Die manne van die VSA begin jag en ek het n probleem leeu
Ek het nie die vermoe geken van Tom Hanks en Les Holloway nie. Hulle was bykans gebore met gewere en ek het saam met hulle gejag in Oregan maar dit was Amerika en nie Afrika nie. In hulle land word die meeste wild geroep na jou toe, in my land het dit anders gewerk. Toe ons agter die olifant aan was het ek gesien dat hulle nie baie fiks was nie en dit was n probleem, in Botswana moes jy werk vir jou bokke. Hoewel ons binne en buite die Chobe park sou skiet, was skiet van die voertuie af wat my betref verbode vir kliente. Ek het dit wel gedoen as ons net vir vleis geskiet het en gou iets in die hande wou kry. Hulle het n groot jag bespreek en die tyd kon hulle inhaal want dit was reenseisoen en ons kon nie elke dag vol uit jag nie. Katwindi en Luka het hulle geneem om met die ligte spesies te begin en ek wou dat hulle so min as moontlik binne die park se grense skiet en so veel as moontlik buite die grense want wild het nie bakens erken nie. Die wild stapel binne die park was vir my belangrik om te behou want hulle moes darem erens n veilige tuiste gehad het.
Jeannie het my kom roep want daar het n nuwe groep boesmans in gekom en ek wou so veel as moontlik van die nasie leer en die versklillende groepe leer ken. Dit was n groep egte Kalaharie boesmans wat na my waarneming een van die groepe was wat die minste kontak met die westerse wereld gehad het. Hulle was so veertig sterk en selfs ou Tsamma wat maar ons tolk was het hulle glad nie geken nie. Daar was ook ou mense by wat maar mediese aandag moes kry en die kinders was nie goed versorg nie. Hoewel die wereld mooi was en die wild vet en veldkos volop was het die groep sleg gelyk. Tsamma het dit ook moeilik gevind om te kommunikeer met hulle weens die verslillende tale en dialekte en ek het weereens besef dat ek by die diep kant ingegooi was toe die boesman kwessie na my toe verwys is. Dit was die eerste groep wat ek gekry het waar die meeste mense tatoeer merke op die gesig en die lywe gehad het. Ek het dit nog nooit gesien nie en het uitgevra vir ou Tsamma wat dit beteken. Hy het n lang verklaring gehad, hulle het nie met ander groepe gemeng nie en dus moes daar oor die jare soorte van inteling plaas gevind het. Hulle honde was maer en die mense swak. Werklik baie verwaarloos. Ek het met die nonne gaan praat want ek wou n rede he van hulle wat n mediese een moes wees en n antwoord van Tsamma wat dan uit die natuur moes kom. Hulle het n dokter uit Makuku laat kom want dit was wat my betref n erge mediese geval vir bykans die hele groep. Hulle het gese dat hulle lanklaas geeet het en dat hulle honger was. Ek het gedink oor wat hulle die vinnigste sou help en ek en Jeannie het gery met my boesmans om iets te gaan skiet vir hulle. Ons is al met die westelike vloedvlakte af en het baie wild gesien maar ek wou spesifiek n paar vlakvarke skiet. Daar was baie wild van baie spesies en ek het aan haar gese dat n seekoei eintlik die regte ding sou gewees het, hy het so n groep baie gou vet gemaak. Dit was te ver om te ry vir seekoeie en hulle was onhanteerbaar vir net my en my boesmans.
