Jongste aktiwiteit:

Die uitskiet van die Knakstert groep se mannetjies
vir

Die uitskiet van die Knakstert groep se mannetjies

Daar was baie groot troppe leeus in die Chobe en hulle was min of meer gebieds gebonde. Tussen hulle sou nomade wegkruip en hulle sou ook nie brul of laat weet waar hulle loop nie. By Rooigrond was n trop wat nog groter as die trop was en die troppe van die Swerf vlakte het ek nooit werklik getel nie. Bruce Kinlock wat die hoof van natuurbewaring was het hulle beter as ek geken want hy was met n renoster sensus besig en die boesmans het hom baie gehelp hiermee. Hulle was beloon vir elke renoster wat hulle kon uitwys en dit het sy taak baie makliker gemaak.

Dit was teen die wet om tropmannetjies te skiet en Bruce het toestemming gekry daarvoor by Peter Williams, daar was drie troppe wat se mannetjies te oud geword het en die jonger leeus sou deur die nuwe mannetjies verdra word. Die ou mannetjies het net gevreet en nie meer gejag nie en dit het druk geplaas op die jonger leeus. Ek het ook gesien een dag dat die wyfies net so hard baklei om hulle mannetjies te behou en die klomp wyfies het drie nomade dood gemaak. Hulle sou kunsmatig moes uitgehaal word en dit sou teen Maart weer tyd word vir die wyfies om op hitte te kom en dan moes daar ander mannetjies wees.

Ek en Katwindi en Luka en Temba het dit indringend bespreek, die leeus het net tussen Nyati en in n oostelike rigting na Panda Matenga se kant beweeg. Ten noorde was n trop wat gereeld uit die park se grense beweeg het omdat die trop so groot was en ten suide na Rooigrond se kant toe ook n groot trop. Aan die westelike kant was baie leeus en n baie meer digte bevolking as by ons. Tussen ons en die Delta was baie leeus wat vir my baie dae gelyk het of hulle nie regtig in troppe loop nie. Selby het nie baie leeus in die Delta geskiet nie en dit na ons afgeskuif, meer na Ben by die Gwai konsessie en by Jakkie langs die Linyati. Dit was nodig want hulle konsessies was nie in die park nie en daar het mense geboer met vee en die leeus was lastig by hulle. By die Wankie konsessie het baie leeus voorgekom en hulle was ontwrig met die hewige uitskiet van olifante in Rhodesie en het gekom en weer terug gegaan soos hulle wou. Ek dink dat daar baie leeus onwettig in Rhodesie geskiet is.

Ons het oor gewere begin praat en Luka wou my 9.3 dubbel gehad het en Katwindi sou nie met enige ander een skiet as sy 404 nie. Temba het ook n 404 gehad maar hy kon kies en ook my 375 neem as hy wou. Ek wou my 500 dubbel neem en ek het vir John Gleeson saam genooi, hy sou met een van my 416,e skiet. Ek het geweet dat die skote naby sou wees en dat dit gevaarlik sou wees. Ons het n strategie bepreek en het gedink om die leeus met lokaas te lok wat eintlik die maklikste was maar so n groot trop was baie male nie na aan mekaar nie en ons moes die mannetjies gou en vlugtig uithaal en pad gee. Wyfies het nie gehou van n skietery tussen hulle mannetjies nie en kon maklik die jagters aanvat en hulle was meer geslepe as die ou grotes en het baie vinniger en meer doelgerig gestorm. Ek het die gevare aan John verduidelik en gese dat ek hom nie kon oppas nie en dat sy kamera manne en ander gevolg op die bakkies moes wag en ons sou hulle roep as dit verby was. Ek het dat hy baie mooi weet dat ek nie vir hom of sy mense verantwoordelikheid aanvaar nie, ons het nog nooit leeus uit n trop geskiet nie en dit was n nuwe ding wat ons niks van geweet het nie. Ek het nie geweet of Temba kon saam gaan nie want hy was effe malaria positief en dit was gif as die son warm geword het. Die dokter het met hom gewerk en hy het vroeg gaan le. Katwindi het gese dat ons te veel skuts was en Temba maar kon bly, hy was altyd baie bang dat mense kon seerkry of raak geskiet word waar hy by was.

Vir die eerste maal het John saam met Jeannie gaan draf die more en die dokter was baie in sy noppies daaroor. Volgens hom het sy bloedtelling baie verbeter en was daar besliste beterskap te ervaar. Hy was n jong man maar n baie bekende onkoloog en n boesemvriend van John al lank voor hy siek geword het. Ek het vir Jan Hugo gestuur en ook vir Temba met die Deutz vragmotor om die groep boesmans wat klaar gediens was na die die Swerfvlakte se water te neem en ons sou met twee bakkies ry om vleis te skiet vir hulle en dit sou dan ons laaste diens aan die groep wees behalwe die ou mense wat sou af en toe iets moes kry. Hulle sou by Rooigrond agter bly waar daar bandiete was wat nog op parool was en vir hulle moes sorg. Agter Nyati in die Shinaba heuwels het groepe boesmans gewag om in te kom en ook gediens te word. Hulle was bang en baie primitief en Jan het sy maniere gehad om hulle nader te lok.

Ek wou in die rigting van Maikalelo ry en dan suid draai na die Nxai panne wat ek geweet het vol water sou wees. Hier was nie paaie nie en aan die noordekant van die panne was Rooigrond en ten suide die Swerfvlakte in die rigting van Gweta. Ons wou vleis skiet vir die twee groepe boesmans wat by die twee plekke sou afgelaai word. Ek het besluit om die leeus eers te los en net my 416 en die 8×68 saam geneem en John het my ander 416 en die 6.5 geneem en Luka en Katwindi hulle 404’s. Omdat ons sou wild skiet het ons loodholpunt koeels gelaai en sou moes baie vinnig verander as daar dalk ongeskikte olifante sou wees. Dit was somer en hier was nie paaie nie maar ons het lanklaas reen gehad wat werklike reen was en ek het die boesmans gelaai en gery. Die fotograaf en die dokter sou by die huis bly en n opname vir John oor die boesmans maak wat hulle wou publiseer in die VSA. Hoewel dit somer was het die wereld baie verbrand en hier en daar het dit soos winter gelyk en was die gras wit gebrand. Langs die omarambas was dit mooi groen.

Die boesmans moes weer op die dakrak sit en op die uitkyk wees vir diere wat dalk nog gekwes was en ook sommer vir gewone vleis. Hier op die vlaktes was baie vlakvarke en dit was goeie vleis vir die nomadiese boesmans. Hulle wou nooit varke jag met hulle honde nie want hulle het te veel honde verloor. Ons het ver gery en die boesmans het n swartwitpens gesien wat verdag en maer voorgekom het en ek het dat John hom sommer uit die bakkie uit skiet, hy het n skoot gehad, dit was n mooi bul en sy skoot was laag op die blad en net sy voorbeen het gesleep. Weer het ek die loodpunt gekry en gewonder hoeveel diere daar nog was wat gekwes was. Hy kon die kuip maar laat opstop want dit was nie n rekord bok nie maar baie goeie bul en hy was maer. Daar was baie en mooi wild op die savannah vlakte en n mens kon eintlik enige soort skiet. Ek het maar gesoek vir bokke wat hy nog nie geskiet het nie. Ons het n zebra geskiet en by Rooigrond se windpomp gekom waar my boesmans die bokke gekuip en afgeslag het en ek kon die vragmotor hoor kom met die bakkie van Jan Hugo met die vrag boesmans en toe hulle by ons kom kon hulle net gaar maak en eet. Hy sou die fikser groep na Swerfvlakte se windpomp neem en hulle kon die zebra saam neem.

Ek het besluit om wes te ry in die rigting van ons Wankie konsessie. Hier was baie koedoes en baie mooi bulle en ek wou graag na die bevolking naby Panda Matenga gaan waar daar ook geplant was en ek nog nie die tuine gesien het nie. Hulle het buite die park gewoon soos alle inheemse mense maar was ook deur ons gediens met landbou en mediese kennis. Hier was die tuine baie mooi en die mense baie dankbaar vir wat vir hulle gedoen was. Die Afrikaner bulle wat ons tussen hulle beeste gelos het was baie mooi kondisie en ek het uitgesien na die kruisteling met die inheemse rasse. Ek het geweet dat n vrag Boerbok ramme op pad was na baie van die nedersettings toe en dit kon hulle inheemse vee net goed doen.

Daar was n watergat naby wat ek geken het en binne die park se grens geval het en die inwoners het met hulle vee ook van die water gebruik gemaak, ek het my oe daarvoor toegemaak, die naaste water aan hulle weiding was wat my betref ook vir hulle geskik. Hoewel dit baie uitgetrap was om die gat was dit n baie mooi plek en ek wou daar gaan midagete eet. Daar was baie mooi Maroelas en Wildevye en by sulke bome was daar gewoonlik baie voels en ander lewe om na te kyk. Jeannie het vir ons kos in gepak en ek het vir John geluk gewens met sy drawwery saam met Jeannie, grapperig soos hy was het hy gese dat hy spesiaal agter haar draf om haar bene en boude dop te hou. Hy het gevra of dit moontlik was om langer te kon bly by my. Dit was moontlik want die volgende jagter wat vir my geboek was het alleen gekom en was van Suid Afrika en daar was drie gaste huise in my gedeelte van die basis. Hy sou moes betaal vir sy verblyf en dit was nie goedkoop nie want die US dollar was swak op daai stadium. Ek kon net nie al my aandag aan hom gee nie en sou een van die bakkies en van my mense wat die veld geken het saam gee vir hulle om die natuur te geniet. Hy het gese dat Jeannie hulle sou rondneem met die DKW jeepie en ek het dit verbied. In reen tye het ons altyd met twee bakkies gery want een kon breek of vasval en sy het nie die kennis gehad van die veld om presies te geweet het waar sy altyd was nie. Solank hulle op die paaie van die reservaat was sou dit werk, tog was die jeepie oop en kon bobbejane en selfs leeus in die jeepie spring en doen wat hulle wou. Soos met alles was hy meer as dankbaar.

Katwindi en Luka het om die watergat geloop en kom vertel dat hulle seker was dat die trop leeus daar was en dat ons moes wes ry en kyk of ons nie aasvoels sien draai nie. Hulle het n klein dik-dikkie vir John gaan wys waar sy ma hom weggesteek het en sy kamera het gerol en hy het vertel vir die opnemer. Sekerlik een van die mooiste klein skeppinge wat n mens kan sien. Hy het sy oe toegemaak en ek het geweet dat hy bid. Ons is weg met die bakkies wat so honderd meter van mekaar gery het langs mekaar om meer veld te dek en so meer wild te sien. Dit was al byna drie uur die middag toe Katwindi wat vir Sixty op sy dak gehad het my roep en se dat hy aasvoels sien. Dit was ver voor ons en ek het dat hy voor ry en dan moes hy stop en te voet gaan kyk.

Dit was die spesifieke groep leeus en hulle het n kameelperd gevang. Katwindi en Luka het soos skimme verdwyn en baie later weer terug gekom. Hulle kon vyf van die ses mannetjies sien wat bykans bymekaar gele het, by die karkas was n paar jong leeus en n ou wyfie, die een met die knak in die stert. Daar het baie leeus om en naby die mannetjies gele en Katwindi het soos hy so baie male by olifante gedoen het, op die grond geteken. Die groot Maroela was ons mikpunt, hulle was net so dertig meter anderkant die boom in die skaduwee van n paar Kameeldorings. Die wyfies het hy net drie van gesien en een mannetjie van die ses wat ons geweet het daar moes wees het hy nie gesien nie. Ons kon nie ry nie en sou moes loop. Die gras was kort maar tog het n leeu nie baie hoe dekking nodig gehad nie. Soos net die meester wat hy was kon hy die situasie opsom en planne maak. Luka het gese dat ons langs mekaar moes loop en as ons nader sou kom moes John die eerste een skiet en dan sou ons skiet. Een man moes glad nie skiet nie want ons kon tegelyk leeg raak en die wyfies sou hulle mannetjies beskerm. Die kameelperd was byna opgevreet en net die paar jong leeus het die aasvoels weggehou by die karkas. Daar was jakkalse ook en hy het hienas in die verte gehoor maar het het nog n groep aasvoels ver anderkant die leeus ook sien draai.

Ek het my reels verduidelik. So ver as moontlik geen wyfies nie, ons moes bymekaar bly, ons moes die mannetjies so gou as moontlik plat maak en een van ons moes nie skiet nie. Ons moes probeer om nie te kwes nie en as n leeu nie val na die eerste skoot nie moet hy weer geskiet word voordat daar na n ander geskiet word. Na John se skoot was die jag vir hom verby en sou Luka en Katwindi skiet so vinnig en effektief as moontlik. Die man wat herlaai in sy magasyn moet se “reload” en daarna “finish” as hy klaar was. Ons moes die aantal skote tel en seker maak dat ons weer ons doppe optel vir herlaai. Ons het seker gemaak van ons gewere en almal het n patroon in die loop gehad en was op veilig. Dit was omtrent seshonderd meter van die leeus af wat ons bakkies was en die boesmans het ons met doodse vrees dopgehou en die tralies toegemaak en gesorg dat al die water en kos by hulle was indien ons dalk opgevreet sou word. Ek het my 8mm vir Jas gegee en grappenderwys gevra of dan nie saam kom nie. Hy het nie kans gesien vir die “reeus” nie en gese dat hy die bakkies baie mooi sou oppas. Ek het seker gemaak dat elke man se patroon belt vol en reg is en myne altyd met die gespe na agter en die patrone voor my vasgemaak. Ek kon my skop dat ek nie n dubbel geneem het nie en Luka het my dit ook verwyt. Hy het baie meer kennis as ek van dubbels gehad en het baie met hulle gejag.

Katwindi het die eerste ent die pad gewys en voor geloop soos net hy kon. Hy sou in die loop die wind toets en skielik draai na n kant toe met sy oe wat niks mis nie. Ek het dat John so vyf meter agter hom hou en ek en Luka het saam agter geloop en in Matabele gefluister vir mekaar as ons iets sou sien. Selfs Luka wat net so n meester was het vir Katwindi bewonder, sy bekruip vermoe het ek nooit weer gesien nie en hy het n werklike aanvoeling gehad vir die gedrag van diere. Ons is gebukkend tot by die groot Maroela en Katwindi het n wyfie gewys wat dertig meter van ons af gele en slaap het na ons regter kant toe. Voor ons het drie mannetjies gele twintig meter weg en skuins links van hulle nog twee n entjie uit mekaar uit. Ek het geweet dat die wereld sou wemel van die leeus as die skote eers geklap het en dat hulle baie naby ons sou verby hardloop. Ek het vir Luka vorentoe gestuur en hy en John het saggies gepraat en vir mekaar gewys en toe staan hulle op en ek ook wat heel agter was. Die leeus was tussen hulle en my en die idee was dat as hulle gewere leeg sou word sou hulle agter my inval en ek moes van agter ook kyk.

John se eerste skoot het die mannetjie wat op sy sy gele het net so laat le en Katwindi het die ander twee geskiet en agter my kom inval. Ek en Luka het saam die ander twee geskiet en rondom ons was leeus, baie is baie naby my verby maar sonder aggressie, hulle wou net vlug. Ek het net een skoot geskiet en Luka ook toe die papbek mannetjie reg op ons af hardloop, hy het nie gestorm nie maar wou net wegkom en ek en Luka het saam geskiet en hy het bykans by ons geval. Ek het “reload” geskree en John en Katwindi het ons plekke geneem en n wyfie het soos n pyl gestorm en Katwindi het vir John gekree “ Left!” Sy skoot het die leeu op die neus se punt geslaan en sy het geploeg tot op die mannetjie wat bykans by ons gele het. Ek was bang dat daar nog leeus sou kom en het geskree “ Back To Back!” Ons het so bly staan en ek kon John se asem hoor blaas en die aasvoels se gekwetter en die mis wat uit die lug uit val. Ver af het ek die “Oemf” van n wyfie gehoor en geweet dat hulle nie ver was nie en nie hulle mannetjies net so sou laat nie. Van hulle sou terug kom. Ek kon Jas hoor sukkel sukkel aankom met die bakkie en Sixty wat skree “Waaa julleeee?” Hy kon ons nie hoor nie met die gedreun van die bakkie nie en Luka het in sy beste Matabele vir my vertel hoe dom n boesman eintlik is. Hy het later die bakkie afgeskakel en weer geroep en die slag kon hy na drie roepe tot naby ons kom. Ek het nie nog leeus gesien nie maar nie die vrede vertrou nie en was heimlik baie bly en dankbaar toe die bakkie naby ons deur die lae Mopanies bars nog steeds in eerste rat, al rat wat Jas geken het. Ons het nog steeds net so gestaan en ek moet erken dat dit vir my ook n ondervinding was, leeus nader as drie meter was nie maklik nie al was daar vier gewere , dit neem so n tydjie voor jy weer kan nugter redeneer en weer jouself is. Elke takkie wat gekraak het is gevolg met die loop van n geweer.

John was sprakeloos en lam en kon nie praat nie. hy kon nie sy kamera uithaal en vashou nie en het teen die Maroela geleun, doods bleek. Luka het sy geweer gaan bere voor in die bakkie en ek het myne nog gehou, ek het leeus geken en geweet dat die skote hulle nie sou wegjaag nie. Ek het dat Luka vir ons gaan whisky uithaal en vir hom n goeie skoot ingejaag, nog steeds bang dat daar leeus sou opdaag. Die boesmans wou nie van die bakkie afklim nie en het die wereld baie noukeurig beskou in die digte bos om die bakkie. Katwindi wat vir niks bang was nie het terug gedraf met sy geweer oor die skouer en die ander bakkie loop haal. Luka het vir John gese om by te kom en fotos te neem want ons sou begin laai en dan sou sy tema vir ewig verlore wees. Hy was werklik soos iemand wat in sy slaap geloop het. Hy wou praat maar die stem wou nie saamspeel nie. Luka het nog whisky gegooi. Dit het hom so bietjie laat bedaar en hy het afgeneem en vir die kamera beskryf soos hy dit wou gehad het. Dit was maar n skrapse beskrywing en ek het vir Luka afgevaardig om hom te help. Ek en Katwindi het gestap met ons gewere en die hele situasie in Matabele en whisky opgesom. Ek moes hom geluk wens met sy vermoe en sy kennis van die veld. Vir my sou hy altyd n onverbeterlike jagter bly. Luka wat baie dae in sy skadu moes staan was net so goed. Dit was al wat n medejagter wou gehad het, jy moes op jou maters kon staat maak, hulle het dit oor en oor bewys. Ek het dat die leeus met die wenas opgelaai word en ons het begin met die terugtog.

John was doodstil voor in die bakkie en het nie gepraat nie. Ek wou later dat hy n rietbok skiet maar hy was nie lus nie en ek het die bok vir ons vir vleis geskiet. Ons het teen laag son by Nyati aangekom en hy het saam met die ander die leeus afgelaai en meer afgeneem en vir die dokter en sy fotograaf rond gejaag en ek het hulle laat begaan. Jeannie het my kom haal by die bakkie en ek en sy is op die dek op en ek het rustig geword. Ons het oor die leeus gepraat en die dag se skietery en wat alles gebeur het. Temba het vuur gemaak en begin braai. Ek het vir Luka en Katwindi geroep en hulle het saam wors geeet en iets gedrink. Bruce en sy mense het ook gekom en gehelp slag en vir die kamera geposeer en ek was nie eintlik die kamera soort nie en ons het die leeuskietery bespreek. Ek was jammer oor die wyfie want sy was nog jonk, die mannetjies was oud en met normale leeu lewe al ver verby hulle trop dae. Hulle het later geloop en ek het vir Jeannie gese dat daar in Botswana nie n beter jagkombinasie as hulle twee was nie. Hulle was dalk nie die skut wat Jakkie was nie maar hulle veldkennis en vreesloosheid het my baie beindruk. Ek sou nie gevaarlike diere aanpak sonder die twee nie.

Bruce en Jan Hugo was nog by die vuur toe John en sy mense opdaag, daar was vir hulle kos gemaak in die gaste area en hulle moes se hoe laat hulle wou eet. John het sy kamera man die ding laat opstel en hy wou n onderhoud met my voer, dit was nie my smaak nie. Ek het hom laat begaan en probeer antwoord so ver ek kon en hom laat vertel vir sy mense by die huis dit wat hy beleef het. Hy het gekom vir n olifant na Afrika en het nou al n handvol of meer trofee gehad.

Ek was moeg want ek was altyd eerste wakker van al die mense en ek het vir Jeannie gese dat ek wil gaan slaap. Ek dink die jag en die spanning het my meer uitgeput as wat ek weerklik self wou erken.

28 Februarie 1978.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed