hy het met twee bore van sy eie na die land toe gekom en binne n jaar het hy nege gehad en die spoed wat die mense mee gewerk het was werklik iets om te sien. Jakkie se broer wat wou gaan studeer en opgeskop het was ook by drie bore betrokke. Hulle het die gate geboor die damme gebou en die windpompe opgesit en dit omhein. Die water kon ook met die hand gepomp word want boesmans kon nie geleer word om net die wiel van die windpomp te draai as daar nie water was nie. Die water was eintlik net vir die boesmans opgesit en die waterkrippe buite die omheinings het die diere by gedrink, maar hulle was so ontwerp dat die sementdamme altyd half vol sou wees, anders sou hulle bars as die wind nie waai nie en hulle leeg graak het. Daar was altyd water vir die boesmans waar pompe was. Daar was ook vier spanne wat net die pompe en heinings gediens het binne en buite die reservate. Die wat vir die boere geboor was moes hulle self onderhou. Die lugdruk bore het werklik die land baie gou mak gemaak en waar hulle klaar geboor het was sommer n pad ook uitgery.
Ek en Jeannie is vroeg die volgende more weg na ek eers weer moes sukkel om haar wakker te kry en ek het geweet dat sy sou gaan slaap agter in die stasiewa en as dit aand was dan wou sy gesels terwyl ek wou vroeg gaan slaap. Ons slaap gewoontes het baie verskil. Die westelike en die noordelike dele was waar die meeste wild voorgekom het en dan ook die meeste roofdiere. Die boormanne het by die staat nuwe 303’s en baie patrone gekry want hulle moes hulle self beskerm in die woesterny. Hulle het nie werklik leeus geskiet nie en hulle maar probeer verdryf want dit was baie papier werk na so n leeu skietery en papiere was nie vir boormanne nie. Dan moes sy skedel en sy vel behou word en dit het tyd geneem wat hulle nie gehad het nie. Hulle het baie gejag en maar byna soos ons voorouers van die veld af geleef, baie springbokke elande en gemsbokke. Ek wou net die getalle min of meer he, hulle kon nie n merk op die groott troppe gemaak het nie. Daar is n gemiddeld van ses water skuilings per maand in die park opgesit en dit het harde werk gekos. Hulle het n breek van sewe dae geneem elke twee maande en dan het Maun geweet dat Sieberhagen se boorspanne in die dorp was. Rowwe manne met skurwe hande wat gewoond was met swaar ysters werk en oorleef het waar baie sou tou opgooi. Baie interressant vir my was dat die mense selfs met hulle hoenders saam met die bore getrek het en daar waar hulle sou kom sou die hoenders los loop en in hokke slaap.
Die vroee more is altyd die beste om diere te sien en ek het eers n ent met die grootpad gery tot by die sesde omaramba en toe die veld gevat waar ek min of meer geweet het no 5 boor sou wees naby Mababe en langs die koorsvlakte. Wild was soos altyd baie volop, die wereld het baie gereen en die veld was mooi veral waar daar gebrand was en ek het stil gehou en vir Jeannie met die verkyker op die dak gehelp en ons kon nege spesies om en naby die bakkie tel. Ek het my oe toe gemaak en Dankie gese, ek kon nie nader aan my drome en aan die Hemel wees nie, wondelik mooi was Afrika wat sy mooiste plekke vir my gewys het. Byna by die bakkie het n vlakvarksog met ses kleintjies geloop op haar kniee en hulle moes so in die loop drink en skielik weggevlieg en begin speel. Op die top van die Kameeldoring het n aasvoel sy kuikens gevoer en geraas vir die breekop arend wat oor hulle gevlieg het. Minder as n honderd meter weg het vyf koedoe bulle gestaan en hulle het soos n vyfling gelyk. Blougrys met die lang maanhare onder die keel. Ek wou altyd die kolle op hulle wange tel, baie het drie gehad, ek het al tot vyf getel en party het helder kolle en ander dowwe kolle gehad. Die grys spoke van die bos wat vir elke trofee jagter sou laat loop dat hy weet hy het geloop. Hulle was mak tot jy op sy spoor was, dan het hulle instink vir hulle vertel om te begin pad gee, dit was iets wat hulle baie goed mee was. Die ou blou eland bulle wat wegdraf dat jy die geklap van sy hoewe kon hoor en ek het hulle geken, as hy begin draf doen hy baie kilometers voor hy omkyk. Die aasvoels het gedraai en ek wou gaan kyk wat daar dood le.
