Oor weermag dae
Ja, ek voel dalk dieselfde teenoor sekere onderwysers wat my tot op my sestigste verjaardag nog steeds herinner aan hulle strooi. By ons in die die Bataljon het dit in my jare anders gewerk. Eerstens was jy daar omdat jy uniek was, jy was met die hand uitgesoek en jy was die beste wat ek kon vergader in die weermag. Jy was trots en ek as offisier het baie min met jou gepraat. Daar was die normale kanale. Ek was die eerste offisier wat die posbus stelsel ingestel het waar jy jou klagtes kon noem en jy sou anoniem wees. Ek het die sleutel gehad en ek alleen het geweet wat in MY posbus was. So het ek mense van alle range baie male na ure loop haal en ons het lekker gesels en ek kon hulle probleme oplos. Ek kon nie bekostig dat n man op die grens ontevrede was met 140 rondtes en sy geweer by hom nie. Hy moes te alle tye lojaal wees teenoor my en sy offisiere, dit het my n hele paar ekstra grensdienste gekos, omdat dit so fantasties gewerk het. Vir baie jare daarna sou ek en my vrou op die strand le en mense wat ek die name nie kon onthou nie sou kom le en gesels. Niemand was bo my of onder my geplaas nie. Ek het ook nie str@@@ van hoer range gevat nie. Hulle het aan my mense toevertrou en hulle moes my vertrou soos ek goed gedink het. Kort en klaar.
Dit was moeilik maar ek het myself en die mense met wie ek gewerk het vertrou. Ek het die minimum inmenging toegelaat en selfs n generaal weggejaag op my oggendparade. Dit het opslae gemaak tot by die hoogste range, ek was nie daarvoor bang nie en het dit hanteer, n man moes my met sy kennis kon oortuig en nie met sy rang nie. Ek het my altyd op my posaanstelling beroep en hulle het almal die toets daar gedop. Daar was nooit geskreeu nie en nooit gevloek nie. Elke mens was as my gelyke gesien en ek het dieselfde verwag van hom. Ek was nooit n PF nie en het baie van hulle by my weggejaag omdat hulle nie aan my vereiste voldoen het nie. Dit was eintlik eenvoudig. Vat nie $$$ nie en gee nie $$$ nie en behou die mens wat jy kon vertrou. Dit is so jammer dat mense misbruik gemaak het van n man wat daar moes wees en hy het geen keuse gehad nie. Baie van my mense was opgeroep dan het hulle my gevra of ek saam gaan en as ek nie sou gaan nie sou hulle ook nie. Van hulle was toegesluit daaroor.
Dit het my gemaak by Kat Liebenberg in sy kantoor sit en vir hom se dat die opleidings direktief van die weermag hopeloos verkeerd was en hy wou my aankla daaroor. Dit was sy keuse om my verkeerd te bewys en ek het geen regskennis nie. Hy het my probeer maak n ander blouskrif skryf en ek het hulle genooi om te kom kyk hoe ons mense oplei. Die mens waardigheid moes te alle tye behou word en as n man gedink het hy was baie moeg het hy net 40%van sy energie gebruik en kon hy nog baie verder gaan. Ons het werklik die beste uit mense uit gehaal sonder om vieslik te wees, ek het dit verbied en eendag n junior offsier se kakabeen afgeslaan. Ek was aangekla, hy het net sleg geval en was vir sy eie bek veranwoordelik. Dit moes nooit so gewees het nie, net soos my en jou skooldae waar ons geneuk was baie male heel onskuldig. Al verskil was dat ons op skool nie gewapen was nie.
Ek sluit my weermag dinge hiemee af, ek was daar en het dit gedoen so goed ek kon en altyd die mens probeer beskerm wat ek mee gewerk het.
Kom ek en jy en baie ander probeer vrede maak hiermee, dit was nie maklik nie en nie lekker nie, dit sal ons net so veel meer vreugde gee, ons het heel anderkant uitgekom,meer as wat baie kan se. En ons mag ook nooit vergeet nie.
Dankie dat jy geluister het, vrede vir jou en kom ons kyk vorentoe, ek sal nie verder skryf hier oor nie.
Bly Geseend,
Pine.