Les Holloway se olifant
Die moes net n mooi bul wees wat n goeie verteenwoordiger van sy spesies was. Hy sou in Portland in die VSA in n groot geweerwinkel uitgestal word en dit het ons reputasie so bietjie in die kollig geplaas. Baie mense het die plek besoek en sou wou weet waar die bul geskiet was en dit sou n mate van lewende advertensie vir ons gewees het. Hy sou ons naam en die adres van Selby se onderneming by die trofee plaas en dit het so bietjie druk geplaas om n mooi bul te skiet. Dit het ook die taksidermie manne geraak want ook hulle sou hier geadverteer word. Die Yanks is maar n snaakse nasie as dit by sulke goed kom, hulle wou altyd beter en langer en swaarder en groter he as die ander manne wat hulle geken het. Anders as ander ondernemers het ek nooit gewigte en lengte gewaarborg nie, dit was vir my net te moeilik en is vandag na so vele jare nog moeilik. Ek het wel die verskil tussen medium en groot en uitsonderlik geken. Olifante is byna net soos koedoe bulle, dit is nie die grootste en swaarste bulle wat die langste trofees gehad het nie. Ek het koedoes geskiet met dun lywe en enorme horings en olifante wat kleiner as volwasse was met swaar en lang tande. Dit is maar geneties en voeding en ek het dit so aanvaar. Selby het by sy konsessie n waarborg gegee vir n jagter wat n honderd ponder wou skiet, hy kon goed skat en so n man het betaal vir sy bul. Die pryse was by my goedkoper en tog het ons meer honderd ponders as in die Delta by hom geskiet per jaar. Dit was maar soos hulle vanaf Rhodesie gevlug het vir die uitdunning wat ons in n hoer liga as die Delta geplaas het. Die Delta olifante het weer gevlug vanaf die Kavango waar n oorlog aan die gang was.
Die mense was goed vir my in die VSA en ek het al my gewere en herlaai goed by hulle gekoop en hulle was ook baie goeie vriende van Paul Autio, Jeannie se pa en die mense wat my in hulle lewe ingenooi het sonder enige voorbehoud. Ek het saam met hulle gaan jag en hulle wereld gesien en ek wou werklik baie spesiale aandag aan hulle gee. Hulle het met n hele vrag ammunusie en herlaai goed gekom en sou dit wat ek wou he kosteloos pos na Selby toe. Ek het vir hulle elkeen n trofee swartwitpens daarvoor gegee wat ook sou kosteloos opgestop word. Hulle was goeie skuts en het seker maar geweet dat ons baie klem geplaas het om die klient vir ons te laat luister. In sy land het hy al die kennis gehad en hier het ons dit gehad. Hulle het alles geweet voor hulle in Botswana geland het want dit was vir my van die grootste belang om die kliente in te lig wat van hulle verwag word. Tom Hanks was nog saam met Katwindi en Luka besig om sy versameling groter te maak en ek het vir Les saam met my laat jag die enkele dae wat ek kon jag.
Ek het weer op die dek gaan sit en die water dop gehou en gesien hoe n bobbejaan die vinke se neste verniel en hoewel ek nooit hier wou skiet nie het ek die .22 geneem en hom geskiet en die boesmans gestuur om hom uit die water te gaan haal. Jeannie het die voels gevoer op ons stoep elke more en vir haar was dit nie mooi nie, ook nie vir my nie, bobbejane was nog nooit vir my snaaks nie. Hulle het gese dat daar n krokodil in my watergat was. Dit was snaaks, ons was ver van die rivier af, hy moes met die lopende omarambas gekom het wat nou minder water gehad het en hom self hier kom tuismaak het. Hulle kos is babers en die watergat het nie babers gehad wat ek van geweet het nie. Daar was ook nie n direkte waterverbinding met die gat nie so die krokodil moes ver oor land geloop het. Ek sou hom wel later skiet en ek het gesien dat die rooibokke onrustig gedrink het die afgelope tyd. Die klomp siek boesmans was baie beter en net twee was nog in die kliniek en Jan Hugo en sy vrou was baie doenig met hulle. Hulle het begin ID fotos neem om hulle te dokumenteer en vingerafdrukke en net hulle kon die stappe aan die mense verduidelik. Die weermag het ook met elke besending kos en voorraad n klomp klere gestuur wat die president se vrou gekollekteer het en baie was ook ou weermag voorraad en baie boesmans sou vir die eerste maal werklike westerse klere aantrek. Dit was nogal komies om die verandering te sien van mense wat nie geweet het watter kant van n hemp die voorkant was nie. Daar is besluit om hulle nog n week te hou om net nog bietjie meer sindilikheid te leer en ek het werklik besef dat ek dit nooit sou kon doen nie. Johan Adriaanse was reg, jy moes met die mense groot geword het om hulle te kon verstaan.