Soos ons nader gery het, het die Kameeldorings begin leef soos die groot trop aasvoels opgevlieg het. Dit was oop tussen die bome en net die rustring en kop van n reuse buffel het daar gele en onder die bome n horde leeus. Die gedeelte het baie en groot troppe leeus gehad en soos die veld mooi was, was die jong leeus nooit mooi by sulke groot troppe nie. Hulle was onder aan die pikorde en baie jong leeus sou nie oorleef by die groot troppe nie. Daar het n klompie by die droe rugstring gekou en hulle hare het verkeerde kant toe gestaan. Die jakkalse was lastig en het gedurig die honger jonges aan die stert kom byt en die groot leeus was dik gevreet en het gele en slaap. Daar was werklik niks om te vreet nie en ek het my verwonder aan die reuse lang horings. Ek wou hulle baie graag he want ek het nog nie so n trofee geskiet nie. Een of ander klient sou wat wou gee vir so n stel horings. Dit sou nie maklik wees nie, daar was baie leeus en ek het eers probeer om rondom die karkas te ry en so die jong leeus weg te jaag. Dan sou ek terug stoot met die bakkie tot teen die kop en deur die agterdeur die horings vasmaak aan die bakkie en dan weg ry tot waar dit veilig was en dan die rugstring met die handbyl los kap en die kop oplaai op die dakrak. Dit het redelik veilig verloop behalwe vir die jonges wat gedink het ek steel hulle kos en ek kon ver weg ry met die slepende karkas agter die bakkie en daar het ek die kop los gekap met die handbyl en hom op die dak vasgemaak. So n nat buffelkop wat half gevreet is is nogal swaar en ek het werklik gesukkel om die kop te laai en ek het geweet dat Jeannie sou kla dat hy stink. So n stel horings sou ek nie weer maklik kry nie.
Een van my groot redes vir die toer was om te probeer om die nuwe boorgate op my kaart in te vul en ek het dit maar met die kompas gedoen wat nogal moeilik was want die kaarte was nie werklik op standaard nie. Daar sou n totaal van 80 boesman skuilings in die groter Chobe gebou word wat op die stadium vanaf die Xai Xai panne tot bo teen die rivier gestrek het. Later is die grense weer verander maar dit was na my tyd. Baie gate wat geboor was, was ook droog en dan moes daar weer gesoek word waar water was. In baie groot dele van die gebied was ons sekerlik van die eerste wit mense wat daar was en met voertuie daar gery het. Ons het ook skuilings by die standhoudende watergate gebou wat deur natuurbewaarders en ook jagters as oornag kampe gebruik was. Die hutte het net soos boesmans strooi en gras hutte gelyk en het baie maklik opgesit. Jy het net n skroewedraaier en n 12 sleutel en n handboor nodig gehad. Dit was van glasvesel gemaak en dan met vier penne en n voorhamer in die grond geanker. Ons het probeer om agt tot tien hutte per skuiling te maak. Hulle het plat verpak by ons gekom en was deur Kabous se pa se fabrieke gemaak. Dit het die gebied vir die nomadiese boesmans baie meer toeganklik gemaak en ek wou vir prof Fritz Elloff die gebied gaan wys as hy sou kom kuier. Die miskenning en vertrapping van die boesmans het hom net so na aan die hart gele soos vir ons wat die jagkonsessies hanteer het. By my in Nyati het ek twee hutte opgesit as slaap plekke vir die honde. Almal was verbaas oor die hutte net soos die veld gelyk het.
