Jongste aktiwiteit:

Nog so n paar draaie oorsee.
vir

Nog so n paar draaie oorsee.

Ek was nie te veel beindruk met die verwyl van tyd in Oregan nie, die perde sport het my werklik nie aangestaan nie. Dit was vir my abnormale hantering van n dier, ek het perde en hulle nukke en grille geken, hulle was nie gebou om te doen wat die mense van hulle verwag het nie. Elke ruiter was net daarop uit om n gehoor te beiindruk en om sy eie stert te swaai. Daar was ook motor reisies waar mense om n baan gejaag het, iets wat my nog nooit gefassineer het nie. Dan die alewige gevlieg na plekke toe waarvan ek ook nie gehou het nie.

Ek het op Little Creek met beeste en die wild gewerk en ons het ook met die skape gewerk en van die ooie het ek die manne geleer om hulle te mikskeer so n maand voor lamtyd. Ek het n stelsel uitgewerk waar die ooie wat naby lam was eenkant gehou word want die goed lam baie tweelinge. Ek het hulle geleer om hanslammers groot te maak en die ooie wat lammers weggooi uit te skot. Hulle moes hulle ramme eenkant hou en n bietjie opvoer voor ram gee tyd en dan sodoende n seisoen probeer handhaaf. Ramme het altyd by die ooie geloop en ooie het lammers weggegooi, dit was nie regtig n boerdery nie, meer die stokperdjie wat dit maar was. Hulle was nooit getel nie en die veearts moes hulle dip en doseer en spuit teen siektes. Ek het uitgevind by n veearts en so min of meer n program saamgestel. Nie een op die plaas kon n skaap tel nie. Die goed se kloue het lank uitgegroei en dit moes geknip word. Al die werk is deur n veearts gedoen en ek het gewonder wat die rekening sou wees.

Paul het vir my n hele herlaaistel persent gegee en ek het die tandarts geskakel en hy het my aanbeveel na n plek wat my sou oplei in herlaai. Dit was in n dorp met die naam van Mackay en die plek se naam was Oregan guns and reloading specialists. Dit was so twee ure se ry van ons af en ek het gereel met Jeannie dat ons n aand sou oorslaap en ek wou dan leer om te herlaai. Ons is vroeg die volgende more soontoe en het by n “lodge” net langs die plek in geboek en sy kon maar rondloop en ek sou leer herlaai. Ek het al gesien hoe die manne by Selby herlaai het maar ek wou selfvertroue opdoen en dit self bemeester. Hier het tien mense net gesit en herlaai bykans elke dag van die jaar. In die sewentigs het ek nie mense geken in ons land wat herlaai nie, daar was seker maar ek was te besig met studies en grensdiens.

In die VSA het hulle al jare herlaai en dit was waarmee baie manne hulle lewe gemaak het. Daar was ook gewere te koop en hulle het ook n paar goeie geweersmede gehad. Hier het ek geleer om te laai en dit was nie so presies soos vandag nie. Ek het genoeg kruit gekoop en ook n chronograaf en heelwat ander herlaai goed om my stel volledig te maak. Ons het al my lee doppe gelaai en ek het ook by gekoop en hulle het die data verskaf vir al die verskillende wapens. Ek het nog ”dies” en koeelpunte by gekoop vir Jakkie en Ben se gewere en na twee dae het die herlaai storie vir my begin sn maak. Dit was n tipiese plattelandse dorp en ek het nie gepraat oor Botswana en my beroep as n jagter nie, net genoem dat ek baie jag in Afrika. Die eienaar het genoem dat daar twee jagters van Afrika was wat kom komponenete koop het en hulle was in die dorp. Hy het hulle geskakel en hulle het ons kom sien.

My verbasing was groot toe ek die een man geken het. Dit was Ronnie Macfarlane en hy het n konsessie gehad suid van ons Wankie konsessie, die ander een het nie geken nie. Hy was Bruce Kinlock en het pad gegee uit Uganda uit en was ook die hoof van natuurbewaring daar. Met Idi Amin se kaskenades moes hy hardloop vir sy lewe en het na Tanzanie gegaan waar hy beroof was en toe na Malawi waar hy ongelukkig was oor die stropery en ook vir sy lewe gevrees het. Stropers maak maklik die wat wil bewaar dood in Afrika, dit was nie ongewoon nie.

Ronnie het vir my gese dat hy by n klient kuier en so n bietjie advertensie werk kom doen het, en het vir Bruce saam genooi en Bruce soek eintlik werk. Ek het genoem dat ons Wankie konsessie die einde van die jaar vakant sou word maar ek moes dit eers met Selby bespreek. Bruce het baie belang gestel en wou weet hoe die huur werk en wat dit sou kos. Ek het ook genoem van die kamp in die Chobe en dat ek die regerings woordvoerder sou wees en dat natuurbewaring baie hoog op hulle lys sou wees.Hy het akademiese opleiding gehad in die rigting en was so middel veertig en dit was maar sy eintlike beroep. Ek kon egter nie sommer aanstellings maak ver in die VSA nie en hy sou moes na my toe kom dat ons die minister gaan sien of dan moes hy homself gaan sien. Botswana het die tipe van mense baie nodig gehad en met die afbakening en verskuiwing van reservaat grense en die verskuiwing van mense was mannekrag baie nodig.Hy was getroud maar hulle het nie kinders gehad nie en die bos van Afrika was ook maar hulle woning. Sy vrou was n burger van Kenia en hulle was beide nog van die ou koloniale setlaar nasate. As hulle van Kenia af sou kom, sou Selby baie van hulle hou want hy was ook van die land afkomstig. Hy was op sy beste ook maar onvoorspelbaar, ek moes dit eers met hom opneem, tussen hulle ou Engelse was ook maar vetes waarvan ek nie geweet het nie.

Ronnie sou nie te ver van Portland af gaan jag het by n klient en hy het my saam genooi. Hulle sou Whitetail en Mule deer skiet en n bergleeu as dit beskikbaar was. Hy was van die ou skool in Botswana wat nie n probleem met mense uit ons land gehad het nie, hy was n goeie vriend van Selby en ons het al kliente na hom verwys as ons te besig was. Hy het n baie stewige kliente basis in Oregan opgebou en meeste van sy jagters was van hier af en hy was ook al n paar maal by hulle. Ek was Selby baie dankbaar dat hy my nie na kliente oorsee gestuur het nie. Dit was vir my net te vreemd en ek was hulpeloos in die verre land, as dit nie vir die Autios was nie sou ek nooit na die VSA gekom het nie. Jeannie moes bestuur en my na die plekke neem waar ek wou wees, op my eie sou ek hopeloos verdwaal het. Ons sou whitetails en mule deer skiet, ek het hulle al gesien en het met die 6.5 lekker in Alaska geskiet veral oor langer afstande. Paul het die geweer vir my gegee en dit was maar die rede om die spesifieke kaliber te gerbruik. Ek sou net die geweer neem en herlaaide patrone wat 120gr Barnes sou wees. Ons het die geweer in geskiet en hy het wonderlik groepeer met die herlaaide ammunisie.

Die Meksikaanse nedersettingkie op die plaas het my nogal gefassineer. Daar het een more n skaap dood gele en die veearts het gekom om n ondersoek te doen en hulle sou die dooie skaap kon neem vir hulle gebruik. Daar was n slagkamer en plekke waar daar vleis gewerk kon word, biltong het die mense gekoop en dit was smaakloos. Die Meksikane wou gaan voorrade koop by n klein dorpie naby die plaas en hulle het ook maar net ou skedonke mee gery en ek en Jeannie het een bakkie geneem en hulle opgelaai. Daar was n slagter in die dorp en ek het die man gaan sien en wou weet van die bewerking van wilds vleis. Hy het selfs n “Jerky Drier” gehad wat met krag gewerk het en ons kon my wild daar bewerk, die bokke moes net deur iemand afgeslag word op die perseel. Die Meksikane kon my daarmee help en ek het met hulle gepraat. Daar sou vir hulle ook iets in wees. My reelings was getref en ons kon gaan jag. Die vleis sou benut word en ek was seker die plaas werkers sou baie baat daarby vind.

Ons het suidwaarts gery na die Klamath berge toe en het deur baie lemoenboorde gery waar ook Meksikane gewerk het.Ek het gewonder of daar ook ape en soorte van bobbejane die lemoene sou vreet soos by ons land, blykbaar nie. Hier was baie water maar die beskikbare landbougrond was min weens die baie berge en net teen die riviere was daar bykans eindelose boorde. Ons sou in n reservaat langs die Klamath meer gaan jag en ek het met my Botswana paspoort n jaglisensie uitgeneem en ook een vir Jeannie. Buitelanders kon n jag koop by landsburgers en ek kon dit via Paul reel en het dus sy jag gekoop. Ons is met n 4×4 Dodge bakkie na die meer en sou in n “Hunting Lodge” slaap wat net vir jagte gebruik word. Die slaap plek sluit drie etes per dag in en ek wou op my eie manier braai en my eie drankie drink en het my voorraad op n plek met die naam van Eugene gekoop, vleis en wors en varktjops en speserye en die Vodka wat haar wange gemaak gloei het.

Die ander manne was reeds daar en hulle was in n vrolike luim toe ek daar opdaag. Dit was n pragtige wereld met baie water en derduisende watervoels en ek sou wat wou gee dat Afrika ook so baie en mooi soorte voels gehad het. Die slaapplekke was op die water gebou en het amal oos gefront en ek kon oor so n klein baai baie bokke sien wat wei en ook n paar spesies. Hulle was mak en ek het by die natuurmanne gehoor dat die bergleeus te min onder hulle vang en dat in bykans alle nasionale parke daar gejag word onder toesig.

Daar was ook bere en alle asblikke en huise was sg. “bearproof” en almal was gewaarsku teen bere, die aanvalle op mense was maar n uitsondering. Daar is met sg. “brickets” vuur gemaak en ek het aan geneem dat dit was om die groen manne tevrede te hou. Blykbaar het die inheemse hout nie veel kole gegee nie en het die hout ook soorte van n hars gegee as hy brand wat jou vleis bederf. Daar was baie jagters en ek het die reels gekry by die natuurmanne. Hulle sou jou altyd vergesel en ek moes van hulle helder kleure dra om opsigtelik te wees. Ek kon net skiet as hulle se dis reg. Ons het saam gebraai en die manne het die Afrika manier van braai geniet en ons kon oor jag praat in die VSA sowel as in Afrika. Ons het ses witsterte en twee muile op die permit gehad en ek sou van die volle getal gebruik maak want die Meksikane sou gebruik wat ons nie nodig gehad het nie. Hulle sou by die slagter vir my die bokke afslag en ek sou saam met hom dit bewerk.

Ronnie het al hier gejag en hy het my die beste raad gegee, die meeste kere word die bulle geroep, ons kon egter ook van die bakkie af skiet. Dit is maar n sukkelspul sonder arbeid en daar moes op die regte plekke geskiet word om die laaiery te vergemaklik. Die wereld is maar redelik onbegaanbaar en dit was die rede dat dit n park was en daar bykans nie mense gewoon het nie. Ek wou weet of ons die vleis kan gebruik en hy het gese dat die goed op die stadium van die jaar wel eetbaar was. Later in die jaar sou hulle na bokram smaak, tog was dit nie die beste vleis wat bestaan het nie. Die mense het maar vir die horings geskiet en die vleis was baie male net daar gelos of aan sg. “venison markets”verkoop. Hulle sou weer duur “hamburger patties” maak wat sg. eksoties was. Die voertuie het ook wenaste gehad om te help laai en as iemand n bok skiet moes almal help om te laai of te kuip.

Ons het die aand lekker gekuier tussen vreemde mense en Ronnie het behoorlik oor jag in Afrika gepraat en Selby se maatskappy baie opgehef en daar is adresse en nommers uitgegee en ons moes later vir n groot gehoor vertel van ons jagplekke en die spesies. Daar het n man met n bandopnemer gekom en begin roep na bergleeus en ek kon hulle hoor antwoord. Dit was maar net n growwe gemaaui soos n kat. Behalwe vir n fietsryer wat byna gebyt was het die leeus nog nie mense aangeval nie. Fietse is intussen verbied. Ek en Jeannie het laat by die vuur gesit en sy het my gevra of sy kan saam terug kom na Botswana. Dit was onverwags, ek het werklik nie gedink dat sy die weelde van die wereld weer vir Afrika sou verruil nie. Ek was baie opgewonde daaroor, ook die feit van n nuwe basis en n nuwe loopbaan en ek sou dit baie graag met haar wou deel. Ek sou nooit in die wereld aanpas nie en sy het dit geweet. Ek wou weet hoe lank sy sou kom en nie een van ons kon n tydperk vasstel nie. Ons het dit gevier met lemoenwyn, ook die eerste maal dat ek dit sou proe. Die volgende more het ons begin met die vreemde wereld se jag.

In die reservate was daar staatsdienaars wat net op jagte gekonsentreer het, hulle het die reels en wette baie streng toegepas, jy moes reg aangetrek met sulke helder tipe gloei klere, en jou skietvremoe was getoets en ek is met n uur lange lesing deur al die fases geneem. Daar was videos gekyk om die spesies uit te ken en ook die skootplasings. Dit was net op trofee gemik en die gidse was gewoond om die vleis vir hulle te neem en ek neem aan om dit te gebruik of te verkoop. Ek het dit duidelik gestel dat ek nie trofee wou he nie en al die vleis gaan saam neem. Dit het my minder popular gemaak. Ek wou dit gaan verwerk en die meeste vir die plaas se Meksikane gee. Skootplasings was dus vir my om vleis te bespaar en die ten volle benutting van die karkas. Ek wou nie kuipe of horings he nie.

Die meer le tussen berge en langs die water is daar op plekke drie tot vyf kilometer vloedvlaktes met dan die steil hange van die nimmereindigende berge en klowe waar die bokke seker maar gehou het en dan op die grasvlaktes kom wei het. Dit is n soort gras wat ek nie geken het nie en op die hange was daar plantasies van ontginbare houte en bome wat gesaag was as dit nie gebrand het nie. Die meer het ook eilande gehad waar duisende voels gebroei het en jy kon visvang van die kant af maar geen private persoon is per boot op die water toegelaat nie. Die natuurmanne het wel jagters per boot geneem en verder langs die meer afgelaai, daar was oral bakens met nommers op en selfs telefone in vir as iemand sou verdwaal en dan was daar noodhutte naby die plekke met kaarte van die gebied. Langs die water was daar paaie en ons mag net op die gery het tensy ons wou bokke laai wat ver van die pad af gele het. Die jagbakkie van Paul het dubbele agterwiele gehad en op sy tralies was daar n stellasie wat kon opslaan met n wenas op en een man kon sy bokke laai en uitbloei. Dit het alles hidrolies gewerk en die meganikus op die plaas het aan my verduidelik hoe die gedoente werk. As ek net by n geskiete bok kon kom, kon ek alleen die bok ophys en bloei en sy pens uithaal. Dit was teen die wet om pense in die veld te los.

Ons het met die bakkie van die ‘lodge” af gery en nie baie ver gevorder nie toe ek witsterte sien en die bakkie tussen bome wegsteek en ek kon op minder as 150 meter na bykans n uur se bekruip vier witstertbulle skiet. Hulle is omtrent so groot soos n tsesebbe of soos n koedoevers. Die gids wou hom vuil mak vir nek en kopskote maar ek het my daaraan afgevee. Ek het die bakkie loop haal en die bokke opgehys en hulle kele geny en die pense agterop gelaai. Die manne het die soort van jag glad nie geken nie. Ek en hy is terug na die slagpale in die reservaat en daar het ek die bokke reg gemaak vir vervoer.

Die harslae het ek mooi skoon gemaak en die borse oopgesaag en die koppe en pote verwyder en die bokke is in n koelkamer gehang na hulle skoon gespuit is. Ander jagters het my met koppe wat skud aangestaar en ek kon die opmerkings hoor van die primitiewe mense van Afrika. Dit was laat in die middag toe ek klaar was en ek en Jeannie het gaan iets drink by die kroeg en ek het my gids saam geneem. Hier het hy by haar die eerste maal gehoor van my jagters agtergrond en ek kon die verbasing op sy gesig sien. Ek het vuil gevoel na die slagtery wat ek maar self gedoen het en seker gemaak dat die koelkamer reg was op 2-4 grade en vir Jeannie by die kroeg gelos en gaan stort en was n rukkie later weer by haar.

Toe was daar n hele paar jagters en hulle wou meer weet oor my tipe jag en wat ek met die bokke sou doen. Ek het gese dat hulle verwerk sou word in iets eetbaars soos wors en maalvleis en patties en dan wat hulle genoem het “jerky” en ek moes die resep vir hulle gee. Frik Nienaber, die tandarts het vir my beesbiltong gegee wat hy gemaak het en ek het n paar stukke loop haal en met my “Buck Stock knife” gesny en vir die manne laat eet na ek eerste geeet het. Van hulle was redelik liries daaroor maar rou vlies was nie vir mense wat so ver gevorder het op die evolusie leer nie. Tog het hulle alles opgeeet en ek moes gaan wys waar die snitte sit op n bok se lyf waarvan biltong, wat hulle bitter snaaks uitgespreek het, gemaak word. Daar was n bok wat die vorige middag afgeslag was om aas te maak vir n bergleeu en ek het omtrent n intensiewe biltong maak kursus gegee. Een spesifieke jagter het die kans gesien en later n “venison butcher” geword wat al die trofee sou opkoop en het baie geld met die eksotiese vleis gemaak. Min mense in die VSA het daardie jare wild geeet. Ek het later selfs resepte boeke aan die man gepos en hy het later n hele netwerk van wildsfabrieke gehad en by ons kom jag. Later sou wildsvleis van ons land uitgevoer word na hom toe.