Ons sou sommer met die bakkie skiet en nie bekruip nie en sy het drie groot varke en ek een geskiet, die groep was so swak dat my mense die varke afgeslag het en hout was maar altyd aan gery en altyd vir hulle beskikbaar. Ons was besig om te slag toe ek die onmiskenbare reuk van dagga kry. Hulle het met murgbene gerook en ek het geweet dat boesmans dit rook en plant by fonteine. Drank en dwelms was nie vir hulle toegelaat by ons nie nie en ou Tsamma moes tolk. Hulle het baie dagga by hulle gehad wat ek uitgebrand het, die swak toestand van hulle het eensklaps begin sin maak. Die laaste een het gerook van die kleintjies tot die oudste. Hulle was bykans onophoudelik in n koma gerook en het nie na hulle self gekyk nie. Hulle was besmet met TB en van hulle het malaria gehad. Daar was geen ander mediese geriewe vir die mense as net dit wat ons gebied het nie. Baie is in die kliniek opgeneem wat werklik te swak was en die res het die dokter voorgestel moes drie weke bly en dan sou almal nog nie gesond wees nie. Die honde was byna pateties om te sien, dit was inteenstelling met die vorige groepe se honde wat vir hulle belangrik was om mee te jag. Ek het self die honde gedoseer en gedip en Bruce het die inenting gedoen en ek het dat my boesmans kos maak vir die honde in halwe dromme wat die bouspanne gelos het. Die honde het ook aan n erge sout tekort gely en ons het gelukkig baie sout gehad. Hier het ek gesien dat n maer hond baie mooi kondisie kry in net 10 dae. Van hulle het het gele en eet en gehuil as hulle nie nog kos kon in kry nie. Jas en die ander het hulle drie maal per dag gaan voer. Ek het met Peter Williams gepraat wat nog steeds suur was vir my. Ek wou hulp he met die boesmans net in die vorm van mieliemeel, dit is botweg geweier. Ek het n aantekening gemaak om dit met Seretse Kghama self te bespreek by die eerste geleentheid. Dit was burgers van sy land en hulle was verwaarloos. Ek het gewonder wat my doel was om oor die nomade aangestel te word en ek sou geen hulp van die staat ontvang nie.
Ek het aan Luka en Katwindie ook opdrag gegee dat hulle so veel as moontlik van die twee jagters se trofee moes herwin vir die maer groep boesmans. Dit het baie druk op die kliniek geplaas om kos gaar te maak vir so n groot groep en my boesmans se vrouens moes kom help en daar is buite op oop vure kos gemaak. Boesmans wat honger was kon baie eet en ek het geweet dat ek nie gou by die twee jagters sou uitkom nie. Die westerse dinge was vreemd vir die mense en naalde en drups en inspuitings was met baie agterdog bejeen en van pille drink het baie nog nooit gehoor nie. Jas en sy vrou kon die mense soorte van verstaan en hulle moes verduidelik hoekom die dinge aan hulle gedoen word. Deur al my omswerwinge in Afrika het ek nog nie sulke mense gesien nie. Hulle het nie vertroue in ander mense gehad nie en soos ek kon vasstel is n groot gedeelte van die groep dood op pad na ons toe. Ek en Jeannie het gewonder hoeveel mense dood is voor ons met die opheffing begin het en hoe ons die boodskap van mediese dienste aan die nomadiese groepe kon oordra wat nog nie by ons was nie. Hierdie groep se toordokter was volgens Tsamma dood en dit het tot hulle leierloosheid gelei. Hy was dalk verantwoordelik vir hulle ondergang soos ek so vele male gesien het.
Die regering was sterk besig met sy verkiesings veldtog en oral het bakkies rondgery wat maar basies net besig was om mense te registreer en eintlik te intimideer om of vir die staat te stem of die finansiele gevolge te dra. Hulle sou kastig weet as jy teen die staat sou stem en ek glo ook hulle het geweet. Ek het besluit om my ver van die bedrog spul te hou en aan te gaan met my werk. Verkiesings was elke vyf jaar gehou maar die regering het so min teenstand gehad dat dit eintlik lagwekkend was. Dit geld maar tot vandag toe nog in Botswana.( Dit was al waar ding wat Malema gese het, Botswana kort n goeie opposisie. Ek dink dit geld ook vir ons land.) Die regering het nog al die jare net gedoen wat hy wou en net gesorg vir die wat hom goedgesind was. Manne van die staat het my kom sien by Nyati want om stemme te werf was baie belangrik en ook om my basies n opdrag te kom gee van n probleem leeu wat beeste vang nie te ver van ou Manwasi se woning af nie. Ek het hulle die patetiese klompie boesmans gaan wys en hoe siek hulle was en wat ons vir die bevolking nie net die boesmans, doen. Hulle het baie belang gestel om indruk te maak maar my mooi gemaak verstaan dat boesmans nie stemreg het nie. Al was hulle ook gerigistreer as burgers van die land was die stemreg nie vir hulle beskore nie. Hulle het beloof om kos te stuur en daarvan het niks gekom nie. Hulle het ook laat blyk dat dit n kriminele oortreding was om nie te gaan stem as jy geregsteer is nie. Ek het my daaraan afgevee.
