John Gleeson se olifant en die skelm skieter
Die offisier was net by my weg toe ek hoor dat Jeannie met Selby op die radio praat. Ons was al konsessie wat nie jagters gehad het nie en ek het my vorige jag reeds gejaag om meer tyd aan my werk te bestee. Sy het kom se dat daar n groep met net een baie siek jagter was wat n permit gehad he om deur die nag te ry vanaf Makuku na ons toe. Selby kon baie male baie snaaks optree. Hy het radio opvangs te alle tye gehad met my danksy Kabous wat dit vir hom geskenk het en ek baie dae oor baie spyt was. Hy kon my mos darem net vroeer laat laat weet het. Toe ek van vakansie af gekom het was alles uitgeklaar tot einde Maart en die jagte was geboek en ons het baie hard probeer hou by datums. Dit was reentyd en baie dae was ons agter om net weer die volgende paar dae harder te jag en te probeer inhaal. Selby het nooit grootwild in die reentyd gejag nie maar baie voels. Dit het my wat nie n voelskieter is nie baie vies gemaak. Mense sou halfpad om die wereld kom om voels te skiet terwyl daar so baie ander spesies was. Die goed is met haelgewere geskiet en baie jagters het net voels versamel. Hy was versot daarop en het geweet dat ek n afkeur aan voels gehad het. Hulle moes n paar male lelik hardloop vir leeus tussen die palm eilande waar hulle voels gejag het en die junior jagters moes hulle oppas want n haelgeweer was nie vir leeus nie. Ek het hom gese dat ek hoop die leeus hulle een dag sou vreet. Leeuwyfies broei in die palm eilande rondom die Delta in die somer en oorleef op die hordes klein vlakvarke wat ook daar broei, om daar te gaan krap was moeilikheid soek. Hy het gese dat hy dit al jare doen.
Die groot man wat die honderd ponder saam met my en Jakkie geskiet in die Delta en ook die artikel van Paul Autio se jag saam met my en ons advertensie toe ek in die VSA was het die besprekings laat instroom. Dit was bykans te veel en te goed geadverteer en ons het oornag bekend geword. Die VSA het baie jagtydskrifte en dit was wyd gedoen met fotos en die moeite wat Kabous met gestremdes gedoen het, alles het ons te bekend gemaak en Selby het op my aandrang nie jagters weggewys nie. Ons het genoeg kwotas gehad en ek kon meer kry as dit moes. Tog het ek nie gehou van verassings nie en kon hy seker beter gereel het. Die jag beseprekings was alles by Makuku gedoen en hy moes al n tyd geweet het van onbeplande jagte. Ek wou net ontplof op die radio toe Jeannie my eers kalmeer want sy het met hom gepraat. Die man wat sou kom was n ingenieur en baie siek aan kanker en net hy en sy fotograaf sou kom en ook sy dokter. Hy wou net n olifant skiet en sou ry as dit verby was. Dit kon nie te moeilik wees nie en ek het vir Temba gaan roep en hy en sy vrou moes regmaak vir drie gaste, ek het gaan slaap, Jeannie wat nooit tot ruste kon kom nie kon maar wag vir die groep.
Bruce het vroeg by kom sit die more op die dek en ons was beide verheug oor die skieter gevang was. Katwindi het soos altyd my koffie en Bruce se tee gebring en die weermag manne het opgedaag. Die skieter was soos ek vermoed het n vragmotor bestuurder, vanaf Serowe. Daar het baie winkels aan Asiate behoort in die suidelike groot dorpe en hulle het ook maar sanksies verbreek en vragte gery na die Caprivi en Rhodesie en ook na Zambie. Hulle kon met drie roetes ry deur die park na of Kasangula of die Ngoma grensposte of hulle kon ook Bulawayo toe ry deur die suidelike deel. Die offisier wou net kom rapporteer dat hy sy maand se werk sou klaar maak, dan sou hy n week gaan rus en weer vir nog n maand kom. Hy wou seker maak dat dit al skieter was in die park. Die gevangene was agter op sy Cruiser onder die seil geboei en hy het hom laat bene rek.
Dit was n jong Indier man en ek het gese dat hy die boeie moes afhaal, net soos in my militere jare het ek altyd gevangenes gerespekteer. Ek het hom genooi vir koffie en hy het op my stoep kom sit. Hy het met n 44 geskiet maar n hefboomaksie geweer. Hy het op die opgestopte rooibok geskiet en is gevang. Sy rede was maar vaag en ek het geweet dat hy n baie swaar straf sou kry. Ek was nie meer kwaad nie, net bly dat hy gevang was en die man het so n goeie indruk op my gemaak maar hy moes nou maar sy pak vat. Hy was honger en ek het dat Temba vir hom kos gaan maak en geweet dat dit die laaste goeie kos sou wees wat hy vir n lang tyd sou eet. Die offisier het later die koerant vir my gebring en omdat hy skuld erken het, het hy n 50% vonnis gekry. Vyf jaar dwang arbeid, twaalf rottang houe vier maande uit mekaar uit, sy eiendom is verkoop tot die staat se uitgawe gedek was en die res kon hy behou. Botswana het nie gelag met misdadigers nie. Ek het hom nooit weer gesien nie en selfs sy ryk familie kon niks vir hom doen nie. Vyf jaar was tot die dag en datum vyf jaar lank in Botswana. Die staat se verweer was dat daar jagkonsessies was en alle inwoners kon jag en die wildstapel was die eiendom van die inwoners van die land.
Een van die nuwe gaste het by ons kom sit en die offisier is weg met sy man, hy was die ingenieur se dokter en het vir my so n kort skets gegee van die siek jagter. Hy het ongeneeslike kanker gehad hoewel daar altyd maar hoop is en het een van die tydsktifte met ons jag artikels in die hospitaal gelees en besluit om te kom jag. Hy was maar swak maar kon redelike afstande loop en hy wou net sy droom uitleef wat hy vir sy aftrede beplan het. Hy was n baie intelligente man en was deel van NASA se ruimte program en het n paar grade gehad en was 37 jaar oud. Hy was getroud maar beisg om te skei met een seun van ses jaar oud. Hulle het sy medisyne saam gebring en sou self oog hou oor die tipe kos wat hy moes eet en het ook baie saam gebring. Hy wou nie he dat hulle met Selby reel nie en het op Maun geland sonder Selby se medewete. Hy was bang hy sou te lank moes wag en het die kans geneem om net te kom en sy situasie kom verduidelik. Selby het gese dat ek hom sou help. Vir my het hy gese dat ek hom moes help, hy het geweet dat ek dit sou doen. Min het ek geweet watter vriendskap sou uit die jag voortspruit. Die ingenieur het uit n baie ryk en vooraanstaande familie gekom.
Ek is met die dokter na die boesman kamp toe en wou vir hom gaan wys wat ons vir die steentydperk bevolking doen. Hy was geweldig beindruk en kon nie glo dat die humanitere werk die gevolg van jag en toerisme was nie. Die dokter het lank met die nonne en die ander verpleers gepraat en hulle was so vasgevang met mediese terme en tale dat ek na die boesmans se slaap plekke toe is en daar gaan rondloer het. My eie boesmans wat darem al baie lank by mense gewerk het en nie van die nomade se stamme afkomstig was nie, het al n mate van kampsindilkheid by hulle gekweek en dit was heel netjies en hulle het ook die mense bang gemaak met my, wat ek nie van gehou het nie. Daar was baie ou mense by en ek sou graag die spesifieke groep by n waterpunt wat ons genoem het Grondaar wou permanent vestig want dit was naby en baie trofee wat geskiet was kon aan hulle gelewer word. Hulle kon dan byna weekliks met mediese dinge gediens word en ek het dit so aan Jan Hugo verduidelik. Die jonger lede kon maar trek maar die oues moes daar gaan woon en ons sou vir vleis sorg. Ek het spesifiek Engels gepraat dat die dokter dit kon volg. Daar was nog n baie van die glasvesel huise wat ons daar kon opsit en ek wou dit n mate van aftree oord vir ou en siek boesmans maak. Daar was boesmans wat bandiete was want hulle was so genoem deur die mense en hulle kon sorg vir die oues tot hulle straftyd perk verby was. Ook was daar baie sterk water en ook n fontein wat ons afgekamp het en dit was maar n halfuur se ry van ons af. Jan Hugo het dit as ideaal beskou. Hier kon ook geplant word hoewel die boesmans nie geglo het aan plant nie.
Ek het die ingenieur en die fotograaf ontmoet toe ons gaan eet het die more want hulle het later geslaap en het op die dek die wild sit en dophou. “ This the man that I saw in the magazines in the US. Sorry for any inconvenience, Selby told me that you are going to kill me. I don’t kill clients, never did before, you will be the first one. Welcome in my part of the world. Let’s have breakfast and go for a game drive end I also want to see your rifle. I did not bring one along, Selby said you have too many, you would not mind lending me one. Selby talks too much rubbish. If you can handle the recoil of the 416 then you can have one of mine. Then we will be going to the shooting range first. Do you prefer a single or double barrel? I am used to my 338 Winchester which I have used on bear and moose. Then you can use my Brno, I’ve bowled many a jumbo and a simba over with it. I will personally back you up as well as the best elephant hunter that I know, Katwindi. You chose your time just right, a week later and your hunt would have been refused. Thank you Pine, always a pleasure John.”
Die skietbaan het die firma wat die basis gebou het vir ons verniet gedoen en omdat ek nooit naby Nyati wou skiet nie was hy so vyf myl met die pad na die noorde kant toe, naby waar die luiperd die wildehonde gevang het. Hulle het n beton skiet tafel en ook lewalle gemaak en ek wou nie verder as 200 meter he nie want in die land was onnnodig. Dit was maar in die suide naby die panne waar langer skote geskiet en omdat wild so volop was eintlik onnodig. Ons het maar geleer om met die teleskoop gewere net n bietjie hoer te vat veral by elande wat in die suide maar skugter was want die boere aangrensend aan die park het hulle taamlik gehamer. Boesmans kon hulle ook nie uitlos nie. Die oop visere het ons nooit op verder as 50 meter getoets nie want ook was dit onnodig. Hy het goed gedoen en ek het my 6.5 x 68 ook gehad want ek wou he dat hy my help met vleis skiet vir die boesmans. Dit was vir kliente lekker om ekstra bokke te kon skiet en omdat die man geen opleiding by Selby gehad het nie sou hy nie sommer net n olifant kom skiet en weer ry nie. “Remember to give you my book about shot placement on the jumbos tonight, then you can assure yourself about where to shoot your bull. Paul Autio gave me his and also spoke to me about it. Do you know Paul? No I haven’t met him but made contact with him when I decided on this trip. He wrote some of the articles that made me come to Africa. He was very nice and told me to ask Selby that you must be my Ph. and he sent a lot of reading stuff by fax to me. He is very fond of you and sends his regards. He is a fine man, a true gentleman.”
Luka was saam met ons met die bakkie en my boesmans het by my gery soos gewoonlik en die fotograaf en die dokter saam met hom. Hulle het my opdragte gekry waarna ons soek en ek het reg suid gedraai en die rigting waar ek die ouetehuis vir boesmans wou begin. Enige goeie skietbare wild maar vekieslik ou diere. Ons het nie baie ver grey nie en soos alle siek mense het hy begin praat oor sy siekte. Hy het Leukemie gehad en sy oorlewing was op 15-20% geskat. Ek het gese dat sy prognose goed was. Hy het nie hare gehad nie weens die behandeling en het my geper met vrae oor die wereld en ek het my lewens verhaal en die ontmoeting met Jeannie vir hom beskryf. Hy sou met die 6.5 skiet met die Zeiss teleskoop wat Jeannie se pa vir my gegee het. Die boesmans het op die dakrak gesit en ek het die tweede bakkie n ent verder agter ons laat ry. Dit was nie jag nie maar die skiet van vleis en ek wou he dat hy dit moes geniet. Jas het getik met die stok op die ruit en daar het vier baie mooi koedoes deur die lae Mopanies gedraf. Ek het stadig gery en hom gese om reg te maak. Die geweer het ek met 140grs holpunte van Barnes geskiet wat loodkern koeels was en hulle het baie goed gedoen. Dit was harde koeels en hulle het meer as die konvensionele koeels gedoen en ek kon groter sagtevel wild met hulle skiet.
Die bulle het gaan staan op minder as 180 meter en hy het langs my in die bakkie gesit en ek het die bakkie reg gedraai vir hom. “ Take him just like a moose, go for the heart. Take him he will not be there for ever, they don’t commit suicide.” Die bul was n baie mooi bul en ek het in my onkunde naby sestig duim geskat, lengte skat was nooit my sterk punt nie. Die bul het die skoot gewys met sy wit stert en ek kon die doef geluid hoor en Jas het gese “Dis laak!” en ek het n rukkie gewag want dit was n klassieke hartskoot en hy sou nie ver gaan nie. Tog het hy tussend ie lae Mopanies weggeraak en ek wou hom terg. “You have wounded him, make ready for a long walk. I did like you told me, sorry Pine.” Ek het gewag dat die ander bakkie bykom en hulle gaan waarsku dat die fotograaf reg moes wees want op vol spoed gaan bulle nie verder as 150 meter nie. Hulle is saam en Jas moes kamtig spoorsny en die man moes reg wees vir skiet en ek kon die kamera hoor rol agter my. Ek het my 416 gehad en kamtig die spore in diepte bespreek met Jas en ons het begin spoorsny. Hy moes reg wees as die bok dalk opvlieg wat ek geweet het nooit sou gebeur nie. Die bul het onder die Mopanies gele en hy kon hom nie sien maar hy was reeds dood. Alles is op film vasgele en dit was iets wat ek baie min laat doen het maar vir hom sou ek. “ There is your bull, where I can’t see him? Right in front of you.” Ek sal die man se gesig nooit vergeet nie en het weggedraai en Dankie gese dat ek iets positiefs vir hom kon doen. Die boesmans was mal oor fotos en kameras en ek het my bakkie loop haal en terug gekom en dit was nog al die pad fotos. “ You better hurry up, this is only one breakfast for those people, we still have a lot of shooting to do. Let’s gut him and load him.” Dit was n mooi bul maar ek het nooit die horings gemeet nie maar hulle moes baie naby sestig duim gewees het.
Hy het begin kekkel voor in die bakkie en elke oomblik bespreek en ek het hom later gese om te help kyk vir wild. Die tsessebe het soos hulle maar doen, op die miershoop gestaan en dit was n bietjie verder as die koedoe. “ Will you be able to take that tsessebe? With this rifle by all means. Then I will try to get a bit closer and when I stop you must hurry up, as long as the vehicle is running they are calm but as soon as you stop they get nervous.” Die skoot het die bok laat wegraak agter die miershoop en Jas het weer sy kindertuin taal laat hoor. “What did he say? He said you’ve missed completely. Impossible not with this rifle. Let’s have a look. He said it was “laak”, what does that mean? That means that you have hit it John.” Weer het die kameras gerol en ek het my pyp opgesteek en onder die Maroela gaan sit en gewonder of hy vir die paar oomblikke sy siekte vergeet het. Tsessebulle het ek maar altyd ramme genoem en hulle was almal ewe groot en die een was nogal besonder groot. Hy het nog n gemiddelde blouwildebees en baie mooi gemsbok koei met baie lang horings geskiet en ons is huis toe. Die koei was droog en baie vet. “ Can I have the trophies Pine? I will pay for it, I came for an elephant and you have really made my day. You can have the trophies and they are on my personal quota, you can give me a tip. I will have them caped for you and we can have the fillets tonight.”
Die man was soos n seuntjie en hoewel dit nie jag was nie het hy dit geniet en ek het net sewe dae gehad om hom te laat skiet. Die aand om die vuur was hy die een met die meeste woorde en sy dokter het gese dat hy soos n baie gesonde mens was. Ek het hom die boesmans gaan wys en hy was byna hartverskeurend na ek hom die agtergrond gegee het en het belowe om n bydrae te maak tot die nasie. Die vleis is daar afgelaai en hy wou alles afneem en ek en Jeannie het op die dek gaan sit en n drankie geniet en die pragtige diere by die water dopgehou. Dit was moeilik om te glo dat hy siek was maar teen 8uur het sy dokter kom kamer toe geneem en het n drup gekry en n hele handvol medisyne. Hy moes vroeg die volgende more roer en toe ek gaan nagse was hy met Capstick se aantekeninge besig om sy olifant te skiet. Ek het gereel met Katwindi en Luka en die taksidermis man en ons voertuie sou vroeg gepak moes word en Temba moes sorg vir kos en Jas moes vroeg daar wees reg om te ry.
Dit hoef nie n reuse bul te gewees het nie maar ek sou ook nie sommer die eerste beste een laat skiet nie. In die VSA was n ondernemer se naam baie werd en elke klient het sy stories en fotos vir die hele land gewys. Met elke jag was jou reputasie op die spel en net een ontevrede klient kon jou baie ander kos. Jeannie het by my kom le en ons het lank oor die man en die jagte in Afrika gepraat wat nou so groot geword het dat ek al spyt was dat ek die twee stoele moes warm sit. Ek het haar vertel van die skieter wat die more daar was want sy het soos gewoonlik laat geslaap en dit gemis. Ek het haar gese dat my moordlus omgeswaai het na jammerhartigheid na ek hom ontmoet het. Sy het my soos gewoonlik weer n preek gegee oor my optrede in die veld. My gaan wys dat my administrasie op datum was en die enkele navrae beantwoord en ek was innig dankbaar daaroor. Ek was nooit n kantoor mens nie en sal dit ook nooit wees nie. Selby het op die radio geroep en ek kon hoor dat hy goed met die Jack Daniels gepraat het en ek het gese dat die jagter more treug kom na hom toe. Hy het nie n saak gehad met my nie, liewer vertel van sy sestien raakskote “on the wing” en dat hy almal die dag ore aangesit het. Hy het geweet hoe ek die skietery gehaat het.
Dit was nog skemer en die bakkies was reg en die jagter het blykbaar genoeg versterk water in sy are laat tap en almal was reg en die kos was gelaai en ons kon ry. Ek sou die westelike vloedvlaktes neem waar ek die gekweste bul geskiet het tot by die vierde omaramba en dan noord draai want die bulle was besig met n stadige migrasie na die Delta toe. Hulle was nou groter troppe as gewoonlik want water was volop en daar was baie koeie in die Delta en dit was maar waar hulle heen op pad was. Verder noord sou ek in Jakkie se konsessie in beweeg maar dit sou nie saak gemaak het nie. Ons het baie bulle gekry en baie kere het ek vir Luka en Katwindi gestuur wat ek op sy Matabele naam, Shaba, genoem het as daar kliente by was en ek hom moes vinnig roep. Ons het mooi bulle gesien maar nie een bo die sestig pond klas nie wat goed genoeg was maar ons het n hele dag voor ons gehad. Dit word vroeg warm in die somer en die dokter het vir my gese dat hy sou swaar kry met baie erge hitte maar hulle het sy doepa in gepak gehad en ek kon die opwinding in die man se gesig lees. Hy kon nie ophou met praat nie en het soos n seuntjie bly vrae vra.
Katwindi het weer n groep gesien en ek het hom gestuur om soos die spook wat hy was te gaan kyk en hy was seker n halfuur weg en het gekom se van een baie mooi bul. Nie baie lang tande nie maar baie dik en swaar en hulle sou n goeie gewig dra. Hy het gereken dat dit n mooi bul was en het in elk geval meer as ek geweet van olifante. Daar was n effense suid weste windjie en ek het die vorige aand met die kamera man gepraat want die ou goed het so n prrrr geluid gemaak as hy afneem en hy sou die ding moes stiller kry. Ek en Katwindi is voor met Luka agter ons en dan die kamera man en die die dokter moes by die bakkies bly want hy was in elke geval te bang. Ons moes weer met n ompad bekruip en op n stadium deur n half lyf hoogte water gaan vir n lang ent en by n Maroela het Katwindi ons laat wag en eers weer gaan spioeneer. Hy was gou terug en ons is nader en die bul was besig om n Mopanie te breek en het gestaan en kou maar was vir my te ver. Ek het nooit verder as dertig meter geskiet nie maar verkieslik nader. Sy geweer was reg en ek wou soos gewoonlik die sykant breinskoot gee maar kon nie nader as veertig meter kom nie. Die kamera man was eintlik die ergernis. Ek het hom in die mik van n Kiaat laat aanle en my geweer was reg want daar was ses bulle en baie mooi die man wat se asem soos n trein gejaag het gewys waar hy moes skiet. “ Don’t bugger this up, you came hafway around the globe for this, be calm we are here for back up. When you are ready take him.” Sy skoot het die bul laat sit en ek het geweet dat hy dood was. “ Take him again.” Dit het geen effek gehad nie net nog n bloedstraaltjie. Ons het bly staan en skielik het Luka geskreeu. “Lumkela Inkunzi!.” Die jonger bul het van regs gekom en ons het nie kans gehad om te skreeu en hande te klap nie en op tien meter het ek hom geskiet en hy het tot bykans by ons geploeg. Luka het hom nog n skoot geskiet. Ek het lank so gestaan en gewonder hoekom ek al n paar male so gestraf moes word. Dit was stil, soos altyd doodstil, net die kamera wat rol en opneem en ek het hulle gestuur om die bakkies te gaan haal. Dit was die eerste olifantjag wat ek op film laat neem het en wat later saam met my bakkie verdwyn het. Ek wonder of die dief ooit daarna gekyk het. John het vir my gese dat hy nou maar kan doodgaan, ek het gese dat ons nog baie saam sou jag, ek was reg. Ek het die whisky laat oopmaak, kanker of nie hy het dit meer as ek geniet en my verbaas en ook by sy bul gaan bid. Ek was nie al bidder in Afrika nie en dit het my goed laat voel. Ek het hom genooi om nog ses aande oor te bly tot my volgende groep sou kom. Dit was presies twaalf uur.
Hy het nog n paar dae by my gekuier en ons het groot vriende geword.
22 Februarie 1978.