Jakkie se probleem olifant sonder beskikbare jagters
Jakkie was die goedheid self, komende van Namakwaland en n lang maer man wat n wonderlike natuurlike skut was. Hy was n top valskerm offisier en het n baie droe humorsin gehad, maar hy was n baie verantwoordelike man en het gelei met sy optrede. Hy het altyd gespot met sy gebrekkige kennis van die Engelse taal en sy kop was baie lig vir alkohol, net twee biere en hy was effe geswaai en dan was hy werklik snaaks soos net die mense van sy wereld kon wees. Hy was n uitsondelike goeie atleet en baie fiks en het elke dag gedraf en hy was die nuwe safari leier van die Linyati konsessie en hy het baie goed gedoen, beter as ek. Ek het hom altyd beskou as n man met baie goeie mense verhoudinge omdat hy so ongelooflik eerlik en nederig was en die regte snaakste dinge op die regte tye kon kwytraak. Dit was maar moeilik vir ons almal wat die een of ander tyd in leiers posisies was, daar was op mense se tone getrap, wetend of onwetend maar dit het ons almal al oorgekom. Jakkie het gebry soos n Swartlander en ek het hom nog nooit kwaad gesien nie. Hy was ook soos ek n dissipel van dissipline en regverdigheid, en hy het n reguit pad geloop. Hy was getroud met Naomi ook van Springbok en sy was die Liefde van self.
Jakkie het met my op die radio gepraat. “ Pine jy moet my assblief kom help met n probleem olifant, ek het my wit jagters terug gestuur na Makuku en ek benodig hulp. Hoekom het jy nie jagters nie en hoekom weet ek nie daarvan nie? Dis n lang storie, kom jy en een jagter en help my die bul skiet dan sal jy wel hoor. Goed Jakkie ek bring vir Luka en Katwindi en nie boesmans nie en ons sal met twee bakkies ry. Ek sal vanaand by jou kom slaap, maak reg vir ons drie. Sien jou vanaad Pine.” Ek kon hoor my ou maat met wie ek al so lank saam geloop het was nie lekker nie en ek het laat Luka ons gewere en voertuie reg kry en ek het vir Jeannie genooi maar sy was te besig met die siek boesman kinders. Terwyl hulle die bakkies gepak het, het ek vir John gaan groet, hy wou saam kom maar ek het hom afgeraai. Olifant bulle was vermoeiend en gevaarlik en ek wou nie risiko’s loop nie. Selby het vir Jakkie altyd Jackie genoem en ek was nog besig om daaraan te dink om hom te roep toe hy bler op die radio. Ek het vir Jeannie gestuur om my eers n kans te gee om vir Temba aan te stel in my plek en om my dinge net eers in orde te kry en vir Bruce Kinlock te laat weet dat ek n paar dae sou weg wees en my reelings te maak. Dit was moeilik want dit was reen tyd en ek kon nie net gaan nie, daar het gedurig iets opgeduik wat aandag gevra het.
“ Boertjie, Jackie has fired both his white hunters, they’ve just arrived here and cannot give me a reason for his behaviour, go to the Linyati and sort this mess out. I am sending two of the best Afrikaner hunters that I’ve got here. They will leave first thing tomorrow. I am on my way to Jakkie to sort some difficult jumbo out Oom, I spoke to him just now and will come back to you on this issue. He would not have fired them without any reason. They will be there tomorrow Boertjie. Meanwhile sort the jumbo out and let me know what the hell is going on. I will do so Oom. He also has this hunter from Rhodesia that did control work with Don Heath, his name is Lungani and also a Matabele and a damn good hunter. I will find out everything Oom and let you know.” Ek kon hoor dat iewers iets nie pluis was nie en dat iemand aan iets moes skuldig wees en ons het die bakkies geneem en Luka het by my kom sit voor in en Katwindi was alleen in my ander bakkie en ons is met die nuwe pad tot by die groot pad na die Chobe en Kasangula en hier het ons met Jakkie se pad gery wat n baie swakker pad was. Ons is verby die Komane panne in die rigting van die Gubatcha heuwels waar die swartwitpens my so amper gesteek het en Ben hom met n haelgeweer geskiet het. Hier het die water nog die hele vlakte vol gestaan en ons is deur so 30 cm water vir myle aan een oor die Savuti se vloedvlaktes. Daar was nie so baie wild soos ek verwag het nie en Luka het gese dat dit oor die water was. Ons is verby n nedersetting wat Miapen genoem was en ek het gehoop dat die water moes sak vir hulle lande en tuine want die groente sou versuip. Ons was so net na vyf met die son nog hoog by die Linyati. Nader aan die rivier was die water meer in kanale en omarambas en het die wereld meer droog gelyk hoewel dit baie nat was. Dit was maar soos ek die konsessie geken het.
Die boesmans het my kom groet, Naartjie en Koes en Kwevoel en Toontjies en hulle kinders en ek het die lekkers wat Jeannie gestuur het gegee en bietjie gesels maar ek wou nie uitvra oor die wit jagters nie. Jakkie het sy mense net soos in militere kampe gehanteer en hulle het hom op sy rang genoem en moes elke more aantree en hulle was gaande daar oor om netjies en soos soldate te lyk. Die Matabele jagters het ons as ons gelyke behandel en hulle het saam met ons gewoon hoewel hulle graag eenkant wou wees en maar altyd was. By samesprekings het hulle kom bysit en dan geloop. Die meeste van hulle was van Rhodesie afkomstig en het baie jare se ondervinding gehad. Ek het nie sy nuwe swart jagters geken nie en sou hulle graag wou ontmoet. Volgens my boeke was sy laaste jagters die vorige week weg en sou hy binne dae ander kliente kry.
Ek het die basis so goed geken en het lank daar gebly en is met n baie swaar gemoed weg by die mooi plek want ek was werklik baie gelukkig en het eintlik maar Botswana daar leer ken. Jakkie en Naomi het gekom en ons is dadelik kroeg toe langs die swembad wat maar altyd die bymekaar kom plek was. Hy was stiller as gewoonlik en ek het met die deur in die huis geval. “ Pine dit het nou vier maal gebeur dat die twee manne se moed hulle begewe het by gevaarlik opvolge. Drie maal by buffels en een maal met n leeu eergister, toe ek praat van die probleem olifant wat die bevolking pla het hulle botweg geweier om saam te gaan. Dit is nie net n swak voorbeeld vir almal die boesmans inkluis nie, maar ek moet op my mede jagters kan staat maak soos ek en jy al die jare kon doen. Ek sal gou vir Lungani gaan roep dat jy hom ontmoet, was dit nie vir hom by die leeu nie was daar groot probleme. Ek het hulle 375 en 404 hier gehou en ek geen nie n m……. om wat Selby se nie. Ek gaan nou net soos jy net met swart jagters jag, my man gaan more my twee nuwe jagters loop haal in Rhodesie. Ek is keelvol vir elke tweede naweek op Vic Falls of by Maun of sommer net gou huis toe vlieg terwyl ek moet werk met kliente. As dit dan op die punt van groot moeilikheid kom dan staan ek alleen en moet na my self kyk.” Jakkie was baie boos en ek het hom laat begaan. Hy het vir Lungani gaan haal en ek het die grote man met bykans bewondering aan gekyk. Ek het hom by die uitskiet van die Wankie konsessie gesien toe ek en Jeannie in Rhodesie was en hy het my herken. Ek kon baie min name onthou in my lewe maar gesigte het ek nogal onthou. Hy het saam met Jim Cameron, Mike se broer gejag en ek wou weet hoeveel olifante hy al geskiet het, hy was baie beskeie, “must be more than two thousand sir. I’ve been hunting since I was sixteen and have never stopped.” Ek het geweet dat Jim hom baie hoog aan geslaan het en dat hy net nog n vlugteling was van n land met so vele probleme. Ek het in Matabele oorgeslaan en lank met hom gepraat. Hy sou nog twee jagters loop haal in sy land. Ek was hartseer en ook bly. Hier was mense wat Jakkie so nodig gehad het bereid om te werk en daar was dieselfde geleenthede wat ek gehad het wat nou verlore was vir mense van my eie nasie. Ek wou nog vir oulaas probeer. “ Jakkie jy kan nie Matabele praat nie, hoe gaan jy gesels met jou mense? Ek kan darem tot n mate Engels praat Pine, dit is hulle tweede taal.” Ek het geweet dat Jakkie klaar besluit het net soos ek destyds, maar my besluit was op n baie meer politieke front gedryf as syne wat net prakties was. Ek het vir Selby op die radio geroep en ons het lank, te lank gepraat, die werk moes gedoen word, my nasie was nie bereid nie. Ek moes dit tot my spyt erken. Ons het n besigheid bedryf wat moes aangaan en winste toon. Dit was al feite op die tafel. Tog het ek ingestem dat hy twee nuwe jagters stuur die volgende dag. Ek sou hulle self sien en vertel wat die feite was.
Die feit van inheemse jagters was so oud soos die berge en het gekom saam met die ou koloniale beleid en sy jagters. Die inheemse mense was baie meer natuurlike jagters as ons westerlinge en ek moes dit al in my eerste jaar erken, hulle kennis van diere en veldkuns was bykans in hulle geteel. Hulle het nie die vrees geken wat ons mee groot gemaak was nie en hulle het net die voorsprong gehad waarmee ons nie groot geword het nie. Daar was hard gedruk op konsessies en ondernemers en die werk moes onder baie moeilike omstandighede met bykans onbereikbare keerdatums gedoen word. Die man aan die stuur van sake was die een wat moes die spit afbyt en ek het dit baie goed geken. “ Jakkie doen wat jy goed dink. Dit is jou konsessie en jy slaan die ghitaar, as iets nie werk nie kan jy nie daarmee volhou nie. Tog laat ek more twee nuwe wit jagters kom en met hulle sal ek self mee praat maar gaan haal jou twee in Rhodesie. Dit is net goed om altyd te veel jagters te he. Ek weet nie van beter as Luka en Katwindi nie en ek wil nie ander he nie. Ons verstaan mekaar en hulle bring hulle kant en sal my nie los voor n leeu nie. Ek is bly jy verstaan Pine. Ek is net g…vol vir mense wat my ‘drop” wanneer ek dit die minste kan bekostig. Ek verstaan Jakkie. Kom ons drink n drankie en gaan skiet more jou bul wat jou laat wakker le. Dankie Pine, jy haal n swaar klip van my hart af.”
Jakkie het twee boesmans laat saam kom om ons kos te dra en ons sou op die spoor slaap indien nodig of in naby gelee nedersttings. Ons het gery tot by Katchikau waar hy laas gesien was en die mense het ons in die rigting van Kataba gestuur waar hy weer gepla het en ons sy spoor kon optel. Hy het die beeste en ander vee van die bevolking dood gemaak en dit bykans fyn geknie na hy hulle met die slurp opgetel en deurboor het. Hy moes deur mense sy afsku gekry het in mak diere en dit met die mensdom verbind het. Olifante is slim diere en dit het al baie male gebeur dat ou bulle en selfs koeie dit op mense begin doen en selfs toeriste binne die parke. Omdat ons aan verskillende lande gegrens het kon die misdaad buite Botswana gebeur het en was die wat daarvoor verantwoordelik was dalk baie ver van ons af. Dit was vir my altyd n tragedie wat kon voorkom gewees het en ook dan n mens gemaakte een. Sulke bulle was slu en gevaarlik en het geweet dat mense die een of ander tyd hulle gaan agtervolg. Om hulle met bang jagters te wou skiet sou bykans selfmoord wees. Hulle was gewoonlik gelaai met adrenalien en haat jeens mense en het baie fyn skietkuns en veld kuns geneem om uit te haal. Dit was reenseisoen, die wereld was nat en die water het op plekke hoer as kniehoogte gestaan, ons het met rugby broeke en tekkies gejag en dit was moeilik om spore te lees in die staande water en die lopende omarambas. Die ou man het ook alleen geloop wat snaaks was maar nie ongewoon nie, ons het dit al n paar male teegekom. Luka en Katwindi het gese dat hulle gewoonlik seer plekke het as hulle alleen loop. Die Savuti en die Linyati bos was ruig die tyd van die jaar en om net n droe plek te kon kry om te rus was al n probleem, ook het hulle baie myle ver beweeg waar hulle kwaad gedoen het deur die nag. Ons sou teen donker ry met twee bakkies en Jakkie se hoof boesman Naartjie kon bestuur en sou agter ry en ons almal met my bakkie voor.
Ons is na Kataba waar hy laaste gesien was en die mense het ons na Ivuwe beduie want hy was daarheen op pad en die tromme het dit ook vertaal en ek het die bakkies gedruk deur die water wat so halfbandhoogte was. By Kataba het hy beeste dood gemaak en ek het vinnig n opname gemaak sodat die staat die mense kon betaal vir hulle skade. Ons het hard gdruk tot by Ivuwe waar daar mense wat gaan droe hout soek het byna getrap was deur die bul en hy was op pad na Satau. Dit was n lekker oop vloedvlakte en ons kon vinnig vorder deur die water en net voor Satau het hy reg suid gedraai in die rigting van Nunga. Ek het die wereld baie goed geken en die manne op die dak laat sit want dit was n groot vloed vlakte en ek was baie dankbaar dat hy nie die hoe riete van die rivier gekies het nie. Ons was vyf manne met gewere en Lungani het ook sy 404 gehad en ons het hulle laat bo-op sit om beter te kon sien. Ek en Jakkie het oor die wild gepraat wat nog meer in die suide was en later as gewoonlik na die nat wereld sou terug keer. Dit was n land van geweldige kontraste, in die suide was plekke waar water so skaars was en hier was weer hopeloos te veel, ook net vir vier maande dan sou die reen ophou en sou dit agt maande niks reen nie. Jakkie was nog steeds baie ontevrede met die jagters wat hom in die steek gelaat het en hy het vir Selby daarvoor verkwalik. Hulle was vir ses maande by hom waar hulle moes leer en dit het nie gewerk nie. Luka het gese dat die spoor baie warm word en ek het gestop en ons moes planne maak.
Omdat sulke bulle op eie aangewese was, was hulle baie oplettend en moeilik om te verras en ek wou weet hoe ver hy was want dit was net water rondom ons. Hy het gereken dat ons nog n rukkie moes hard druk op die spore want die veld was redelik oop en kaal en ons sou hom kon sien. Ons het weer te hard gedruk met die bakkies en na seker n halfuur het dit begin meer ruig word en ek het besluit dat ons moes begin loop. Jakkie het anders geredeer, ons kon nie die spoed van die bul op ons voete deur die water klop nie. Ons moes maar ry tot ons hom sien en dan wegjaag indien nodig of hom van die bakkie af skiet. Ek het dit so aan Luka en die ander twee verduidelik en hulle moes reg wees vir aksie of die bul sou die bakkie trap. Die toestande was werklik nie gunstig vir olifant skiet nie en die man het baie vinnig beweeg. Ek het seker vyftien minute gery toe hulle my stop en reg wes van ons was n kol Wildevye en dit was so honderd meter ver. Hulle was seker dat hy daar sou wegkruip ek het die bakkie se neus soontoe gedraai en ons het uitgeklim. Dit is altyd moeilik om die gedrag van diere vooraf te voorspel en hier was die inheemse mense baie beter as ek wat ook al langer as twee jaar hier gejag het. Ek was bevrees vir die vyf gewere en het op die neus gaan sit om dan ook vinnig die bakkie te probeer red as dit moes. Jakkie en Lungani het die bos van die regterkant benader en Luka en Katwindi van links en hulle sou nie in mekaar se rigting skiet nie. Ek sou wegjaag met die bakkie of skiet as hy in my rigting sou kom.
Tussen die vye bome het daar palms gestaan en ek het altyd gewonder hoekom die wereld se plantegroei so kon verskil. Die hele vloedvlakte het maar gras en Kameeldorings en hier en daar n Worsboom of Maroela gehad. Dan skielik sou jy Mopanies en Jakkalsbessies kry en as jy effens noord sou gaan weer die Koorsboom woude. Wonderlik want baie male staan die bome maar etlike honderd meter van mekaar af. Die eilande met Palms en Vye het soos groen tuine uitgestaan en dit was hier waar die meeste diere hulle kleintjies gekry het en waar die skelm manne vir die jagters weggekruip het as hulle dalk al geraak was met n geweer. Buffels en leeus en alles wat kwaad was het die plekke vir hulle hinderlae opgesoek en soos weerlig van naby gestorm en jy moes baie male jou skiet ken en baie geluk aan jou kant he. Dit was die dinge wat te veel was vir Jakkie se juniors en ek kon hulle in n mate nie verkwalik nie. Ek het geweet dat Selby hulle sou huis toe stuur en hulle vir die hele wereld gaan vertel hoe goed hulle gejag het en hoe swak hulle behandel was. Dit was ook hier waar jy nie soos ek moes sit en die natuur waardeer nie maar moes konsentreer en baie noukeurig ook want jou drome en ander dinge in jou kop kon jou ondergang beteken. Hier was Luka en Katwindi op hulle heel beste en hulle het bykans gefloreer op adrenalien en op die instinkte wat deel van hulle herkoms en teling was. Jakkie was weer anders, hy sou stadig loop en geweldig konsentreer, as dit dan moes het hy uit die vuis baie vinnig en dodelik akkuraat geskiet. Hy het die geweer oorgehaal sonder om hom uit die skouer uit te haal en kon werklik elke skoot merk.
Die palms het soos voor n reuse vragmotor oop gebars en die bul was sestig meter van Jakkie af met sy slurp opgerol, sy ore teen sy kop en die water se gespat was al geluid wat gemaak was. Luka het geskree in Matabele dat hy kom en ek kon Jakkie hoor vir Lunganie se “Wait…. Wait…..Take him.” Ek was tagtig meter weg voor die bakkie en het die kop in my V gehad toe die twee skote bykans tegelyk klap en die water vir Jakkie en Lungani natspat soos die bul neerslaan en op sy linkersy neer ploeg in die water. Lunganie het kalm om gestap en die bul tussen die ore gaan skiet en ver af kon ek die tromme van Nunga hoor en die het al hoe harder geraas en is gedraai in baie rigtings en Afrika se telegraaf diens was hard aan die werk. Dit was n baie groot bul maar beslis nie baie oud nie en hy het kort maar dik tande gehad en hy het in water gele wat bykans hoer as my rugby kouse was. “ Dis darem wonderlik hoe sag so n grote dier kan storm ne Pine? As hy nie die takke gebreek het nie en daar nie water was nie sou ons hom nie gehoor het nie. Hoekom laat jy hom so naby kom voor julle skiet Jakkie? Ek wou op sestig meter al skiet en jy bly vir Lungani se om te wag. Dis dan soos Selby ons geleer het, jy skiet mos nie nou rietbokke of tssesebbes nie.” Die bul het soos verwag drie spiespunte in hom gehad en ons het die tande uitgesaag en die stert afgesny en die voete gelaai toe die eerste mense aankom. Ek het geweet dat daar teen die aand baie min sou oor wees vir die hienas en die aasvoels.
“ Dankie Pine dat jy my kom help het met die bul en die ergernis van die jagters met Selby uitgesorteer het. Jakkie die ander twee sal seker al by die huis wees, le nou jou reels en regulasies neer en hanteer hulle soos weermag manne tot hulle hulself bewys het. Die kinders is nog jonk en maak ook maar foute, maar om bang te wees by opvolge is geen verskoning nie, dan moet jy nie hier jag nie. Hier skiet ons groot wild en baie daarvan, ek sal ook met hulle gesels voor ek ry more. Kabous gaan more Kasangula toe en sal my twee swart jagters oplaai, Lungani gaan saam want hy ken hulle. Dis goed so Jakkie.”
Ons het teen net voor vier by die huis gekom en Jakkie en Kabous wou op die water gaan met die boot. Dit was wat ek die meeste gemis het by die nuwe huis waar ek nou gewoon het. Ons kon alles wat hinder en pla op die boot regmaak en die mooi natuur geniet en net weer die verlore stukkies vriendskap inhaal. “ Wanner gaan jy en Jeannie nou trou Pine? Ek weet nie Kabous, ek is nie die gelukkigste in my nuwe werk en my nuwe plek nie. Daar is te veel staat inmenging en te veel mense wat kom en gaan en te veel verkeer rondom die boesmans. Dit was alles my idee en dit werk alles seepglad, ook die jagte. Tog jag ek omtrent nie en dit is maar my swart jagters wat kliente uitneem want ek is gedurig besig met een of ander krisis. As ek sou gaan trou met Jeannie kan ek dit nie daar doen nie want ons sien mekaar omtrent nooit nie. Ek moet spesifieke toere of jagte reel om haar alleen te kry en ons ontspan nie regtig nie. Ek mis my jagdae hier langs die Linyati. Dan kan jy mos maar net so wel my vennoot in die Lodge ook word en hier kom woon. Ons het klaar die Serapa besigheid saam. Dit is iets om oor na te dink Kabous. Tog sal ek nie die projek so gou los nie, ek het te veel mense my woord gegee.” Ver het die visarende begin praat van gaan slaap en die bosfisante mekaar begin roep en die seekoeie begin raas en ek het geweet dat van my lekkerste dae hier langs die Linyati was. Ek het die rustigheid gemis en vir Jeannie gebel en gese dat ons die bul geskiet het en veilig was.
Sy wou weet van die diere wat sy daar gelos het, die trassie buffel was nog net so vol liefde en het by die swembad gele saam met die zebra wat nou al n groot esel was. Die vlakvark was weer met kleintjies langs die vuur en het al hoe nader geskuif hoe koeler die suide wind geword het. Dit was so rustig en ek het in my ou kamer gaan slaap en na Jeannie se neushorings en die nagape geluister en besef hoe ek die plek mis en eensklaps vreeslik na haar verlang. Daar sou moes n mate van rustigheid kom waar ons mekaar net meer moes geniet. My nuwe plek het te veel slaap plekke gehad en dit het mense gebring wat op my privaatheid inbreuk gemaak het. Dit sou moes verander, ek was te ver weg van die bos en sy diere, dit waarvoor ek in die eerste plek na Afrika gekom het. Ek het haar weer gebel en gese hoe lief ek vir haar is. Die satalietfoon was een voordeel van n staats amptenaar.
21 Maart 1978