In die rigting van Panda Matenga. (Deel 2)
Op die kaarte van Botswana word die plek aan mekaar gespel maar die inwoners spel hom soos ek, net soos hulle van die Lynyati praat sonder die “n”. Daar was n pad vanaf Francistown na Panda en Livingstone het hier langs getrek en dit was die beste pad na die Valle toe. Volgens my kaart was dit 133 myl en ek wou suid hou en by ons Wankie konsessie uitkom en eintlik by Serapa wat ek gekoop het en nog net een maal by was en hy was suid van Wankie. Dit is die gedeelte waar die bekende Johan Calitz se konsessie vandag is en ek sou vanaf Serapa weer terug gaan veld toe en reguit ry na Panda toe. Weereens veld langs om alles op die kaart te plaas.
Ons het bekende plekke gehad, Matanga, waar ek en prof. die leeus geskiet het wat boesmans gevang het, dan Leeuboom waar ons ook in n boom geslaap het, en dan Ratelfontein waar ons die eerste maal in die geskiedenis n wyfie met drie kleintjies gekry het. By al die plekke was nou al geboor of fonteine en kampies opgesit met vars water en ek sou daar kon uitkamp weg van leeus af maar naby maer boesman honde. Ek het die kaart so op die bakkie se neus ingevul en vir Jas en die ander twee gese waar ek wou wees. Ek wou net eers op die leeuspore ry en die aasvoels gaan ondersoek. Ek was werklik moeg van die min slaap en die gestamp van die Cruiser en Jas moes op die dak sit met sy kierie en die pad wys en ook kyk vir erdvark gate en dat ons nie moes vasval nie. Dit was nog vroeg en die aasvoels het gedraai en nog nie kom sit nie en ek wou gaan kyk waar die geveg plaas gevind het.
Dit was n hele gespottery want Sixty het sy broek nat gemaak bo in die Kremetart, dit was n baie groot skande as n boesman hom self bevuil of nat maak. Bobbejane het dit gedoen as hulle in bome was en leeus onder die bome was, hy was daarmee vergelyk. Hulle het werklik n ingebore vrees vir leeus gehad en ek het hom jammer gekry en geweet dat Jas en Twenty hom nie sou uitlos nie. Ek het gevra hoekom hy dan nou so n skande oorgekom het, sy antwoord was net soos hulle maar was, ongekunstelde kleuters wat net in die veld groot geword het en baie dom gepraat het. “ Ekke hhhhette maar n groot pisse gehet.” Ek wou nie voor hom lag en hom verder verneder nie en wou my doodlag toe ons begin ry. Jeannie kon nie verstaan dat ek in my eie pyprook verstik het nie. Ek sien vandag nog sy ernstige gesig en die nat kol wat hy probeer droog vryf het. Jas het gese die pie het in sy skoene in geloop, ek het hom te jammer gekry en nie verder gevra nie, maar dit was baie lagwekkend.
Die jong leeus het hulle terrein baie mooi gekies want dit was op n kaal stuk grond n paar hektaar groot. Daar het die halwe karkas van n eland koei gele en n ent weg het n ou mannetjie dood gele. Ek het by hom gestop en gesien dat hy baie lelik dood gebyt was en half gevreet was. Leeus het dit gedoen met hulle vyande. Hy was oud met stomp tande en het nie n kans gestaan ten die nuwe manne nie. Die Amerikaners het fotos geneem en ek is verder en het op een afgekom wat baie swaar geloop het en sy stert was stomp afgebyt en ek het hom geskiet met die 6.5 en net aan gery. Jas het die spore van nog twee wat saam geloop het gevolg vanaf die dak en n rukkie later het ek hulle gekry. Die een se derms het gesleep agter hom en die ander een was ook maar naby sy einde. Ek het hulle beide geskiet, ook met die 6.5, die pense uitgehaal en opgelaai want dit was baie mooi trofees maar baie ou leeus. Ek sou hulle gaan slag waar ons sou rus. Ek het gewonder wat van die ander oues geword het, hulle moes ook maar gekwes gewees het en sou hiena kos word as dit sou aand word. Die natuur kon net so wreed wees soos wat hy mooi was, ek was dit te wagte.
Ek het noord gedraai in die rigting van Matanga waar die wereld effens ruig begin word het en die leeu my bakkie se modderskerm saam met prof. gebyt het. Hier was n fontein en ek het die trop verslonsde leeus daar gekry met die nuwe mannetjies wat baie lastig was met die wyfies en ook hulle het die merke van die nag gehad en was lus vir baklei en ek het in die boesman kamp ingery buite bereik van die leeus. Dit was so nege uur en die boesmans was nie veld toe nie want die leeus het hulle binne gehou en hulle moes my help om ten minste een leeu te slag wat hulle maar kon eet. Hulle was klaar gediens deur die nonne en het my geken. Ek het onder die bakkie gaan le en bietjie geslaap en toe Jas my roep teen elf uur was al twee leeus afgeslag en die velle en koppe in sout sakke toegerol. Jeannie het vir my vinnig koffie en brood gegee en ek het die rigting geneem na Leeuboom toe waar ook vier Kremetarte toegespan was met n fontein. Dit was n ver ent en moeilike terrein maar ek het renosters gesien en Bruce het my opgehou met die afnemery en ek kon in die verte die groen kol bo van die bakkie af sien. Weer het ek bastergemsbokke gekry en dit was baie troppe met ses tot agt vroulike diere en net een groot bul. Hulle laat nie teenstanders toe by hulle koeie nie en ek sou defnitief vra vir n groter kwota. Ons het na drie by Leeuboom gekom en daar was nie boesmans nie maar hulle was kort tevore daar en die as en hout en hulle teenwoordigheid was sigbaar. Daar moes twee kleintjies gebore gewees het want daar was twee bossies gras en pouvere met springbok vel vas gemaak voor twee hutte, dit was die teken van geboorte, Jan Hugo die kenner het so gese. Wonderlike nasie die boesmans. Hier het ek n trop van ses swartwitpens bulle gesien soos ek nog nooit gesien het nie. Ek het n klient gehad wat op pad was en sou hom hierheen bring.
Ratelfontein was n uur se ry weg en ek wou net eers daar kom en dan verder beplan. Dit is een van die mooi fonteine van die suidelike Chobe en het baie mooi bome gehad en die groep boesmans van Leeuboom was nou hier uitgekamp. Jan Hugo het hulle gaan groet want hulle was ook al by ons en die twee nuwelinge was reg en gesond. Hulle was effens honger en ek het sommer by die fontein wat so ses honderd meter weg was twee ou droe gemsbok koeie geskiet en opgelaai vir hulle. Weer het die film man alles afgeneem en ek het dat ons iets eet want dit sou laat word voor ons by Serapa sou kom. Ek moes van hier af reg oos ry na die pad wat Francistown met Kasangula verbind het en ek het nie geweet toe ek by die pad kom of Serapa links of regs van die grootpad was nie. Daar was n groot wildevy langs die pad en ons het iets gedrink en n voertuig met Duitsers het gekom en hulle kon my vertel dat hulle by die vulstasie by Serapa vol gemaak het en dat dit 18 myl suid van my was. Ek het hulle gese om om te draai want hulle sou nie die volgende slaap plak haal voor ses nie. Dit was heerlik om net weer op n pad te kon ry en ons was gou by die plek. Ek het gekyk op die spoed meter en gesien dat ek 196 myl gery het en alles was net deur die veld sonder paaie. My lyf was taamlik verinneweer en ons het teen ses uur by Serapa aan gekom.
Otto Hessler, wat deel van die bouspan was wat Nyati gebou het ,was nou Kabous se bestuurder by die plek. Hier was n uitkamp plek en swembad en dan die vulstasie met n kroeg en en n winkel en die bevolking het ook hier van hulle ware verkoop. Geen voertuie was na ses en voor ses toegelaat om te ry nie en baie vragmotors en toer operateurs en siviele mense het hier in chalets geslaap of net uitgekamp. Dit was al beskawing tussen Kasangula of Ngoma en Francistown en hier het baie sanksie brekers gery met ware vir die Caprivi, Rhodesie en ook Zambie. Swaar vragmotors met hulle geheime vragte en selfs van ons weermag het hier deur gery na die Caprivi. Toe Otto dit vir my vertel was ek baie verbaas want Botswana wou nie deel van die konflik in Afrika wees nie. Ek het geweet dat ons weermag van Bulawyo af ry maar nie dat hulle deur die land gery het nie. Ons Wankie konsessie was ten noorde van Serapa en ek het die plek waar Rob en Piet was goed geken en ek en Jakkie en Jeannie het ook al gehelp olifante skiet by Wankie. Dit was ook waar die sjah van Persie se dronk seun gejag het maar ek het nog nooit die pad tussen die twee konsessies gery nie. Otto het vir Noel Wood gekontak wat by Wankie was en hy het kom kuier. Hulle was dertig myl na die noorde toe en ons het sommer langs die swembad gekamp. My boesmans het agter in Otto se agterplaas geslaap in sy motorhuis en ek het eers gaan seker maak dat hulle reg was en hulle het een sak met die leeuvel by hulle gehad. Ek wou die rede weet daarvoor en hulle het gese dat hulle moeg was en nie wou gepla word deur honde nie. Die reuk sou die honde weghou. Baie innoverend en ek het net meer respek vir die natuurmense gekry.