Les het al n hele paar spesies geskiet saam met Luka en Katwindi en ons het die jag van olifante bespreek en skoot plasing en die belangrike fiete van kalm wees en bly en om vir my te luister. Ek was nooit n voorstaander van n hartskoot by olifante nie, ek het dit gedoen maar ek het die sykant brein skoot verkies. Die skoot reg voor die kop was altyd goed en veral met die 416 het ek nooit probleme gehad nie. Die idee met kliente was tog maar altyd om so na as moontlik te kom sonder dat die bul van jou bewus was en die skoot so goed en netjies as moontlik te laat plaas sonder om gevaar te skep vir almal rondom jou. Les se 500 NE gelaai met Barnes se 400gr. soliede koeels sou meer as genoeg wees. Hy het al bewys dat hy n goeie skut was met die geweer en ons het fotos en Capstick se sketse en raad bestudeer. Jakkie was op pad na my toe want ek het die 425 geweer wat ek saam met die ander konsessie gekoop het vir hom gegee en hy het n klient gehad wat n buffel by my in die park wou kom skiet. Dit was lekker om hom weer te sien en ek het dat Katwindi vir hom beduie waar hy die groot manne sou raakloop. Hy was baie beindruk met die geweer en dit was n baie mooi geweer maar ek het net te veel gehad en kon nie almal gebruik nie. Ek was so versot op die 416 en het so baie vertroue gehad na twee jaar se jagtery met die kaliber dat ek nie werklik ander raak gesien het met groot wild nie. Jakkie het net die 338 en die 303 en die 375 gehad en hy was baie suksesvol met die drie kalibers. Hy het selfs buffels ook met Barnes se hollood koeels geskiet en gedink dat hulle baie goed doen. Op papier was die 425 maar byna dieselfde as die 416 en het ook 410 gr. koeels geskiet teen 2300 VPS. wat werklik meer as genoeg vir my was. Ek het nie gehou van die kleiner rim agter op sy dop nie en het nie werklik vertroue gehad daarin nie. Tog het Jakkie vir baie jare met hom geskiet sonder enige probleme. Ek het geweet dat hy die geweer sou probeer en as hy nie tevrede was nie sou hy hom terug gee. Hy was die natuurlikste skut wat ek geken het en hy sou n geweer wat nie werk teen n boom stukkend slaan. Kaliber het nie vir hom saak gemaak nie, skootplasing en n goeie koeel was al waarin hy geglo het. Na Katwini byna getrap was deur n olifant wou ek al my jagters met die 400 greine laat skiet en Selby het n hele paar 404’s gekry wat net so goeie kaliber was. Die 300 grs. was by n stormloop effens te lig. Jakkie het nie saamgestem nie, almal was nie sulke natuurlike skuts nie.
Die somer was op hande en dit word vroeg warm in Botswana en ons sou moes roer om in die veld te kom. Jakkie sou teen die westelike vloedvlaktes gaan soek vir sy buffel en die aand by my kom slaap met sy klient en ek sou suid-oos gaan na die onderpunt van die park in die rigting van die Xai Xai panne. Katwindi sou noord gaan agter n bastergemsbok aan en hulle het nou al drie dae gesoek vir n mooi bul. Die diere was nog steeds besig om terug te migreer na die noorde. As ek met jagters doenig was het ek die openbare paaie so ver moontlik vermy en ons is met twee bakkies by die huis weg. Brian en die taksidermis man en sy span op die een en ek en Les en die boesmans op die ander een. Ons het deur die veld gery en gesoek vir troppies bulle en die boesmans moes bo op, op die uitkyk wees. Die Chobe het baie olifante gehad en ek het geweet dat die ou bulle meer suid sou wees want hulle het ook tot n mate gemigreer na die meer kalk tipe grond in die somer as daar water was.
Ons het n hele paar bultroppe gekry maar nie die tande wat ek wou gehad het nie. Ons het baie mooi bastergemsbokke gekry en ek het aan Tom Hanks gedink wat soek vir n mooi bul. Ek is later verby die plek met die naam van Leboom waar die ou Kremetart skuins hurk op die grond en by die water daar naby het ek groot spore gekry en gewonder hoe groot die bulle was. Dit was werklik tydmors om op elke spoor te loop want daar was so baie olifante dat ek hulle eers met die bakkie wou soek en deur die verkyker kyk en dan sou weg beweeg en begin bekruip. Les was ook nie die fiksste man in die VSA nie. Ek het altyd vir Katwindi gemis by olifante want hy was n natuurlike olifantjagter. Die suide het so bietjie meer savannah tipe veld en dit is meer oop as die noorde naby Manwasi se kamp. Tog is hier ook baie Mopanies en Maroelas en hier en daar Wildevye. Ek het die wereld geken want toe ons oornag die jagtery moes oorneem na Selby van n klomp jagters ontslae geraak het, het ons hier geslaap en Kabous het hier sy eerste leeus geskiet. Om in die nag hier te slaap was moeilik met die leeus om die bakkie die hele nag.
Jas het met die kierie gewys teen die windskerm en ek het op die bakkie geklim en die ses bulle probeer deurkyk deur die verkyker. Ek en Brian het Matabele gepraat en hy was ook saam op die bakkkie. Daar was een wat vaal van die stof was met baie mooi tande wat ek wou ondersoek en ons het met die bakkies omgedraai en terug gery en ek het vir Sixty die dubbel en die 338 gegee en hy en Twenty moes die voertuie oppas. Hulle was nie wafferse skuts nie maar hulle kon ten minste lawaai maak met die gewere as daar dalk ongeskikte koeie sou kom om die bakkies om te keer. Die wind was stil en die assakkie het niks gewys nie en selfs my vinger in die mond ook nie. Dit was net na tien die more en ek het dit gehaat om olfante te jag as daar nie wind was nie. Selfs net n effense windjie kon maklik in die deel van die land draai en jou reuk weg gee. Jakkie het altyd gese om nie eens te probeer as daar nie n windjie was nie. Ek het water op my kop gegooi en kon n briesie voel en soos ek gedink het het, het ons teen die briesie begin loop en ek het vir Jas gese om aanhoudend die wind te toets. Ons was so drie kilometer weg van die trop olifante en ek het vir die taksidermis man gese om die voertuie nader te bring as hy skote sou hoor. Ek het geweet van n watergat naby en ook van twee boesman skuilings wat ons met windpompe toegerus het, jy kon ook met die handpomp water by die gate pomp as die wind nie gewaai het nie.
Soos maar altyd by enige plek in die Chobe was wild volop en baie soorte en ons kon maklik in diere vas loop wat ons nie sou skiet nie. Naby ons was die alewige blouwildebeeste en rooihartebeeste en zebras. Snaaks dat ek nooit werklik mak koedoes gesien het wat tot naby voertuie sou kom nie. Hulle bly maar skugter diere. Ek het dat Jas voor loop want hy was meer opmerklik as ek wie se gedagtes maklik afgedwaal het. Ek het geloop en dink oor Selby se onderneming wat so lekker glad geloop het en waar ek nooit n foutjie kon kry by die verskillende konsessies nie. Kabous wat met sy toere besig was en met die bouery op die rivier se wal en die nuwe konsessie wat ons maar net sou aanlas aan die Wankie konsessie. Ek het gedink hoe deurmekaar Selby se besigheid was toe ons daar gekom het en hoe vinnig hy ons in die diep kant laat water trap het. Hoe hard ons eintlik gewerk het om dit te kon vermag waar ons vandag gestaan het. Ek het myself reggeruk en weer begin besef dat ek eintlik hier was om olifante te skiet en die hele groepie se welsyn van my afgehang het en hoeveel male Jeannie my al uitgetrap het oor my gedagtes kon afdwaal en nie konsentreer op dit waarop ek moes nie.
Ek het reg agter Jas geloop en die olifant se agterkant gesien toe hy sy stert swaai. Hy was tussen die Mopanies en ek kon nie sy voorkant sien nie. Ek het die groepie laat sit en vir Jas gestuur om te gaan kyk en terug te kom rapporteer. Selby en die staat se opdrag was duidelik dat ons nooit verder as tien meter van ons kliente mag gewees het nie, anders sou ek self gaan spioeneer het. Dit was nie die grote nie en al een wat hy kon sien en daar het nou n effense windjie gekom en ons moes omdraai. Ek het nooit gehou daarvan om reg weg van die son te bekruip nie want jou skaduwee was dan voor jou en het basies voor jou uitgeloop. Tienuur die more in Botswana in die somer het jy nog n redelike skaduwee gehad maar ons het met n ompad geloop en drie bulle gesien tussen die ruigtes en ek het hulle laat staan en wag. Brian of dan soos ek hom genoem het op sy Matabele naam, Temba moes by Les bly en ek en Jas is stadig by hulle weg. Hy het net een bottel water geneem en ons is teen die son in teen die effense briesie na die troppie. Dit het begin baie warm word en gelukkig was hier nie veel insekte wat gepla het nie, teen die riviere was hulle bykans onhoudbaar. Dit sou nie lank neem nie of die bulle sou begin rus vir die hitte en dan was hulle gewoonlik baie naby na aan mekaar wat dit net so veel meer gevaarlik gemaak het en ook moeiliker om een uit n trop uit te haal.
Die ou grote was alleen met n Mopanie besig en ek het gedink aan die droe tye waar die rooibokke saam met die troppe sou loop en van die blare wat hulle mors sou eet. Die olifante was baie senuwee agtig want baie van hulle was gehamer net anderkant die grens in Rhodesie en hulle was werklik op hulle hoede. By die Linyati was hulle baie meer rustig en meer gediend met mense as hier waar hulle eintlik vlugtelinge was. Ek kon net twee bulle sien na meer as n half uur se bekruip en die een was die vale met baie mooi tande en hy was die man wat die boom aan die breke was. Ek kon tot baie naby hom kom en sou hom maklik kon skiet maar ek wou baie seker maak van sy tande. Hy was al oud en in sy mis het ek die onverteerbare takkies en selfs dorings gesien en hy het werklik baie mooi en lang tande gehad wat bykans simmetries was en ek het hom as n honderd ponder geskat. Les en Temba was so vyfhonderd meter na my westekant toe en ons is soos skimme weg en was gou by hulle.
“ That’s really a beautiful jumbo, long and beautiful teeth and he is very old. He has a slip in the left ear and a part of his tail is missing, must’ve been while he was a youngster, some lion or hyena. Pine I don’t mind if you would shoot the bull, I only want the trophy and the photo’s. You should have told me that earlier, now he is all yours. Let me give you the authorisation to shoot my trophies that we still need, I discussed it with Tom last night and who will know in the Sates who shot what? Time is running out for us and I really don’t mind if you would shoot the remainder of my quota. Fine, I will do it, but this one is yours. Don’t be afraid, I well back you up and so will Brian.”
Jas het ons gelei in die rigting van waar ons so pas gekom het en ons is gebukkend met hom voor wat die sakkie bykans aanhoudend skud en die wind toets. Ek het saggies vir Les probeer kalmeer en my hoed afgehaal en ek het altyd n sweetband in my sak gehad waarmee Jeannie in die more gaan draf het en dit opgesit om die sweet uit my oe te hou. Ek het die hoed agter in my broek ingesteek. Ek glo vandag nog dat ek minder hoor met n hoed as sonder n hoed. Die bul was nog by dieselfde boom doenig en die hitte van die dag het hom begin vang want hy was lui en het met eentonige reelmaat die takkies en blare opgetel. Hy was asvaal van die kalkmodder en het groot gelyk maar daar was nie ander by om die grootte te skat nie. Hy was skuins regs van ons en ek kon sy stomp stert sien en een van die reuse tande en hy het in die skaduwee gestaan en vroetel met sy slurp. Hy was bykans te naby vir ons om te verskuif en ek het dat ons omdraai en terug gaan na n klompie jong Mopanies, nog steeds kon ek nie die ander sien nie en dit was altyd my grooste bekommernis. Hy was die patriarg van die troppie en hulle optrede was altyd dit wat my gepla het. Ons was minder as tien meter weg en die bul het stadig agter die boom uitgekom en en ek het my kans gesien. “ Take him just like I showed you, right from the side. It’ a classical side brain shot.” Hy het langs my kom staan en die 500 se geblaf was bykans oorverdowend en die stof het opgestyg en die bul het op sy kniee geval met sy slurp onder hom ingekrul. Ek kon die skoot duidelik sien waar die stof teen sy slaap uitgeslaan het en het geweet dat hy nooit weer Mopanies sou eet nie. “ Let’s move away I am worried about the others.”
Ons het nooit die ander gesien nie en ek het ook nooit geweet hoeveel daar werklik was nie en het so sag en onopvallend as moontlik geloop na waar die voertuie was. Ver kon ek die trompetter van n bul hoor en Jas het gese dat hulle hardloop. Die wild was nog net so rustig en dit was vir my altyd opvallend dat net een skoot nie die troppe sou wegjaag nie. “ Well done Les, that’s a beautiful bull and he is very old and you did exactly what I expected af you. Congratulations, very good shooting. Thanks Pine, you really outwitted him and your skills are really something to see and appreciate, I would not have done it with somebody else. Always a pleasure Les, I really think he has exceptional ivory.” Die bakkies het ons so vierhonderd meter van die bul af gekry en hulle kon nou fotos neem en Les kon sy bul geniet want ek wou in die rigting van die nagemaakte water ry om te kyk of daar boesmans was wat die vleis kon benut.
Ons het by die bul gaan stop en vir die eerste maal het ek werklik gesien hoe groot hy was en veral sy ivoor. Les was in ekstase oor sy olifant en ek het dat Sixty vuur maak en die roosters aflaai en in die koel boks was whisky en Brian en die taksidermie man kon fotos neem en ek het my boesmans laat klim want ek wou gaan mense soek wat die vleis kon benut. Ek wou weg kom en net weer n slag alleen wees met my boesmans en het in die rigting van Rooigrond se windpomp gery waar daar gewoonlik boesmans was. Verder weg was nog n windpomp wat Kameel genoem was en daar was ook gewoonlik boesmans en omdat Les gese het dat ek sy trofee kon skiet het ek opdrag gegee vir alle wild wat hulle geweet het ek nog moes skiet. Ons was baie naby die pomp van Rooigrond toe Jas my se van n luiperd wat hoog in die geel stam van n Kameeldoring gele het. Ek het verby gery en n hele ent weg stil gehou en vir Jas gevra wat gese het dat dit n groot mannetjie was en dat hy sy vlakvark le en oppas. Mannetjies was baie volop en baie het mekaar lelik seergemaak om oor gebiede te baklei. Hulle kon ook probleme raak maar nie sommer in die park nie. Ek het n groot kwota mannetjies gehad en kon dit byna nooit leeg skiet nie.
Ek het 500 meter verder my bakkie tussen die bome weggesteek en die 8mm geneem met die teleskoop op en ek en hy is suutjies na die kat se boom toe. Die wereld was minder ruig hier en die bome het ver van mekaar gestaan en dit was bykans net Kameeldorings en ek kon tot so sestig meter van die kat se boom vorder. Hy was vas aan die slaap baie hoog op sy tak met sy jong vark bokant hom in die mik. Sy vier voete en sy lang stert het gehang en duidelik teen die blou lug agter gewys. Dit moet seker een van die mooiste skeppings van die Skepper wees. Altyd skoon en altyd netjies en selfs as hy dood was was hy mooi versorg en netjies en het hy sy indruk gelaat van absolute skoonheid. Leeus het altyd die bekende leeureuk gehad en hulle hare was onversorg en baie male dooie bloed en pensmis op hulle lywe gehad. Nie die luiperd nie, sy skoonheid bly tot na sy dood voortbestaan, die mees effektiewe jagter van almal wat hom met niemand se sake bemoei nie. Hy loop alleen en maak nie eens sy eie kinders groot nie, daarvoor is hy te eenkant. Koning op sy eie gebied, die nag en in die hoe bome, die sterkste van al die katte as sy grootte in ag geneem word. Ek het hom gesien waar hy miskruiers eet tot n baber wat hy in sy boom gaan bere het. Hy kan baklei en hy het die gereedskap daarvoor en vir hom het ek baie respek gehad. Naby Nyati het ek een gesien wat n jong volstruis in die mik van n Tambotie gehad het. By Serapa het ek een gesien wat n rooijakkals doodbyt, hy verdra nie kompetisie in sy gebied nie. Die grote wat ek en Jeannie gesien het was nie bang vir n hele trop wildehonde nie.
Die skoot het die kat soos n onsigbare hand van die tak afgevee en hy het grond toe geval met sy vier voete in die lug en die lang stert nog hoer, die boom was hoog. Ek het geweet dat die kat onmiddelik dood was en vir Jas gese om die halwe varkie in die boom te loop haal dat hy ook in iemand se huis kan gaan sit vir ewig, omgedraai en die bakkie loop haal en gewonder of daar binne dae n ander mannetjie die gebied sou oorneem. Ek het die kat by die bakkie geweeg 171lbs. en die pens uitgehaal en was soos altyd verbaas oor hoe vet hulle kon word. Ek het weggestap en teen n miershoop gaan kniel en verskoning gevra vir die Gewer dat ek Sy mooiste skepping dood gemaak het. My hoed opgesit en nie trots op myself gewees nie, my probeer troos dat ek net my werk effektief gedoen het en gedink en gewonder hoe lank dit nog vir my iets sou wees wat ek werklik geniet.
By Rooigrond was boesmans wat n gemsbok met hulle honde dood gemaak het en ek het hulle deur Jas gemaak verstaan dat daar genoeg vleis was wat hulle kon kom haal en rook en sout en ook vir honde kon voer. By elke windpomp het ons baie sout gestoor vir hulle. Ek het by Les aangekom met baie boesmans op die bakkie en hulle was bykans klaar met die slagwerk en ek het die kat afgelaai en hy het weer die fotosessie en die bandopnemer belieg en ek een kant vir my by die vuur bietjie whisky gegooi en lank in die kole gestaar. Dit het begin later word en daar het weer opgesteek en ek was haastig huis toe. Ek het gehoop dat Jakkie die buffel gekry het en Tom Hanks die bastergemsbok en vir Jas gese om die reguitste pad huis toe aan te wys.
Ons het teen sesuur die aand by die huis gekom en die boesmans het my gewere gaan skoon maak en bere en Tom het sy bastergemsbok gekry, n mooi genoeg trofee, niks uitsonderlik nie. Die opstop manne het nog baie werk gehad maar my boesmans het ek huistoe gestuur met die bakkie en ek het saam met Jeannie gaan swem en sy was soos gewoonlik weer in ekstase oor die een of ander klein boesmantjie of diertjie wat mooi was. Temba het gekom en gese dat Les vir my die die drankie stuur, dit was n baie duur whisky wat hulle saam gebring het. Les het opgewonde n heildronk ingestel op die olifant wat se tande 118 en 111 lbs nat geweeg het en hy en Tom was nog in die slagstoor en besig om vol wyn te raak. Temba was n skaam man, ek het hom geroep en gese dat Les twee drankies moes stuur, een vir hom ook, hy was my medejagter. Les het om verskoning kom vra en die drankies verdubbel. Jakkie het met n reuse buffel opgedaag maar hy kon nie oorslaap nie want hy was agter met sy klient se jagtery weens die baie reen. Die Hugo’s wat by die boesmans was, se seuntjie het saam met my en Jeannie kom swem en ek het die klein man werklik geniet. Hy het sy bes probeer om ons die taal van die mense te leer en toe sy ma hom kom soek het hy haar meegedeel dat ek en Jeannie baie dom mense is. Hy probeer sy bes maar ons sal nooit verstaan nie.
Die mense het nog n paar trofee kort gekom en ek wou dit maar so gou as moontlik afgehandel kry dan kon hulle ontspan en die natuur op sy mooiste geniet. Ek wou die volgende more vroeg die krokodil skiet wat ek nog nooit gesien het nie en het my 338 voor die bed gemaak staan, ek het geweet dat die ander nog sou slaap.
3 Februarie 1978.