Volgens my berekeninge moes die boor waarna ek gesoek het nog suid van my wees en ek het gery soos ek aan my mense by Nyati verduidelik het na n groep Kremetarte wat ek geken het. Ons het die spore van die bore gekry en gery tot waar hulle was. Die gat was klaar geboor en die heining opgesit en die windpomp was sommer met die boor opgetrek en ek het my verbaas aan die mense se vakmanskap. Jakkie se broer Tokkie, was by die spesifieke boor en sy pa het hom baie hard laat werk omdat hy as student opgeskop het. Ek kon my self voorstel hoe dit moes gelyk het net dae van tevore en hier was nou nog n nuwe woonplek bykans klaar gebou. Sy kaart was baie meer op datum as myne en ons kon saam werk aan my kaart en ook kon ek kompas rigtings by hom kry en koordinate van ander skuilings. Net soos Jakkie was sy broer ook van die goeie boere mense wat altyd bly was om ander mense te sien en ons kon lekker gesels. Die boordery binne die park was ver oor half pad klaar en ek het hom gevra om al die skuilings op my kaart in te vul en ook van die paaie wat hulle met die voertuie uitgery het. Hy het twee kaarte van die hidroloog gehad wat klaar ingevul was en dit het baie vir my beteken. Die hidroloog was n man wat die werk in sy jaar verlof by Tukkies gedoen het en hy het opgedaag en ons het besluit om die nag daar te slaap. Sy naam was Pieter Wolmarans en hy het lugfotos gehad en n hele paar stelle en hy het vir my een stel gegee. Botswana het nie werklik natuurlike bakens gehad nie en kaartlees was een van my swak aspekte ook in my militere dae en die man het vir my ontsaglike inligting en informasie gegee wat ek sou gebruik tot ek weg is uit die land. Hy het af en toe kom slaap by ons by Nyati en dan was my kaarte en lugfotos weer baie goed op datum. Ek was hom baie dankbaar daarvoor.
Ons het die aand eland gebraai en Tokkie het n pot volstruis nekke gehad en ek het by die nonne n paar sakke aartappels en uie gekry wat weer vir hulle baie werd was. Ons het baie soorte groente gehad in blikkies en die weermag het so veel rantsoen pakke gebring dat ons met ons toere daarvan saam geneem het. Dit was vir die mense wat net vleis en pap en brood wat hulle self moes bak geeet het, soos manna uit die lug. Ek het die getalle van wild wat deur hulle geskiet was probeer opskryf en dit was verbasend om die voorkeure te kon sien. Springbok, rooibok en volstruis was bo aan en dan gemsbok en eland tot n mindere mate want dit was baie werk. Dan het hulle vleis dun gesny en gesout wat hulle genoem het vlekvleis en dit in goiing sakke gehou en gedroog. Omdat hulle net n paar dae op n plek was en gedurig moes trek was hulle baie inoverend om met die minimum werk hulle vleis te behou. Hulle het wors net soos my Ouma in flesse in gemaak en dan warm vet in die fles met gaar wors gegooi en die fles op sy kop gedraai en in die donkerte gehou. Baie wors was gekerrie en dit het blykbaar langer gehou of het nie na vrot wors gesmaak nie. Daar het n soort van wilde sampioen gegroei wat hulle blykbaar onder die grond gekry het en dit het net soos die ware een gesmaak wat ek geken het net n bietjie meer na grond maar lekker. Die brood bak stoof was op die uitlaat pyp van die boor gebou en as die masjien geloop het kon hulle bak. Baie primitief maar effektief. Hulle het met lugdruk bore gewerk en daar was altyd n ekstra lang pyp en as die leeus lasting was het hulle, hulle met die wind in die pyp verdryf. Leeus het blykbaar niks van die wind gehou nie. Net die ratels het hulle las gegee want hulle was nie bang vir die stofwolk wat die pyp geblaas het nie. Die het hulle met warm water verdryf.
Piet Wolmarans se vrou was ook Engels sprekend en sy en Jeannie kon lekker gesels en dit was vir my werklik mooi om te sien hoe die vrouens in die wereld aangepas het. Hulle het ook met n Land Cruiser gery en al baie lelik verdwaal maar dit het hulle nie afgeskrik nie. Die vrouens het gewas in watergate en omarambas en dit was vir hulle genoeg. Warm water was n luukse en kosmaak was op vure en ongereeld, baie was opge offer om die ongerepte land beskaafd te maak. Maun was maar die naaste dorp en baie male twee dagreise ver en hy het nie baie gebied nie tog was dit beskawing en die beste wat daar was. Pieter het met n BRNO 6,5 x57 geskiet en wou met geen ander geweer skiet nie. Hy het vir my gese dat hy na Botswana nooit weer sou springbokvleis eet nie. Hulle het bykans geleef van die bokke.
Die volgende more het Tokkie my nog drie waterplekke gaan wys wat so twintig myl uitmekaar was en by die een plek was boesmans wat nog nie by Nyati was nie. Hy het n mak boesman gehad en die moes verduidelik wat ons by Nyati doen en dat hulle ons moes kom besoek. Die mans was in die veld en het die voertuie gehoor kom en ek het twee gemsbokke vir hulle gaan skiet. Die groep was min of meer 46 in totaal. Daar was ook maar mediese probleme en siek mense en ek het gewonder of die staat ons nie kon help met mobiele 4×4 klinieke nie. Hulle het n toordokter gehad en ek het geweet dat dit weer vir die nonne n probleem sou wees. Hulle het geweet hoe om die toordokters met slaap middels bykans permanent aan die slaap te hou totdat dit n skande was dat n man so baie slaap en hy dan sy houvas op die mense verloor het.
Ek wou aanvaklik drie dae weg wees maar het al die informasie gekry wat ek gesoek het en het die aand saam met Pieter by n windpomp geslaap wat nog nie deur boesmans besoek was nie en hy het my die naaste pad gaan wys wat my weer tot by die sesde omaramba sou bring. Omdat ek altyd my boesmans by my gehad het en my gedagtes altyd vol ander dinge was het ek nooit werklik aandag gegee aan die roetes en rigtings nie en dit was een aspek waaraan ek werklik sou moes aandag gee. Ek kon baie maklik verdwaal en het dit in my militere dae al oorgekom en dit was net my eie onoplettendheid wat dit veroorsaak het. Ons het op die groot pad gekom en op n draai, baie oulik was daar die padblokkade van die weermag. Hulle het hulle voertuig baie goed versteek en het n lys van registrasie nommers van alle voertuie gehad wat deur die park gery het. Almal was deursoek maar hulle het nog op niks ongerymd afgekom nie. Daar het besoekers gekla van n gekweste bosbok wat hulle gesien het. Ek het hulle gevra om die bok te skiet as hulle hom sou sien. Hulle het gevra om dit met hulle offisier te bevestig per radio wat ek gedoen het.
Ek moes met n ompad ry na Manwasi toe en hoewel hy nie meer in my konsessie geval het nie en nou Jakkie se verantwoordelikheid was, het ek so baie van die edel leier gehou dat ek maar gedurig by hom aangery het. Die ou was weer baie bly om ons te sien en het weer vir Jeannie mooi houtsnee werk gegee. Ek was eintlik net nuuskierig oor sy gesaaides en die soorte groente en hoe hulle daar aangepas het. Die tuine was werklik baie mooi en die wit pampoene het byna teen mekaar gele, aartappels was pers in die blom en die mielies baie mooi. En soos maar altyd moes die vrouens skoffel en skoon maak. Die sorghums was baie mooi en daar was n hele paar soorte groente by hulle. Ek was nie met n jagbakkie daar nie en kon nie vir hulle iets skiet nie en hy het gekla dat Jakkie hom afskeep. Hy het n goeie kwota diere gehad vir eie gebruik en dit was op die getal inwoners vas gestel, elke inwoner nedersetting het verskillende getalle gehad. Ek sou dit met Jakkie opneem. Ek het aangeneem dat almal se tuine en gesaaides net soos syne moes gelyk het en kon dus n verslag opstel wat ek maandeliks aan die staat voorgele het om die vordering van die inwoners se opheffing aan hulle te skets. Ek was vir die grooste gedeelte van my inkomste van die staat afhanklik en wou my beste vir hulle lewer. Ek wou so min as moontlik navrae oor my werk by hulle gehad het en het werklik my beste probeer doen. Dit was nie so moeilik om n land waar daar vir so lank so min gedoen was met net n bietjie inisiatief en die hulp van n wonderlike regering op te bou nie. Daar was so baie leemtes en hulle was bereid om dit finansieel te steun as die uitvoering reg gedoen was.
Die buffelkop het erg begin stink op die bakkie se dak en ek het dalk meer as gewoonweg pyp gerook vir die stank en ek was bly toe ons weer by Nyati kom dat die boesmans die kop kon gaan skoon maak. Ek en Jaennie het op die dek gaan sit en gesels oor die vordering wat veral vir die boesmans maar ook die Tswanas gedoen was die afgelope twee jaar. Sy het n paar drome gehad van onderwys wat werklik agterwee gelaat was en dit was glad nie my veld van belangstelling nie. Ek moes te veel ure in my lewe in klasse sit en droom van die wilde wereld van Afrika en dan met groot spanning gaan eksamen skryf. My eerlike opinie was dat die bevolking moes leer lees en skryf want dit kom seker almal toe om dit te kon doen. Dit was n yl bevolkte land en daar was nie werk vir n spul baie hoe geleerdes nie. Dit was n land met baie natuurlike hulpbronne en deur net dit te bewaar en reg te gebruik sou elke inwoner die vrugte kon pluk daarvan. Die gedeelte van Afrika is maar net n wereld van bestaans boerdery en deur eers te leer om jou ekstra pampoen te kon verkoop en geld te maak daaruit kon jy daarna leer lees en skryf. Dan moes jy eers geleer word om die pampoen op die regte manier te plant en te sorg dat jy n oes kry wat jy kon verkoop. Dan moes jy ook eers aanvaar dat daar mense meer weet van pampoene as jy, dan was jy gereed om te begin leer. Ons sou nooit hieroor saamstem nie en ek was nie bereid om onderwys as deel van my werk te doen nie. Sy was welkom om die uitdaging te aanvaar. Ek was meer bekommerd oor mense se mediese welstand en die sedelike verval en die feit dat manne so veel vroue kon aanhou soos wat hy beeste gehad het en die beeste al hoe meer moes word vir meer vrouens. Die effek wat die hordes beeste op die veld gehad het en die druk wat uiteindelik op die natuur sou n uitwerking he. Sy het gese dit was omdat hulle nie geleerd was nie, ek het verskil. Dit was lekker om te redeneer met iemand wat verstand gehad het, hoewel ons verskil het was dit nooit n konfrontasie nie en het ons mekaar se opinies gerespekteer.
Sy was van Amerika en ek van Afrika en daar sou baie water see toe loop voor ons mekaar op die gebied kon verstaan. Hulle moes ook beter sorg vir hulle Meksikane wat niks beter af was as my Pa se plaas werkers nie. Die uitdagings van die mooie land sou altyd daar wees. Ons is swembad toe en sy het selfs die bromvoels begin mak maak wat in die Kremetart agter ons huis gebroei het en die gebande muishond wat se naam “Girlie” was se pens was groot en ek het weer gewonder hoe naby ons aan die Paradys kon leef. Ek was so gelukkig soos nog nooit in my lewe nie. Die sprankelende meisiekind het die lewe so ingekleur en was so lief vir diere en het my werklik verstaan. Ek het vir haar n flou Vodka en “passion fruit” en lemonade gaan ingooi en geweet dat die wange binne minute sou rooier word. Jan Hugo en sy vrou en klein Jan het gekom en Jas het my vuur gaan opsteek en is met my een bakkie na hulle kamp toe. Ons sou Jakkie se eland wors en “steaks” eet. Dit was lekker in Botswana en ek was bang dat ek sou wakker word en sien dat dit net n droom was.
15 Februarie 1978.