Ek het werklik n goeie nag se rus nodig gehad maar het eers die kaart vir die staat ingevul want Livingstone het by Ratelfontein gekamp vir drie dae om sy mense en diere te laat rus en hy was hier deur n leeu gebyt maar nie ernstig nie. Ek sou terug keer na die plek en dan van daar af noord gaan tot by die Wildevye bos wat hy beskryf het en ek geken het. Hier was n ander jag konsessie van Engelsprekende mense wat ek ook geken het en ek sou sommer n mate van inspeksie doen en net die staat se stempel effens wys. Hulle was vroeer jagters van Selby maar dinge het versuur tussen hulle en hulle het nou op hulle eie gejag. Hulle het my geken en geweet dat ek vir die staat werk en sou kom inspeksie doen een of ander tyd.
Ek het in die koel water van die swembad afgekoel, dit was warm en daar het maar gedurig toeriste ook geslaap en ek sou sommer onder die bakkie slaap met die leeuvel bo op en die honde sou my ook nie pla nie. Jeannie sou by Otto se vrou gaan slaap en die ander het hulle plekke gehad. Ek en Noel het onder die groot Tambotie gesels oor sy konsessie en oor die getalle en of hy tevrede was met sy werk by Selby. Ek het vir Rob Khatz en Pieter Vlok gemis en gewonder waar hulle was en hoe Pieter by Maties as eerste jaar sou aanpas. Dit was nie die posisie vir n valskerm offsier en n groot wild jagter nie. Hy sou nie die drama van eerste jaar inlywing gevat het nie, daarvoor was hy net ervare. Rob was by die Taakmag en ek het my bedenkinge daaroor ook gehad, hy was onverskrokke en sy mense verhoudinge het hom af en toe in die steek gelaat en hy was gou om sy vuiste te gebruik. Noel was nog steeds besig met olifante uitskiet as hy nie kliente gehad het nie. Daar was by hom n hele paar honderd ponders maar hulle het heen en weer oor die grens gegaan en die weermag het nog steeds die grens gepatroleer en hulle was baie gedissiplineerd.
Jeannie het vir ons hoender gekoop by die winkel en die ander vrouens het gebraai, ek het gewoonlik self gebraai maar ons was werklik te moeg van die bakkies se ryery. Die hardekool vuur het lank geneem vir kole en ek het later van die koue bier en whisky vaak geword en sy – kos gebring. Ek kon ook tabak vir my en die boesmans gaan koop en natuurlik lekkers waarop hulle so versot was. Ek het dit vir die boesmans geneem en elkeen n “quart” bier en Jas was nog steeds doenig met Sixty. Hy was bang die leeuvel sou vir Sixty weer n ongeluk laat oor kom. Ek het hom aan gepraat, grappe moes einde kry en hy sou nie by die huis die goed praat nie, hy sou sambok kry. Dit was die een ding wat hulle goed verstaan het, Manwasi se seekoei sambok.
Daar het toeriste ook na die vuur toe gekom maar ek was werklik nie lus vir vreemdes nie en John het vir hulle alles vertel van ons doen en late en wat ek al geskiet het en dat ek en Noel jagters is. Ek het hom laat begaan, hy was baie beter en kon die maanlig leeus nie genoeg vertel en beskryf nie. Die toeriste het my later kom pla maar ek was werklik nie in n gemoed om te gesels nie en Jeannie het my verlos. Sy het haar by Otto se vrou gaan inkleur en mooi aan getrek en almal wou haar lewens verhaal hoor. Sy het ongelooflik mooi gelyk met die blonde lokke teen die rooi Hardekool vuur en sy was lus vir gesels en ek het geweet dat sy die more weer sou kla as sy moes roer. John het die beste vertel en ingekleur en telkens na my en Noel Wood verwys wat onder die Tambotie gerus het. Ons het gepraat oor werk en jagdinge en die tonne ivoor wat al weer by hom was en hoe hy gerookte vleis aan die vragmotor manne verkoop of geruil het. Hy was Portugees magtig tot n mate en al ons Portugese jagters en ook Spanjaarde het ons na hom verwys. Hy het n baie goeie konsessie gehad en Rob en Piet het die plek baie mooi opgebou en n baie goeie naam gegee en baie jagters wou net daar jag.
Ek het vaak geword en Noel het gery want hy kon in die nag ry en ek was bang dat dit sou reen en n entjie weg was n rietdak lapa en ek het my komberse geneem en onder die lapa in getrek met die spul wat nog raas by die vuur. My gewere het langs my gele want daar was baie soorte mense en ek het gaan slaap. Dit was half tien na ek met my Ma gepraat het en n rustige slaap het my seer lyf oorval. Daar was wolke voor die volmaan en ek het geweet dat dit maklik kon reen en ek was dankbaar dat ek verlos was van die stampgat bakkie. Die eerste donderweer het net na vier begin en Bruce en Jan wie se vrouens ook in Otto se huis geslaap het, het ook onder die lapa in getrek. Ek het koud gekry en die sweet het my afgeloop en het gewonder wat my makeer. Tog het ek weer geslaap en eers ligdag wakker geword en geweet dat ek siek was. Dit was nie malaria nie want ek het dit al twee maal gehad en ook nie my maag nie. Ek het n bosluis drie dae tevore onder die stort uit my lies afgetrek en die koue sweet kon net bosluis koors wees. Dit het verklaar dat ek so moeg was die vorige dag en aand. Daar was n kliniek by Panda Matenga en ek moes so gou as moontlik daar uitkom. Dit was meer as n uur se ry noord verby die Wankie konsessie. Bruce het my oog met sy vinger oop gemaak en bekyk en gese dat ek geel is en John se dokter gaan roep. Hy was seker dat dit bosluis koors was en het my n binne aarse inspuiting gegee en ek het bykans dadelik beter gevoel, tog baie pap en sonder krag. Die koue sweet het darem opgehou en ek het weer aan die slaap geraak onder die lapa. Dit was al tien uur en almal was wakker en Jeannie was by my toe ek wakker word. Ek het baie beter gevoel en sy het weer vir die dokter, James, gaan roep. Hy het weer bloed getrek wat hy so baie met John gedoen het en dit in sy ding wat soos n teleskoop gelyk het gesit en bekyk en ek het gewonder wat hy van bosluis koors weet. Hy was van die VSA waar seker nie sulke goed was nie. Hy was van Kentucky en het bosluis koors geken en sy teleskoop het ook gese dat dit bosluis koors was. Hy sou my elke vier ure n ampule in die aar spuit en ek sou reg wees na 24 uur. Ek het gewonder en voorgestel dat ons na die nonne by Panda moes ry. Hy het gese dat hulle niks meer sou kon doen nie en dat hy voorbereid gekom het na Afrika.
Ek was werklik vies vir myself en omgekrap, siekte was nie vir n jong man nie en ek wou klaar maak en huis toe gaan. Hulle wou my in Otto se huis in vat maar ek het lekker onder die lapa gele en die vulstasie en die winkel en kroeg en die voertuie en die pad gele en kyk en teen twee uur was ek beter en het gaan swem en in die water afgekoel. Jas het kom vra of hulle by mense wat hy geken het kon gaan kuier en ek het gese dat hulle net teen donker moes terug wees en ook nugter moes wees of die sambok sou praat. Hy was kastig baie bekommerd oor my en wou net gaan hoor wat sy mense doen met so n geval. Daar het redelik voertuie gekom en gegaan en van die vustasie of die winkel en drankwinkel gebruik gemaak. Ek was tot n mate bly dat ek kon sien wat daar aangaan en dat dit volgens Kabous my beste koop ooit was. Die ander het gery om n Tswana kamp te gaan besoek en ek en Jeannie was alleen by die lapa en Otto het gelyk of hy n sukses maak van die besigheid. Dit was heerlik om net te rus en my lyf was seer maar ek was teen die middag baie beter en James het my nog n ampule gegee en ook pille wat volgens hom n “booster” was. Hy sou my nog twee gee en dan weer bloed toets. Ek en Jeannie het in die kroeg gaan eet en sy het weer die gebruiklike Vodka gedrink wat haar wange so laat gloei het. Die beesvleis was werklik lekker en ek het die kroegman gevra of ek kon rou vleis koop by hulle. Omdat hulle langs die pad gelee was het hulle alles gehad soos vars groente en vrugte en ek het gewonder of ek nie maar die staat se werk moes los en hier kom woon nie. Jeannie wou nie, daar was te veel mense wat gekom en gegaan het. Ek het die volgende more n hele koelboks vol bees steaks gekoop en dit het ek net vir my en Jeannie gehou. Ek was werklik deur geeet aan eland en wors en ons het nie eens altyd eiers gehad nie en ek kon ook n groot voorraad spek koop. Jeannie het ook n groot voorraad gekoop van dit wat ons maar nooit gehad het nie en ons het mekaar gespot met die supermark inkope.
James het my teen die aand nog n ampule gegee en ek het met die kaart gaan sit en besluit dat ek net na die ander konsessie sou ry en net n reguit lyn sou trek van hulle af na Ratelfontein en van hulle na Panda Matenga en van daar was die pad bekend na Kasangula. Ek sou hulle net uitvra oor die fonteine en watergate en die omarambas. Ek wou die volgende aand by die huis wees. Kabous het my op die radio geroep en gese dat Piet saam met Katwindi n baie groot luiperd geskiet het, ek was baie dankbaar dat ek nie by was nie. Hy het gese dat ek maar kon koop by die winkel al het ek nie genoeg geld nie, hy sou kom betaal oor drie dae. Ek het gelukkig genoeg gehad. Die boesmans het gekom en was nugter en ek het weer vir elk een n groot bier gekoop en genoeg beesvleis dat hulle ook n slag kon lekker eet en appels en ander vrugte. Jas het vir my doepa van n toordokter gegee wat ek onder my voete moes smeer, ek het gewag dat hy loop en die goed in die asblik gaan gooi. James het my 12 uur die aand kom wakker maak en die laaste ampule gegee, ek het baie goed gevoel en geslaap tot bykans ligdag.
Ons het vroeg geroer en James het weer bloed gekyk en my nog n ampule gegee en ek was werklik so gesond soos lanklaas en het die pad gevat tot by Wildevybos se afdraai. Die jagters het die vorige middag n kameelperd geskiet en hulle was taamlik besig maar bly om ons te sien en ek kon my kaart hier reg invul. Dit was n mooi basis wen hulle het dinge volgens die wet gedoen en ek het baie gou weer gery. Hulle kliente was Swede en ook n taal wat Jeannie kon praat want haar ma was van Swede en van dieselfde stad. Ek het gesukkel om haar daar weg te kry en baie gou by Noel by die Wankie konsessie aan gery. Die stink reuk van ivoor het my altyd hier gepla maar sy dinge was ook reg en ek is na Panda Matenga wat maar net n gehuggie was met n naam. Ek wou die nonne hier gaan sien en het hulle vertel van my koors. James het dit met hulle bespreek en dit was presies wat hulle ook gedoen het. Die mense het ook n goeie handels netwerk gehad met die vragmotor drywers. Ons het n veld pad gehad van hier af reguit huis toe en weer was dit sewentig myl se veld ry en ek het net voor vyf by Nyati aan gekom. Ons het wondelike mooi wild gesien maar ek was haastig huis toe en die honde wou vir Jeannie opvreet toe ons by die huis kom.
Piet het met sy seer voete na my toe gekom en kom spog met sy kat. Katwindi was die beste jagter ooit en Luka ook en ek was dankbaar dat ek nie so n goeie jagter was nie. Daar was nog net die leeu by my en dan die seekoei en die krok by Jakkie en sy jag sou afgehandel wees. Ek het gese dat ek vir Luka en Katwindi sou saamstuur na Jakkie toe want hy was besig en hulle kon dan maar gaan skiet. Hulle moes sommer die volgende more donker ry en die krok en seekoei gaan skiet,dit was nie nodig om ver te loop daarvoor nie. Piet het weer van sy duurste whisky gebring na die dek toe om sy kat te vier. Ek en Bruce het die kaart klaar gemaak en hy moes dit aan die staat stuur. Ek het die taksidermie manne gaan waarsku dat daar vroeg gery sou word en my boesmans huistoe gestuur.
Die medisyne wat James my in gespuit het was werklik baie goed en ek was bykans normaal. Ek het hom gevra om die oortollige by my te los as hy weer terug sou gaan na die VSA. Hy sou baie ander goed ook los en het gese dat John se behandeling n reuse sukses was. Ek was baie dankbaar vir die man. Maria het my kom roep, daar was nog twee skaap afvalle wat Jakkie se ouers voor Kersfees vir my gestuur het en sy het dit vir my gaar gemaak toe Jeannie vir haar op die radio se dat ek siek was.
Die skaap was heerlik met die vars brood en stamp mielies en aartappels en ek was dankbaar dat so baie mense nie afval eet nie. Daar was genoeg vir n paar dae en ek sou dit sorgvuldig in die yskas sit.
10 Maart 1978