Ek het die boesmans geneem en ek en Jeannie het gepak want ek wou sommer by Manwasi se kamp gaan slaap en die leeu van sy buurman gaan ondersoek. Dit was meer as n uur se ry met die pad wat nog nuut was en ons het teen middag eers by die ou gekom en gereel vir slaap plek en is toe vort om die leeu kwessie te gaan ondersoek. Ek het slagysters en ons honde ook gelaai en kettings om hulle vas te maak want die inboorling honde het hulle gedurig mee baklei. Toe ek daar kom het die leeu wat n mannetjie was net weer n bees gevang en ek het die magtiging van die staat gehad om die man te betaal vir sy bees en die leeu te skiet. Hulle het die leeu gesien en gese dat dit n ou mannetjie was. My kennis van spore het vir my getoon dat dit twee leeus moes gewees het en Jas het saam gestem. Aan die swarthaak takke het swart maanhare gesit en ek het lank gedink oor die leeus. Ek was eerstens alleen wat teen die land se wette was, ons moes te alle tye twee jagters wees wat by die staat of n onderneming geregistreer was. Die eerste opsie was slagysters wat ook ander diere kon vang en ek het al probleme gehad met die staat oor n ratel wat ons in die yster moes skiet. Ek het van Kabous se skietlampe saam gebring en ook n ekstra battery en Jeannie en ek kon die leeus voorsit met die skietlamp. Ek het die 9.3 dubbel ook saam gebring wat eintlik n lekker leeu geweer was veral met Barnes se hollood koeels en dan die 338 wat ek nog nie mee leeus geskiet het nie. Ek het die boesmans gevra wat ek moes doen en hulle sou gaan vir slagysters weens hulle vrees vir leeus. Ek het besluit om voor te sit.
Die inboorlinge en my boemans moes vir my n skerm bou van Swarthaak en ek kon die slaapbanke van die bakkie gebruik om op te sit. Jeannie sou met die skietlamp lig en die boesmans sou in die naby gelee kamp gaan slaap met my bakkie en Jas moes kom as die skote geklap het. Ons het die bees vasgemaak aan n boom met n ketting en al die los boompies en takke verwyder en dertig meter weg n skerm gemaak en dit was so driehonderd meter van die kampie af waar die mense gebly het. Ek sou moes uit die vuis skiet want hulle kon van enige kant af kom en sou maar hoop vir die beste, ons sou weg van die inboorling kamp af skiet. Ek het n ent weg gery na n watergat toe en gaan eet en om reg te maak vir n lang nag. Ek het al leeus in die nag geskiet saam met Katwindi met n skietlamp maar dit was n maanlig aand en nou was dit donker. Hier by die water het ons twee otters gesien speel en vir my was hulle altyd baie mooi. Die onuitputlike energie van die otters het my aan robbe laat dink en ook hulle fyn geluidjies. Daar het baie diere kom drink en dit was opmerklik hoe baie diere nog buite die parke was en die mense moes tussen hulle boer.
Dit het begin skemer word en ons twee is met al ons goed na die skerm en ek het n handradio gehad om vir Jas mee te roep as ek te veel gepla was deur muskiete en hy moes met oop ore slaap. So n nag van voorsit kon baie lank word en ek het vir Jeannie gewaarsku dat dit uitputttend kon raak. Dit was net skemer en ons het ons lekker ingerig en die battery met die skietlamp getoets en ek het vir oulaas my pyp opgesteek. Die slaapbank was op vier pale want ek wou op hom staan en skiet en sy moes sit en lig dat sy nie in my oe lig nie. Ek het die bees se pens oopgesny om die leeus te lok en ons reuk te verberg en was eintlik spyt daaroor want leeus het n kenmerkende reuk gehad wat ek al baie goed kon ruik na twee jaar. As n mens lank jag en bykans net dit doen dan begin jy werklik baie beter jagsintuie ontwikkel en sien dinge raak wat lank agterwee gebly het. Ek het langs haar gesit op die slaap bank en presies verduidelik hoe sy moes lig met die lamp. Die manier van lig sou my sukses beteken en sy moes op al die leeus lig en nie op een vasnael nie tot ek haar se, ek moes nog steeds my oordeel kon maak voor ek skiet.
Die muskiete was lasting maar sy het vir ons in die VSA baie goeie reuklose middels gekoop wat hulle tot n mate beheer het. Dit word baie vinnig donker in die noorde as dit eers begin en eensklaps was dit baie donker en kon ons niks sien nie. Ons was baie goed beskerm met die haakdorings en dit was nie baie hoog nie maar breed genoeg dat n leeu nie kon oorspring nie. Om uit te kom uit die takkraal kon ons die lang slaapbank net oor die takke le en opklim en anderkant afspring. Sy het baie mooi geluister en ek het voorgestel dat sy bietjie slaap maar sy wou nie. Die naggeluide het begin en dit was net so mooi soos die dagroepe van so baie diere. Daar was geluide wat ek nie geken het nie maar die meeste was bekend. Die visuil was vir my mooi en natuurlik die nagape en die ander naguile en die veraf gesaag van die luiperd. Ek kon tot die gesnork van seekoeie hoor hoewel ons ver van die Chobe was. Die inboorling nedersetting was drie honderd meter agter ons en ek kon my honde duidelik hoor blaf en Jas wat hulle stilgemaak het. Die het al hoe stiller geword en ek het my pyp weer gemaak brand. Leeus was nie regtig bang vir mense nie tensy hulle mensvreters was en hulle was ook nie werklik sku vir die skietlamp nie want hulle het dit nie geken nie. Hulle sou na die lig staar en op baie van Kabous se nagtoere het ek spesifiek in hulle oe gelig om hulle reaksie te kon sien. Hoewel hulle oe soos weerkaatsers geskyn het in die lig sou hulle dit net langer toe hou. Die beeste by die inboorling kampie het begin bulk en onrustig geword en ons honde het begin blaf en ek het aan haar gefluister dat die leeus op pad was maar uit die verkeerde rigting waarvandaan ek hulle nie verwag het nie. Die leeus sou soos ek dit gelees het van agter af kom wat my beplanning omver gegooi het want ek het hulle van voor af verwag. Dit sou net meer spanning gegee het want hulle sou na die bees toe gaan en die pensmis sou hulle lok. Hulle kon ons dalk eerste ondersoek en dit sou nie aangenaam vir Jeannie wees nie.
Ons het doodstil gesit en ek kon die siddering af en toe deur haar voel hier styf teen my en ek het oor die dubbel se lope gestreel en weer seker gemaak die 338 le langs my op die slaapbank en sy patrone was in my hempsak en hy was vol en op veilig. Die 9.3 se patrone het aan die gordel om my lyf gehang met die patrone voor my. Hy was ook op veilig en ek het geweet dat die 286gr holpunte van Barnes genoeg sou wees op die kort afstand. Ek was nog steeds gepla deur die feit dat daar meer as een leeu was en die inboorlinge dit nie kon agterkom nie. Die spoor het vir n my ligter of jonger ander leeu gewys as die grote wat n baie mooi spoor gelos het. Die drade aan die battery het ek self gekoppel en daar was twee ligte gekoppel waarvan Jeannie een by haar gehad het en die ander een het by my voete gele. Sy het oor die lampe gevoel en seker gemaak dat sy weet waar die ander een was toe ek die leeureuk kry. “ They are very close, I can smell them, the wind is from our left, they will come from that side. I can smell them too. Did you hear the grunt? I did, stay calm and even if they start sniffing around us they will eventually move to the ox.” Ons het gefluister in mekaar se ore en ek was werklik baie kalm en het weer oor die twee lope gestreel en geweet dat my huiswerk reg gedoen was. Hulle het van links gekom en is agter ons om al snuffelende en gelukkig het ons daar ook pensmis gegooi, hulle was nie verder as vier meter nie en net die takke kon hulle uithou. Ons het doodstil bly sit en hulle is na die bees toe en ek kon hoor hoe hulle rem aan die karkas wat met die kettting aan die Maroela vas was.
“Stay calm Lovey, let them start their meal and then we will surprise them. Be ready and when I stand up and tell you “Go” switch the light on and from there I will give you my orders softly. I want to see both lions before I am going to shoot, maybe we will not shoot at all.” Ek kon duidelik hoor bene kraak en het geweet dat hulle met die ribbes van die jong os aan die vrete was want hulle wou by die lewer kom soos leeus se gewoonte was. As hulle die bees nie gedraai het nie sou hulle reg agter die bees gele het en na ons gekyk het. Ek het stadig opgestaan en die dubbel mooi mee aangele en gefluister “Go Lovey”. Die lig was te hoog maar sy het gou die rigting gekry en die twee leeus het regop gesit agter die bees en ek het haar gevra om heen en weer te lig weerskante van die bees maar daar was niks oe nie en sy het weer op die leeus gelig. Die een was groter as die ander en het vir my soos n wyfie gelyk tog was die kop te sterk en het hy geen maanhare gehad nie en ek het besluit om net die maanhaar man te skiet en sy oe het soos twee weerkaatsers in die lig gelyk. Omdat die leeu reg na my gekyk het was dit n skoot wat ek gewoonlik in die kuiltjie geplaas het om die trofee te spaar en dit was net n meer seker skoot waar jy die kop kon skuins tref en dan was hy gekwes. Die goeie kopskoot was n onmiddelike dood skoot terwyl die kuiltjie nie altyd was nie maar hy sou jou n tweede kans baie gou gee. Die skoot het die leeu omgeslaan en die ander een het kruppel weggedraf met die lig nog al die pad op hom en op vyftig meter het hy dwars gaan staan en ek het my korrel laat vassuig op sy nek en besluit om nie die skoot te skiet nie. Ek wou die kans waag en hom los hoewel ek geweet het dat ander leeus hom sou dood maak. By die kamp het ek ons honde hoor en geraas en gepraat van mense het begin en ek kon Jas se groot bek hoor. Ons skietlamp was af en ons het in die donker doodstil gewag vir die bakkie om te kom.
Die honde het geblaf met die oplaaiery en ek het vir haar gese om weer te lig op die leeu wat le. Dit was seker so tien minute na ek die eerste een geskiet het. Die lig het geval op die haarlose een wat byna by ons skerm was en op sy pens besig was om ons te bekruip, ek het sy nek vyf meter van ons af afgeskiet en hom met sy geskop en geroggel nog n skoot gegee. Ek was vies vir die leeu, ek het hom n kans gegee en hy het vir my kom kans sien. Ons het weer op die die dooie bees gelig maar daar was geen diere nie, net die in die verte kon ek hienas hoor lag en die Cruiser wat dreun en met sy ligte begin boor deur die nag en die honde wat agterop blaf. Die tromme het begin slaan by die inboorlinge en ek het geweet dat die nag se skietery op n einde was. “ Thank you Lovey, well done very well done, nobody could have done it better, pity I had to shoot the last one. He was really coming for us Pine, he had all the chances to just leave and he did not use it. I really think that both of them would eventually turn to man eating. I think that you are absolutely right Lovey, he had no fear for us even after we shot the first one. I thought he would have left, just shows you that there can never be predictaments in nature. Were you afraid? Yes Pine I was when they started sniffing around us and I knew that they were very close. Will you do it again? With you by all means, not with somebody that I don’t know. Thank you Lovey, you did more than just fine, excellent job. You also shot very well and your calmness always amases me.” As sy maar geweet het hoe bitter bang ek was, met leeus en veral in die nag kon n mens nooit voorspellings maak nie. Ek het haar probeer kalm hou en so my byna leeukoors probeer wegsteek. Ek het besluit dat ek weer in die nag sou probleem leeus skiet. Dit was net so veel makliker.
Die bakkie het gekom en Jas wou wys wat ons honde werd was en hulle afgegooi en hulle het die leeus gepak en geskud en veral die drie honde van Serapa het vir my gewys dat leeujag n ding is wat hulle baie goed ken. “ I am very worried about those nomads at Nyati and decided to go back and not sleep at Manwasi’s place. It is dangerous to drive during night time but I will take it slowly and you can sleep on the seat.” Ons het die leeus gelaai en die bevolking was ook daar en hulle het die dooie bees opgesny en toe ek die bakkie aanskakel om terug te ry was dit presies 12-uur en ek het geweet dat ek twee ure sou ry terug huis toe. Om in die nag te ry was gevaarlik maar ek het stadig gery en baie diere gekry langs die pad en Jeannie het opgekrul op die sitplek gele met haar kop op my linkerbeen. Ek het naby Silaba n ietermagog in die pad gekry en stil gehou en hom opgetel en gesien dat dit n wyfie is wat laat drink, oorlewering het altyd dit duidelik gemaak dat daar iets goed met jou sou gebeur as jy die goedjies raakloop. Vir my was hulle baie mooi en geweldig fassinerend en as ek ooit n graad sou moes werk op diere sou ek hulle gekies het. Ek het die ronde balletjie neergesit en sy is op haar agtervoete met die ritseling van skubbe weg. Ek het in die bakkie se lig my oe toegemaak en die Vader bedank vir die baie groot voorreg om so tussen Sy diere te kon leef en my drome van n klein seuntjie te kon uitleef. Ek het besef en ook daar voor gevra, dat ek die beste van elke dag moes maak, die lewe kon baie vinnig verander en nie altyd na n mens se wense nie. Dit was n ongelooflike voorreg wat my te beurt geval het en ek was baie dankbaar daarvoor. Die spanning het my moeg gemaak en toe ons by die huis kom het ek gaan koffie maak en ons het gaan stort en ek het besluit om nie te gaan slaap nie want dit was naby lig word. Jeannie het gaan slaap en ek het geweet dat sy lank sou slaap en weer die aand sou wou gesels as ek moeg was.
Die honde se geblaf en die bakkie se dreuning het almal in my gedeelte van die basis wakker gemaak. Ons het die leeus in die slagstoor afgelaai en vir die eerste maal het ek vir Jas vertrou om met my bakkie tot by hulle huise te ry en te gaan rus want hulle sou weer oor n paar ure die leeus moes kom slag. Ek wou altyd by wees by die slagtery om n rede te soek vir die uitskiet van probleem diere. Die leeus was glad nie n paar nie, daar moes n rede daarvoor wees. Die een sonder maanhare was duidelik kruppel in die lig en hy het n ou besering aan sy linker elmboog gehad. Dit was dik opgeswel met n knop waarin stukkies los beentjies was. Die ander een het absoluut niks makeer nie. Ek was twee jaar en twee weke in Botswana en ek het my getal van 200 leeus verby gesteek en op 201 gestaan volgens my logboek. Dit was net die leeus wat ek self geskiet het. In 1978 het die land n leeu vir elke agt mense van sy bevolking gehad. Die meeste mense het in die suide en in die dorpe gewoon en waar die leeus voorgekom het moes daar bykans n leeu per inwoner gewees het. Konflik en die buurlande se probleme het die leeukwessie al hoe groter laat word. Daarby het ons nog steeds nomadiese mannetjies geskiet in opdrag van die staat.
Die basis het ontwaak en Katwindi het my op die dek gekry en sy planne met die twee Amerikaners uitgele vir die dag en hulle het vroeg geroer en gery. Ek en Bruce het gesels oor die leeus en hy het nog nie leeus in die nag gesien of geskiet nie. Die boesman kwessie het weer ter sprake gekom en ek het besluit dat Kabous n afspraak met die president moes maak want ek wou hom sien. Ek sou die hele dag net by Nyati wees en daar was maar altyd dinge wat moes gedoen word, binne het die blonde meisie geslaap soos lanklaas in haar lewe, sy was n nagmens en ek glad nie. Ek het na die boesmans toe geloop om te gaan kyk of hulle beter word, baie was beter maar dit sou nog n tyd neem. Bruce het my geluk gewens met my organisasie vermoe, hy het gesien dat ek nie die pas sou volhou nie. Ek het dit ook geweet, dit was net jammer dat ek nie werklik van die inheemse mense op hoer skaal gebruik kon maak nie. Ek wou baie graag, hulle wou nie. Die Matabeles en my eie boesmans was eintlik al wat ek kon gebruik. Die mense van Manwasi het kom help maar dit was al groep wat wou werk, die res het hulle tuine laat bewerk deur vrouens en die mans het absoluut niks gedoen nie. Die jong kinders het die vee opgepas en ek en Bruce het dit maar so aanvaar. Dis maar soos die hele Afrika gelyk het, ook waar hy vandaan gekom het. Werk was ver benede die waarde van n man.
24 Januarie 1978