Jongste aktiwiteit:

Jammerhartigheid
vir

Jammerhartigheid

Ek glo tot vandag nog dat n jagter n diereliefhebber is en dat hulle baie deernis vir die natuur het. In elk geval is dit die gevoel wat ek na baie jare nog by die meeste jagters ondervind. Hulle het die grootste waardering vir dit wat hulle sien en ondervind. Baie manne sit dit op films en baie dra dit in die hart saam. Jagters is nie moordenaars nie, hulle is benutters van die natuur wat maar net n oer oue instink van die mens is. Op elke reel is daar sekerlik uitsonderings maar ek het dit nog baie min ondervind. Daar sal seker altyd skieters en mal slagters ook wees, ek ken gelukkig baie min van hulle.

Die gedeelte waar ek in Botswana was het n baie digter bevolking van wild as die Kruger Wildtuin gehad en op bykans enige plek kon jy stop en jy sou diere van n hele paar spesies sien. Baie, baie mooi en werklik n lushof. Die natuur kan uit n menslike oogpunt ook wreed wees, as hienas n zebra bykans lewendig opvreet dan het ek gewoonlik maar verby gehou en tot vandag hou ek nie daarvan nie. Dit is egter net so normaal soos die eland wat staan en boesmangras vreet. Dit was nogal iets om aan gewoond te raak wat ek nooit werklik bemeester het nie. Alle toeriste en fotograwe wou n “kill” sien, ek het nie daarvan gehou nie hoewel ek baie gesien het. As n ratel n slang vang dan was dit vir my meer aanvaarbaar as wildehonde wat n rooibok vang. Miskien het ek nie gehou van opposisie nie, ek het baie ingemeng waar kameelperde byna gevang was wat nie regverdig was teenoor die leeus of hienas nie. Later het ek geleer dat die roofdiere net so n bestaansreg het soos die ander waarvoor ek n jammerte gehad het. Tog was dit moeilik om nie in te meng nie. Selby se eerste lesing aan ons was dat ons stille toeskouers moes wees, ek was nie. As ek nie gehou het van wat ek gesien het nie het ek baie male my menslike stempel afgedruk. As die leeus die hele nag met n ou buffel baklei het en teen die oggendure hoor jy sy laaste brul, dan moes dit normaal wees want hulle kon nou begin eet. Die wildehonde wat n pasgebore eland kalfie by sy ma kom haal en aan stukke trek was ook normaal. Dit was die minder mooi gedeelte vir my, ons verskil mos maar almal van mekaar. Dit was wat ons daagliks gesien en ondervind het, tog kon ek byna nooit daarby aanpas nie. Die liefde en jammerte vir diere was net so sterk soos die jagtersinstink. Baie moeilike gevoel om te verklaar, maar dit was maar soos ek en baie wat ek geken het was. Wreedheid soos die mens dit sien was nie vir my nie. Tog was daar ook mooiheid in die natuur se wreedheid, dit het afgehang uit watter hoek jy dit sou sien en het verskil van mens tot mens. “Eat or be eaten” dit is maar die wet van die bos en Afrika, dit het ook tot baie onlangs nog vir baie volke van Afrika sin gemaak, veral die met die AK 47,s.

Die Siemens jag was verby en Lothar en sy maat is terug en ek het hulle self na Maun geneem om die datums by Selby se kantoor op te dateer. Hulle was baie tevrede met hulle jagtog en ek het geweet dat Siemens een van ons grootste kiente sou wees en bly. Daar was nege dae oor voor ek weer jagters sou kry en Luka en Temba en Katwindi was op die Mababe vlaktes agter olifante aan en ek en Herman en Xolile was die manne wat sou sorg vir die volgende groep. Een van die vorige jagters van Siemens het vir my n nuwe geweer gestuur. Dit was die man wat by was toe die olifant ons spoor geneem het en ek en Jakkie die olifant moes skiet. Dit was n Voere 8×68 met n Zeiss 6 vergroting teleskoop op. Die geweer was splinternuut en nog in sy verpakking met n baie mooi brief by. Vir alle praktiese doeleindes is die Voere maar net n Mauser met die bekende aksie en al en op die loop was n “rib” waarop my naam was en van wie die geweer geskenk was. Baie wonderlike geskenk om te ontvang en ek het vanaf Selby die man geskakel en hom innig bedank. Selby het vir my n pak 500 .22 patrone gegee want my boesmans moes leer skiet en sou by die geweer begin. Ons kon darem nie swakker vaar as by Jakkie waar syne kon skiet en bestuur nie. Ek het vir Herman eers terug gestuur na Kabous toe en sou hom laat weet as die jagters opdaag. Ons het n aand by Selby geslaap en dit geniet maar daar was n paar af dae wat voorgele het en ek wou dit so veel as moontlik benut.