Van die manne wou saam braai die aand want die Afrika manier van doen het hulle baie in belang gestel. Ek het gaan lewer haal en by die winkeltjie so n paar speserye gaan koop en ook die niertjies geneem en in n pot die lewer gaar gemaak en dit op brood bedien. Lewer is nie my gunsteling nie en ek het die fillette ook uitgehaal en dit reg behandel en gaar gemaak met n bloukaas sous en sampioene. Hulle kon nie glo dat jy n bok skiet om dit te gebruik nie. Die hele kamp was later daar en ek het met my sagie waarmee ek die borse oopgesaag het n vet witstert se rugtjops gesaag en op die rooster gebraai. Toe ons huis toe gaan na vier dae was dit vir my opmerklik dat die manne al hulle bokke saam geneem het. Ek het bykans al te same n hele halwe dag kursus gegee oor die bewerking van vleis en hulle het selfs met n bandopnemer dit opgeneem. Baie bokke was vir baie jare vir die bere en wolwe gelos, net die kuipe is opgestop. Daar het n paar manne kom vra waar ek die vleis sou gaan bewerk want hulle wou dit sien, ons het met die slagter gereel reen n prys en ook dat hy genoeg vet van skape en bees en ook vark moes kry en na die jag sou ons gaan vleis werk. Hulle het my elkeen n moose en n elk aangebied op hulle kwota maar ek het werkilik genoeg gehad en net myne vol geskiet en hulle gehelp om hulle bokke reg te behandel. Ek het wel saam met een bekruip toe hy sy moose gaan skiet het en n bergleeu gesien. Die man was bitter bang vir die kat maar ek het gesien dat dit maar n simpele ding is en het reg op hom afgestap en die kat het laat spaander. Dit het n groot gepraat om die vuur die aand tot gevolg gehad. Vir my was dit sommer n slapgat kat. Die jag in die wereld het nie n uitdaging gebied nie, wild was nie taai vir goeie skote nie en was mak en baie volop. Hulle het my weer geleer vis braai waarvan ek nie baie geweet het nie. Die forelle uit die meer was baie lekkerder as die inheemse vis van die Linyati.

Ek het werklik baie goeie vriende gemaak met die spul manne, hulle het die slaap plek betaal by die slaghuis en ons het hulle vleis gewerk op die manier wat ek groot geword het. Vir hulle was dit n eerste keer dat hulle sou eet wat hulle skiet en hulle was gaande daaroor. Die vrouens van hulle land gril egter vir vleis en ek kon nie een behalwe Jeannie kry om te help sny en maal en stop en patties druk nie. Daar is ook droeworsgemaak en “chillie bites” en baie maalvleis en natuurlik biltong. Opmerklik was dat die mense se kombuise bykans nie bestaan het nie. Alle kos was maar wegneem etes en net die nodige is by die huis gebraai en bykans net die wat jy nie sonder kon oorleef nie in die kombuis. Dit het my aandag n paar dae bietjie weg geneem van die plaas en die verveling was so bietjie minder.

Die Meksikane was ongelooflik bly oor die klomp vleis en ek het gewonder of Paul nie sou aanstoot neem oor ek met sy werkers meng nie. Ek het hom dit direk gevra want ek wou nie deel van n probleem word nie. Hy het my verseker dat hy nie n probleem daarmee het nie en gevra om net nog tot die einde van Oktober te bly en te probeer om n landbou program saam te stel vir die plaas diere. Dit was maklik want een jagter wat ook vleis gewerk het was n landboukundige en ek het hom genooi met sy vrou vir n paar dae en ons kon gaan sit en probeer die boerdery in n koers stuur wat meer ekonomies en makliker hanteerbaar sou wees. Hy sou ook na my toesien dat die bestuurs program toegepas word.

Ek het begin onrustig word en ek het vir Afrika begin mis en dit so vir Jeannie gese. Ons moes begin reelings tref vir huis toe gaan. Ek het so n geweldige groot vrag goed gehad met al die gewere en die herlaai goed en alles wat hulle my gegee het dat ek gewonder het waarmee ons sou terug vlieg. Die probleem perd wat sou geslag word was nie meer n peobleem nie en ek het die weemoedige geroep van die visarend begin mis. Die mense het werklik hulle uiterste beste gedoen om my die tydperk te laat geniet, n mens kan ook maar net so lank niks doen nie dan het jy dit klaar gedoen.

29 Oktober 1977




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed