Ek en die buffels en die 8mm
Kabous het by my geslaap en ons moes n oplossing kry vir Steve Edwards en selfs Selby wat net so baie van Steve gedink het kon nie aan n oplossing dink nie. Ek het weer vir Peter Williams, die minister gekontak en hy het gese dat ek hom kon aanstel op n salaris skaal wat met Bruce Kinlock se begroting moes klop. Ek moes n motivering deur stuur waarvoor ons hom sou aanwend. Steve was n jagter en ons het nie vakatures gehad vir nog n jagter nie en kon ook nie al die Rhodesiers akkomodeer wat hulle land verlaat het nie. Ek sou my loopbaan verruil om die man te behou, hy was enig in sy soort, van die beste onder die heel bestes en hy was n baie aangename mens. Hy het ook n militere loopbaan gehad in die Selous Scouts. Dit was alles faktore om te oorweeg, sy natuur kennis was uitnemend en hy kon Tswana praat. Hy was baie meer ideaal in my pos as ek self.
Ek het op my stoep gesit en koffie drink want Kabous kon nie op die dek kom nie. Voor my het die pragtige watergat gele en ek het die koedoes dop gehou wat kom drink het en die dooie jong luislang wat in die elektriese heining was. Daar het baie van hulle dood geskok in die heining en ek het gewonder hoe ek dit kon stop. Jakkie het vir Kabous n loopring gemaak waarmee hy makliker oor die weg kon kom waar die oppervlakte hard was. Dit kon sy bene oefening gee want hy het maar baie min gebruik van hulle gehad. Jakkie het geglo dat hy met oefening beter sou word. Ek het geweet dat dit nie kon nie, maar hy kon beter beweeg in geboue as met n rolstoel en die oefening het beslis sy bene goed gedoen. Hy kon vir kort tye staan met behulp van die ring.
“ Pine ek het die hele nag gele en dink en op die idee gekom. Die president is so heilig op die laaste swart renosters, kom ons skep die pos van Hoof van renoster bewaring. Dit kan breed omskryf word en dit sal die hele land se renosters insluit en ook vir jou help met die skiet van probleme en ook vir Bruce met sy sensus van die renosters. Die fotografiese wereld is ook besig om baie groot te word en ons kan die ook by sy pos aan las. Jy kan hom dan skuif na Gobabis Hills toe en ek sal sorg vir radio s vir hom. Hy het twee Matabeles wat kan saam kom en ek sal dat Monica die teleks deur stuur netnou. Dankie Kabous, ek gaan dit net met Steve self bespreek. Hy moet dan die basis bevelvoerder wees van die Hills en die nonne help en sy vrou Moira, kan in die winkel help en ook skool hou want sy is opgelei daarvoor.” Ek het lank met die minister gepraat en hy was baie in sy skik met die plan en die oplossing het eintlik maklik gekom. Ek was Kabous baie dankbaar vir sy versiendheid.
Ek het vir Steve geroep en hy was baie dankbaar daarvoor. Ons het almal geweet dat die mense weer sou terug gaan na hulle land maar dat dit in 1978 baie moeilik vir hulle was. Veral mense wat n militere agtergrond gehad het sou dit moeilik he. Baie is deur die weermag van ons land op geneem en baie het bloot die land verlaat. Ek het die kontrak laat opstel en deur gestuur en vir Selby laat weet dat Steve nou by die Hills sou wees en vir twee bakkies gevra wat moes leeu proef gemaak word. Hy moes die renosters hanteer en Ben by ons Gwai konsessie, is ook so ingelig en hy moes die fotograwe hanteer. Hy moes direk aan Bruce Kinlock verslag doen. Hy het die magte van ons almal gehad wat die skiet van diere betref tot die inhegtenisneming van die wat dit verdien het. Met sy ondervinding kon die land net baie baat by vind en ek het hom by my laat bly vir drie aande tot sy bakkies deur die weermag afgelewer was. Hierdie man met die rooikop en rooi snor het werklik vir Afrika geken, hy was n maer seningrige man wat deur die son gebrei was en sy gelyke sou ek lank na soek. By hom het ek baie geleer van die natuur en veral diere gedrag. Hy het n paar gewere gehad maar het gesweer by sy 30 06 wat hy met “armour piercing” geskiet het en waarvan hy n hele paar kiste gehad het. Hy was ook lief vir die 458 maar ek het altyd net die 30 06 by hom gesien. Hy was n goeie skut en moes ook wees met die ligte kaliber wat hy so vertrou het. Hy het ook n BSC landbou graad gehad en kon ons in die plantseisoen help met raad vir die bevolking se aanplantings.
Kabous moes by Manwasi verby terug gaan en ek het die ou hoofman vir wie ek so lief was baie lanklaas gesien en wou iets saamstuur. Dit was al laterig die middag en hy sou die volgende more ry en ons het die boesmans gelaai en is met die bakkie weg in n suid-westelike rigting waar die bore nie baie ver van ons af geboor het nie. Dit was die eerste maal dat ek met net een bakkie by die huis weg is om te gaan skiet en ook sonder n medejagter in n baie lang tyd. Met ou Fred Barnes se laaste besoek aan ons het ek en hy gepraat oor soliede koeels en wat dit behels. Die manne wat teen soliede koeels is het nog nie een gesien werk nie. Hy het gese dat hulle spesiale mengsel formules het waarmee hulle die koper mengsel meng. Ek het geweet dat daar n sekere persentasie tin in was en nog n geheime metaal wat ou Fred nie wou noem nie. Dit was beslis nie net suiwer koper nie volgens hom. Hy het vir ons twee tipes soliede koeels gemaak, een met n ronde neus en een met n plat neus. Die plat neus het groewe gehad en ek het hulle die meeste gebruik, Selby het weer meer van die rondes gehou. In al my jare van herlaai het ek nog nooit n koeel gekrimp van enige kaliber wat ek gelaai het nie behalwe waar ek suiwer loodpunte gebruik het. Of dit reg is of nie weet ek nie, ek het baie sukses gehad met myne.
Steve het met sy 30 06 liefde en sy bekoring vir die kaliber my moed gegee om te probeer om met die 8×68 ook so bietjie verder en hoer te gaan as wat sy vermoe was. Ek het die 416 soos altyd ook by gehad en die boesmans moes kyk vir iets bo van die dakrak af. Ek het met 180gr soliede koeels sowel as die holpuntloodkerns geskiet op die 8mm. Ek het geweet dat sy penetrasie genoeg sou wees vir baie goed want die ladings was hoog. Op die stadium het ek al elande en baie koedoes en blouwildebeeste met die geweer geskiet en hy het my altyd verbaas. Ons het ook mensvreter leeus een nag geskiet binne n kampie en weer het die kaliber my verbaas. Op diere met sagte velle het die geweer werklik gewys waar toe hy in staat was.
Jas het met die stokkie my gestop, daar was n kruppel buffelbul nie te ver nie. Dit het baie gebeur dat bulle baklei en dan het hulle mekaar seer gemaak en baie male sou die heupe die meeste daaronder ly. Twee swaar bulle wat kop aan kop stamp het baie stremming op die agterbene geplaas en baie male sou n heup uithaak of breek. Buffels het n baie komplekse bouvorm, bokant sy werwelkolom het n dik stuk skof gesit en die meeste manne wat sy nek wou raak het te hoog deur die skof geskiet wat net n vleis wond sou wees. Sy bladbeen gaan hoer as sy nekwerwels en dit is bykans meer as n derde van sy bokant af. As jy hom n derde van bo af in lyn met sy voorbeen slaan het jy gewoonlik die werwels geraak wat hom laat sit het. Dit was die beste skoot op n sykant buffel en dan die tweede deur die voorbeen effens skuins en baie laag om die hart te vang. Jy sou gewoonlik een van die voorbene breek, wees net gewaarsku dat hy nog baie vinniger op drie bene is jy op jou twee gesondes.
Ek het uit die bakkie geklim en die buffel bekruip wat so driehonderd meter weg was en op n oop stukkie veld gestaan het. Jas was by my met die 416. Op tagtig meter was n worsboom en ek het teen die stam aan gele en die Zeiss n derde van bo af laat vassuig in lyn met die voorbeen Hy was presies dwars en sou ek die werwels mis sou ek die bladbene defnitief geraak het. Die skoot het sy voorbene onder hom uitgehaal en hy het op sy onderbek geval met die agterbene nog regop en ek kon die stof anderkant hom sien uitslaan. Ek wou die tweede skoot laat loop toe sy agterbene ook ingee en hy op sy sykant val en die bekende kreun gee. Daar het n ander bul aan gedraf gekom en hy kon my nie sien nie en het naby die eerste een gaan staan ook dwars en het reg weg van my af gekyk. Ek het die 180gr tussen die horing en die oor neergesit en hy het geval maar sy stert het nog geswaai en hy wou opkom en ek het my tweede skoot reg op die borsbeen tussen die twee skoppende voorbene geplaas. Weer kon ek stof sien opslaan agter die bul en hy was stil en het nie gekreun nie. Ek het die geweer vol gemaak en lank die twee bulle gestaan en kyk en vir Sixty gewaai om die bakkie nader te bring. Dit was ou bulle maar nie trofees van enige aard nie en hulle het kort maar stewige horings met bree basisse gehad.
Ons het die pense uitgehaal en die midderiwwe gesny en my skoot van die eerste een was presies deur die werwels en beide blad bene. Die tweede een is die skoot bo oor die brein en het bo enige wonder ook die nek gemis en is voor en bokant die oog onder die horing uit sonder werklike skade. Die tweede skoot het deur die hart gegaan en is deur die werwels en bo op sy skof uit. Ek kon nie een van die drie koeels herwin nie. Kabous het gese dat hy baie bly was dat hy nie die taai ou buffels moes gaan eet nie.Dit was die eerste werklike skiet van buffels met die 8mm en dit was maar net om iets aan my self te bewys, ek sou dit nooit my buffel geweer maak nie maar ek sou n olifant wat nie van my geweet het nie aanvat. Jakkie het baie buffels met sy 303 geskiet, ek het altyd gese dat ek weet dat ek slimmer as hy was. Tog het ek baie respek vir die vermoe van die geweer gekry en sou ek graag wou swaarder greine probeer maar ons het net 200’s gehad wat ek vir die Voere sou laai. As Steve Edwards met sy 30 06 kon olifante skiet op uitdunning dan kon die 8mm dit seker ook doen. Dit was maar as die pap begin aanbrand het waar ek die 400 greine verlang het en baie staat gemaak het op hulle. Jakkie was weer n aanbidder van skootplasing en het geglo dat jy nie n dier dooier as dood kon skiet nie. Hy het wel geglo aan penetrasie en dat jy die diep plekke moes kon bereik, tog was swaar greine nie werklik vir hom nie. Hy het egter die 425 baie geniet en sou grappenderwys se dat hy n olifant agter n bult kon doodskiet met die geweer.
Ek het die geselskap van Kabous gemis, ons het so n lang pad saam geloop en het mekaar verstaan. Ons sou moes meer tyd saam deurbring en met die aanstelling van Steve Edwards het ek gehoop dat ek meer tyd sou kon spandeer by hom en Monica. Ons kon dringende dinge oplos op die boot wat baie mense se toekoms en lewens geraak het, met die ewige humor van Jakkie wat alles sou afkoel as dinge wou vasbrand. Ons suksesse in die yl bewoonde noorde het net al hoe meer en beter geword. Met so veel geleenthede in die land sou dit net beter word.
Ons het die aand saam met Steve Edwards gebraai en sy aanstelling gevier, Jack Mullin was op pad teug van Ingwe af om sy oilfant wat, sy laaste trofee was by my te kom skiet. Ek was bly dat Luka en Katwindi los was en nie werk gehad het nie. Jack was nie baie fiks nie en dit kon n moeilike jag wees.
21 Mei 1978