Die DKW jeepie wat ek by Sjoe Sjoe Hudson gekry het was die mees ideale dingetjie om die boesmans mee te leer bestuur en hoewel hy petrol was en maklik kon natspat het hy dit nooit gedoen nie. Ons het hom aan die gang gekry en ek het vir Xolile gese om as die kans daar was die boesmans een vir een te neem vir bestuurslesse. My idee was om die boesman kampies wat ons kunsmatig gemaak het te gaan besoek en veral waar daar net ou mense was wat van ander afhanklik sou wees. Net suidwes van Rooigrond het ons n kampie gehad wat ek Grootvlakte gedoop het en dit was van ons mees suidelike kampe met ook die nagemaakte huisies en n windpomp op. Die laaste groep boesmans wat by Jan Hugo was is soontoe en ek het hulle nie gesien nie want ons was toe met die olifante doenig. Ek het dat Jas en sy maters my stasiewa bakkie pak en ook die ander oop bakkie en ons sou die volgende more vroeg na die geweste gaan. Xolile moes sy geweer saam neem en my drie boesmans sou saam gaan en ons wou drie nagte uitslaap. Dit was altyd onwys om met net een voertuig in die veld ver weg te waag, daar kon net te veel verkeerd loop en dan was jy basies gedoem. Voertuie is na gegaan en diesel is gelaai en alles wat ons gedink het nodig was.

Die migrasie vanaf die suide was nou bykans klaar en die Chobe en die Savuti en selfs langs die Delta was nou baie wild ryk met bykans alle spesies en ons het selfs springbokke verder noord gekry as gewoonlik. Ek het met hulle groot geword en sou as die kans hom voordoen n paar skiet vir eie gebruik. Baie mooi groot bokke wat hier voorgekom het maar hulle het nooit so ver noord gegaan nie en bykans nooit die Chobe reservaat binne gekom nie. Vanjaar was dit effens anders en ek het dit maar aan die kunsmatige waters en die meer noordelike reenval toegeskryf. Hulle het ook goed gelam en die bokkies was al gespeen en die ramme het nog geruik tussen die ooie. Ek het al op die bekende roetes gery en net vir Jas gese waar ek wou wees en daar was al uitgeryde paaie wat ons kon volg en so is ons van die een watergat na die volgende en ook so met die windpompe. By elke gat was daar diere en soos in n reservaat was hulle nie wild nie tot jy uit die voertuie sou klim, dan het hulle met n spoed pad gegee. Ons was seker tien kilometer van Grootvlakte se pomp af by n water wat ek Knoppiedoorn op my kaart gedoop het, n klein watergat seker so 150 meter in omtrek met die een kant dig bebos en die ander kant oop na die oostelike grasvlakte se kant toe. Ek wou weereens spore gaan lees want dit was nog vroeg en die boesmans het die spore episodes baie geniet want dit sou hulle in beheer plaas en ek sou die leerling wees. Ek het die 9,3 dubbel geneem want ek het nooit die bakkie verlaat sonder n geweer nie en Xolile sy 404, daar was te veel mense wat moes opgepas word en hulle veiligheid het van ons afgehang. Xolile kon ook baie goed wees met spore want dit was ook maar wat hy gedoen het vir n baie lang tyd van sy lewe. Daar was n magdom van spore, alle soorte en groottes en elkeen het sy verhaal vertel. Tot die breekop wat die fisant langs die water gevang het en likkewaan en baie slang sleepsels maar by een het Xolile wat nooit die boesmans wou voorse nie gaan vassteek. “ Umfazi ingonyama, lambele, bietjiele, intato izingani, ingosi.” ( my geheue is nie so goed nie maar ek probeer) Daar was n honger en maer leeuwyfie met drie kleintjies en sy sou gevaarlik wees. Hy het die spore gaan wys, dit was vlak getrap in die modder waar sy gedrink het en die kleintjies het ook vlak getrap. Hulle het selfs van die vere van die fisant wat die arend daar gelos het gevreet en ook n brul padda wat hulle net die derms kon sien. Sy het met n skewe kop die water opgelek want haar tong het die modder gevang en haar lippe het ook in die modder gewys. Sy moes siek gewees het. Daar moes n fout met haar kop gewees het.

Jas wat maar altyd baie bang vir leeus was, het gese dat ons met die voertuie om die bos moes ry, sy sou nie ver gaan nie en miskien in die nag probeer ystervarke of duikers vang. Weer het die veldkennis van die mense my verbaas wat my alles kon leer en ek moes nog die leeu te siene kry. Ons het nog terug geloop na die voertuie toe, toe die leeu n skor gebrul gee en uit die bosse skuins agter ons kom en op die kaalte gaan staan. Ek het vir die ander gese om te bly loop en my geweer reg gehad. Sy was maer, baie maer en die drie kleintjies het met die spikkelbeentjies rondom haar gesoebat vir kos. ( Die mense van Ghanzi het nooit van n leeuwelpie gepraat nie maar van n bontpootjie.) Hier was dit nou vir my baie duidelik hoekom. Die welpies was maer maar nie vir doodgaan nie, hulle was baie honger en ek het die leeu wat so twintig meter weg was lank staan en kyk. Haar gesig was effens skeef geswel maar ek kon nie wonde sien nie en beide haar oe was helder, daar was nie baklei in haar optrede nie. Xolile het gese “nyoka isebensi” sy was deur n pofadder gepik en die plek het ontsteek. Dit was n pynlike ervaring wat ek as n kind al by honde gesien het. Sy het oorleef maar sy moes baie pyn gehad het. “ Mamma ek gaan gou vir jou n bok skiet, bly net daar staan ek sal probeer gou maak.” Ek het vir Xolile na die windpomp gestuur om vir ons te gaan slaap plek en hout bymekaar te maak by die boesmans en ek wou net iets vir die leeu gee vir die nag. Jas wat hom as my persoonlike lyfwag voorgedoen het, wou my nie verlaat nie, hy sou my help al was hy baie bang vir n leeu. Jeannie het n knypkop rooibokkie geskiet en ek het langs haar op die voetplaat van die bakkie die bok in my een hand gehad aan die horing en sy moes so na as moontlik ry aan die leeu en dan stop. Ek sou sy pens oopmaak want ek was bang dat sy dalk nie kon nie en dan die bok so na as moontlik na die rosyntjiebos sleep vanwaar sy gekom het. Sy moes my net beskerm met die geweer. Sy het nog op dieselfde plek gestaan en Jeannie het gestop en ek het die bok oop gesny en reguit na die leeu geloop en so tien meter van haar af wat nou grommend maar eerbiedig op die grond gele het en die stert geswaai het maar my nie in die oe wou kyk nie. Dit was asof sy skaam en eerbiedig was en tog ook dankbaar.

Op hierdie stadium het ek al baie kennis van leeus en hulle gedrag gehad. Jy kon hulle werklik voorspel en sy het die pensmis geruik en was onderdanig. Ek het nader geloop en sy het sydelings gekyk en Jeannie het gewaarsku dat ek te naby gaan en die bok vir haar gegooi. Sy het eerbiedig nader gekruip en by die bok gaan le en my vir die eerste maal in die oe gekyk so vyf meter weg, die bok met moeite geneem en gesleep na die rosyntjiebos en voor die bos gaan le en vreet, so vyftien meter van my af. Ek was so tien meter van die bakkie af en het gaan plat sit want ek wou seker maak of sy kon eet. Hulle het lekker geeet en die lewer en die binnegoed het gou die drie kleintjies rooi gehad maar sy het met die gesonde kant van die kakebeen gekou en ek kon sien dat sy nie oud was nie maar baie verrrinneweerd. Sy kon nie vinnig eet nie maar die nag was lank en dit was nog vroeg middag en ek wou seker maak dat sy genoeg sou vreet voor ander aasdiere opdaag. Die natuur kan baie wreed wees maar hongerte het ook nie sy gelyke nie. Ek het ondanks Jeannie se gepleit bly sit want ek was geen bedreiging vir die leeu nie en sy was te honger om haar aan my te steur. Die ondervoede kleintjies se pensies was gou vol en hulle het soos grootuier koggelmanders gelyk en hulle uitgestrek en dit gedoen waarmee leeus die beste was, slaap met n vol pens.

Jeannie het met die dubbel agter my kom sit en Jas het gesoebat binne die bakkie. “ I think we must come back tomorrow and bring her a pig, it is good meat and will give them more strength. We will just have to skin it for her, their hides are tough and I don’t want her to use more energy than necessary. Can you see that there is no hatred in her eyes and I really think that she appreciates what we are doing. It will take her a long time to get filled up and the cubs will also start to eat again later. Fortunately she is close to the bush but she won’t be able to protect her quarry and the cubs from hyenas during the night. It might be a long night for her. We will stay as long as possible to let her feed as much as she can. I only hope that she will be able to hide the impala in the bush for the night, still the smell will give her away. This is a waterhole and it is visited by al lot of scavengers and she is in no state to make a stand against them. Just look at her so that you will remember her again one day. She has a beauty spot the size of a fingernail next to the right nostrill. She still has good teeth and is not a youngster anymore, she would not have survived without us. What a lesson Pine, you hunters are after all so fond of nature it is really unbelievable. We love nature and all its cruelty, it is mankind that is that most cruel predator of them all. Helping this lioness gives me more satisfaction than shooting than biggest buff in Botswana. Why is she alone Pine? I really don’t know, maybe some rogue males took the pride over and she fled with her siblings, maybe the puffadder that struck her, there could be a lot of explanations. Fact is that she needed help and she found it, I am so glad I could be part of it. I won’t leave her until I think she will survive, may be one day she will remember me. We will call her Spotty from now on Pine. Fine is suits her well.”

Dit het laat geword en die tien kilometer was n halfuur se ry na Grootvlakte toe. Sy het haar rooibok onder die bos ingetrek en die kleintjies is agterna en ons het gery na die windpomp waar die vuur al hoog gebrand het en ek die boesmans kon gaan ontmoet en leer ken want die groep het ek nie geken nie. Xolile het n gemsbok vir hulle geskiet en dit was baie bedrywighede om hulle vuur en Jas het die reels gaan neerle. Geen gedansery nie en geen hond wat ons sou pla nie. Ons het altyd drie hutjies vir ons uitgehou en ons wou net rustig wees en ons self geniet. My bakkie het twee batterye gehad en ek kon my bandopnemer laat werk terwyl sy tussen die boesmans rond beweeg het en ek het vir ons kos gemaak op die vuur en my gaan was in die een hut wat water gehad het. Sy kon nie tot ruste kom saans nie en ek het haar gese dat ek die volgende more n vark sou gaan skiet en dat sy maar kon laat slaap. Dit sou haar altyd pas. Ek het gaan le en gehoor hoe sy nog gaan stort en later met die bandopnemer spook. Die gery deur die veld was vermoeiend en dit het my laat vroeg slaap en ek het my manne gewaarsku om vroeg reg te wees vir n vark en miskien n bok of meer want dit was n groot groep boesmans.

Dit was nog donker en in die ooste het dit effens begin lig word toe ek die vuur oopkrap en hout opgooi, my gedagtes was by die leeu en of sy die nag sou kon oorleef met so veel ander roofdiere wat baie meer aktief was in die donker. Die boesmans was reg binne n paar minute en ek het vir Twenty by die stasiewa bakkie gelos om vir Jeannie en die bakkie op te pas hoewel ek geweet het dat dit werklik onnodig was. Hy moes vir haar warm water maak en voorsien in wat sy nodig gehad het. Hy het baie belangrik gevoel in sy nuwe amp as lyfwag en ek wou eers die leeu gaan sien. Die meeste wild is op hulle mooiste vroeg in die more veral na n koue nag en hier was dit ook so. Na ons ooste kant toe was n groot watergat in die rigting van Panda Matenga met n groot grasvlakte en hier en daar bome, Kiaat en Mopanies en Hardekool en enkele bosse en ek wou by die gat kom voor die son opkom want ek het reg oos in die son in gery. By die gat sou ek dan noordwes draai en so die son uit my oe hou na die wyfie se watergat. Die wild was asemrowend mooi. Baie soorte en spesies en van die mooiste bastergemsbokke en swartwitpense wat ek nog ooit gesien het. Troppe van vyf tot nege koedoe bulle, groot bulle met die bekende wye horings en die lang maanhare onder die nekke. Nie baie olifante nie maar genoeg om my te laat stop en bewonder, een groepie met n ou bul het werklik n baie mooi trofee by gehad en sy vel was verrimpeld en agter sy oe diep duike en Xolile wat voor in gesit het het gese dat hy op sy laaste stel tande was. Hy sou enige jagter se droom wees, hy het die gewig op 80lbs geskat. Die son het vir ons by die watergat opgekom en daar het n groep leeus by n ou buffelkoei gele wat bykans opgevreet was met die aasvoels klaar in die bome. Hier was die leeus te ongeskik en ek kon nie spoorstories hier gesels nie en ons het noordwes gedraai met die son skuins van agter. Ons het ses soutblokke afgegooi en ek het geweet dat dit binne dae plat en blink gelek sou wees. Die gedeelte het die vorige winter gebrand en op die jong groei was baie bokke en baie soorte. Ek wou spesifiek n paar varke skiet en Jas het bo-op die dakrak gesit met sy stokkie en die pad gewys voor die windskerm.

Ek het baie van die 6,5×68 gebruik gemaak vir die langer skote op die vlaktes en met sy 130gr holpunte het die geweer baie goed gedoen. Hier was baie kleinwild wat in die nag gewei het, duikers, steenbokke en dikdikkies en hulle was in n puik kondisie tussen die groter elande, gemsbokke, tsessebes en zebras, blouwildebeeste en rooihartebeeste. Baie volstruise en ook kameelperde wat die jong Mopanies en Worsbome sou vreet. Ek sou wat wou gee om met Kabous se lugballon hier te kon gevlieg het. Hier was groot troppe bobbejane met reuse mannetjies by en ons het stadig in die rigting van die leeu se gat gery. Baie kleiner roofdiere soos muishonde en dan die valke en arende wat gedurig op die uitkyk was vir iets wat kon geeet word. Ons was al bykans op die kant van die brand toe Jas my stop en drie vlakvarke wys wat so minder as 100 meter voor ons gewei het op die kniee. Die gebrande gras was hier kort gevreet en die teikens maklik sigbaar en deur die verkyker kon ek sien dat dit n sog met twee jonges by haar was. Ons het by baie groot bere verby gery maar hy het geweet dat ons nie trofee sou skiet nie. Ek het die sog uit die bakkie uit op so tagtig meter geskiet deur die ore en ook die een jongvarkie by sy ma en die ander een het reguit na my gekyk met sy snoet hoog en ek het hom voor die kop geskiet. Ek het die pense laat uithaal en die nekke gesny en hulle aan die hakke van die bakkie opgehang en na die leeu se watergat gery.

Ek wou eers sien of sy nog leef en hoe ver sy met die rooibok gekom het deur die nag. Ek het aan die verste kant van die leeu ook by die watergat sout af gegooi en is met die bakkie na die bos waar ek haar gelos het. Die boesmans het gaan plat le agter op en Xolile het gese dat sy nog daar sou wees. Ek het in my spore van die vorige middag gery en presies gestop waar ek gestop het en die leeu het met die drie kleintjies uitgekom. Sy was dik gevreet maar nog steeds skaam en die drie bontpootjies was nou waggelend dik gevreet en ek het geweet dat daar van die rooibok min moes oor gewees het. Sy wou my steeds nie in die oe kyk nie en het skuins grond toe gekyk soos n onderdanige leeu. Sy kon nie gryns nie, haar gesig was te seer en geswel maar sy was werklik baie mooier as die vorige middag. Ek het weggery na die anderkant van die gat en die groot vark laat afslag, die bors oopgesny en die harslag binne gelos, die kop en vel net daar weg gegooi en ons het vuur gemaak en geeet. Hulle kon die jong varke se lewers braai en ek het ook rantsoenpakke gehad en ons het koffie gedrink en ek het die leeu dopgehou anderkant die water. Sy het stadig en versigtig met die kleintjies gaan water drink, dik gevreet en met die skewe kop op gelek en weer voor haar bos gaan le. Die kleintjies het begin drink en knie op haar vol pens en ek het gewonder of sy melk gehad het. Ek het later weer om die gat gery en die afgeslagte vark voor haar bos neer gegooi en sy het hom kom haal en is weer onder die bos in met hom.

Op pad na Grootvlakte het ek n droe hartebeeskoei geskiet vir die boesmans want ek wou die ouetehuis by Lekgrond gaan besoek en daar gaan slaap. Die leeu sou nou n dag oorgeslaan word. Die twee jong varke het ek vir my mense gegee, ek wou net n boudjie gehad het en ons het teen middag by die ander kampie opgedaag met n baie groot elandkoei wat ook droog was. Hier kon toeriste ook slaap by die fontein en die glasvesel huisies wat omhein was en die meeste was ou boesmans van verskillende groepe wat hier gewoon het. Hier was toeriste uit ons land uit en Jeannie het die boudjie vir ons gaar gemaak. Ons het goeie vriende gemaak met die mense van Robertson en is tot vandag nog vriende en hulle wyn baie geniet en hulle die varkboudjie. Later het hulle twee aande by ons kom slaap by Nyati.

Ek het die leeu ses maal in nege dae gevoer en sy het die laaste dag vir my gewag, ons het haar afgeneem en Jeannie het plakkate laat maak en by die toeriste kampe gelos wat haar in drie jaar 134 maal gesien het. (Na nege dae was die leeu baie mooier en in n baie beter kondisie as toe ons haar leer ken het. Ek het n traan afgevee toe ek haar moes groet.) Dit is op swartborde opgeskryf en baie male polaroid fotos by dit, sy het haar drie seuns groot gemaak. Dit was vir my een van my persoonlike groot oorwinnings in my tyd in Botswana. Ons het ingemeng, so doen die manne van Kruger ook maar, ek was n getuie daarvan. Ons het jagluiperds en wildehonde gevoer en gehelp kleintjies groot maak. Ek sou so graag die non wildehond met die sewe kleintjies wou help net duskant Manwasi se kamp, dit was my nie beskore nie. Ons ander konsessies het dit ook gedoen en by Ben was dit op n stadium amper n voltydse werk, hy het hienas gevoer wat afgestig het. Jakkie het ook wildehonde gevoer want hulle was skaars by hom. Ons het die neushorings in die basis gevoer en sy het die bromvoels geroep en met die hand gevoer. Ek het nie primate, bobbejane en ape laat voer nie maar sy het haar spul nagape gehad en hulle was mal oor haar, ook die dikdkkies wat in die basis gewoon het en sy aan sy saam met haar en die honde binne die heinings gaan draf het. Dit was werklik baie moeilik om nie in te meng nie.

My Pa wat nooit gejag het nie kon dit nie vir homself uitmaak hoe n jagter ook n diere liefhebber kon wees nie. Hy het vleis geeet en was mal oor biltong, hy het nie gehou van doodmaak nie. Ek ken baie, baie jagters wat mal oor diere is, ek is een van hulle. Hoe maak n mens daardie som? Ek weet nie, maar ek is so, los my maar so, ek is tevrede. Dit is maar soos die Skepper my geskape het ‘n jagter en ‘n diereliefhebber.

16 April 1978




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed