Jongste aktiwiteit:

Rob en Pieter maak klaar en ek besoek weer Nyati
vir

Rob en Pieter maak klaar en ek besoek weer Nyati

Piet en Rob se Wankie konsessie was gevul met die regte manne en daar het n oorvleuling plaas gevind soos ek vereis het en hulle was op die Valle en het daar aandenkings gekoop en daar was nog n paar soorte goed wat hulle in die twee jaar nog nie geskiet het nie. Hulle sou beslis nie van die groot vier wou skiet nie want daarvan het hulle genoeg ondervinding gehad. Wankie het meer die savannah tipe wild gehad wat nie by die water of langs die riviere gehou het nie. Hoewel dit n hoe reenval deel is, het diere sekere habitatte verkies. Ook was die stropery uit Rhodesie taamlik erg voor die weermag daar geplaas was en was maklike medium wild skaars by hulle, soos byvoorbeeld Lecwe en Tsessebes en hulle het net enkele bosbokke gehad wat weer langs die Chobe en die Linyati redelik volop was. Die groot goed was weer in oorvloed by hulle en hulle was werklik moeg vir olifante oes.

Ek het teen die aand by die huis gekom na die leeu wat ons deur die riete moes agtervolg en ek het gedink op pad terug in die bakkie dat ek nou al twee jaar jag in die land en eintlik nog bitter min weet. Dit was die eerste maal dat ek deur die riete was en ek het gewonder of ek al ooit so skrikkerig was. Mens moet werklik moed he en op jou makker kan staatmaak in die lang riete. Ons was baie gelukkig met die leeu en ek sou nie n buffel of n olifant in die riete aanvat nie. Hulle was meer intelligent om hinderlae te stel as leeus wat ook makliker geval het met goeie skote.

Die boesmans het gekom en die bakkie afgepak en die vel en skedel gaan sout en my gewere gaan skoon maak en ek het met my klere in die swembad geduik. Ek was vol snye en skrape van die riete en het gejeuk waar die by my gesteek het. Jeannie het vir my n lang glas gaan haal en ek het die jagtery aan die manne begin vertel. Nie een van hulle was ook al in die riete in nie en almal het gedink dat ons redelik van ons sinne beroof was. Hulle sou dit nie gedoen het nie, hulle sou die leeu gelos het al was dit teen ons reels en ook die land se wette. Ek het gaan stort en was werklik uitgeput en het my snye ontsmet en weer by die vuur gaan sit. Dit was bykans donker en die nagape het weer met hulle vermaak gekom en vir Jeannie n nuwe kleintjie kom wys waaroor sy dol was, ek kon hulle nie waardeer nie en het net in die vuur gestaar met n koue glas. My lyf was vol knoppe van al die insek byte en ek het besluit dat die staat darem baie verwag van n probleem dier jagter. Rob het my wreed kom onderbreek.

“ Pine ek en Piet het nog so tien dae oor in Botswana en vir alle praktiese doeleindes is ons jagdae vir eers verby, daar is egter nog n paar bokke wat ons baie graag wil skiet wat ons nog nie geskiet het nie en dalk nooit weer die kans sal voor kry nie.

As jy in Botswana gebly het Rob dan was dit nie nodig nie, dan het jy nog baie tyd gehad om die goed te kon jag.

Ons het die storie al baie uitgetrap Pine, jy begin nou weer van voor af.

Ons het jou kwota gesien en jou getalle en ons al nie die wet oorskry nie, jy kry nie jou kwota op al jou goed leeg geskiet nie. Ek en Piet soek eerstens elkeen n rietbokram, ek sien jy het nog sestien oor vir die jaar.

Ek het self nog nie een geskiet nie Rob.

Ek weet, Jeannie het joune geskiet, sy het my vertel.

Skinder sy by jou ook en nie net by Kabous nie?

Pine ek weet jy is suur oor ons weggaan.

Nee Rob, ek het daarmee vrede gemaak, ek is bly julle kom maak julle jag in die land by my klaar.

Ek sal nie kan saamgaan nie, soos julle eerlik waar weet is my dae so vol dat ek bykans nie more kan beplan nie. Neem my boesmans en so lank julle nie gaan leeus skiet nie, sal hulle julle alles kan wys. Neem ook die twee bakkies wat Jeannie se pa vir my gegee het, hulle werk te min en gaan skiet in die Chobe en gaan slaap by Nyati en doen net wat julle wil tot die laaste dag wat julle hier sal wees. Skiet wat julle wil, ek ken julle as die verantwoordelikste mense op aarde, doen net wat julle wil. Ek het so veel diere op kwota dat ek nie die jaar se kwota sal leeg skiet voor Julie volgende jaar nie. Alles is wettig, as julle naby genoeg aan ons skiet, bring die rietbokke vir ons om te gebruik. Dit bly van die lekkerste bokke in Botswana. As julle naby Nyati is, skiet n paar elande vir die werkers daar en probeer by beide groepe aflaai want die manne gaan my verkwalik as net die een groep iets sal kry en nie die ander nie. Julle kan maar koedoes of ander goed ook skiet. As julle ten suide van die bakens honde of donkies of perde kry, skiet hulle asseblief, die een groep mense oortree nou aanhoudend die reservaat grense. Moenie beeste skiet nie en ook nie hulle mak bokke nie.”

Piet het gese dat hy n groot krokodil ook wou skiet en dan n paar spesies soos lecwe en ook n seekoei. Hy het ook nog nie n gemsbok van alle diere geskiet nie en ek het gese dat hulle alles kon skiet behalwe duikers en steenbokke en dik dikke. Hulle kon by Ben gaan vir rietbokke want hulle was net meer daar en bosbokke sou langs die Chobe die beste wees. As hulle wou trofee gehad het sou ek reel dat dit opgestop word en by hulle afgelaai word. Die taksidermis het my so veel beloof en ek het nog nooit daarvan gebruik gemaak nie. Hulle wou nie snaakse goed skiet nie, net dit wat hulle in twee jaar nie geskiet het nie, meeste sou maar vir fotos wees of n paar enkele trofees. Ek was werklik dankbaar dat die manne by ons sou wees tot ons almal met vakansie sou vertrek en het hulle die beste toegewens met hulle jagtery. Jakkie moes vir Piet n groot krok reel en hy kon maar die seekoei wat Piet wou skiet ook as aas gebruik. Piet wou egter n mooi zebra vel vir sy meisie he en die kon aas gemaak word mee. Hy wou baie graag n situtunga he en Jakkie het geweet dat daar mooi bulle by sy lekke geloop het. Piet was n man van min woorde, ons het hom op skool Mof genoem. “Man of few words.”

Luka en Katwindi moes begin om hulle aardse besittings aan te ry na Nyati toe want die huise in my sone was klaar en ook my ontspannings area en kombuis en Luka se vrou moes gaan reg maak en alles in orde kry. Sy was ons nuwe sjef en haar Matabele naam Nowandile. Jeannie kon die naam nooit uitgespreek kry nie en ons het haar op haar Engelse naam, Suzie genoem. Stadig maar seker moes ons weg kom van die Linyati af en moes alles verskuif word voor ons op verlof sou gaan om net die nuwe jaar te kon intrek en alles moes reg wees. Maria moes baie papier werk saam met Jeannie inpak en sorteer, Kabous moes my radio stelsel laat instaleer en die sataliet fone en alles wat rondom verbindings gewerk het. Ek kon nie die nuwe jaar onvoorbereid aanpak nie. Hulle sou oor die feesdae daar woon en werk en probleme moes uitsorteer.

“ Sweety we are leaving for Nyati tomorrow for one night to see if everything is up to date and if we are satisfied with the building of our new home. With every trip down there we will have to take a load of our stuff until everything will eventually be there. I also want to have a look at the furniture that has been made at Katima and we will arrange the house so that it will not be necessary to hurry things up in the end.

I will see that I am ready after breakfast, I am so glad that Maria and Suzi is also moving down there and also the new nuns that I have met when you were after that lion. There will be more women friends for you but you will miss Moinca.

Yes I will. Bruce is also married but I haven’t met his wife, Jakkie did and het likes her a lot.”

Ons het die volgende more gery en die ander twee bakkies was nog besig om te laai en ons sou voor uit ry. Rob en Piet en Jakkie het hulle koers gevat en ons sou net die aand uit slaap en weer die volgende more terug kom. Ek het vir Jeannie gewaarsku om genoeg braaivleis in te pak want ek kon dalk van die konstruksie manne gevra het om te kom braai. Bruce Kinlock sou ook daar wees en hy sou seker ook kom kuier. Ons sou sommer op ons bakkie se slaap banke slaap en kon hulle in die huis in dra. Die pad was bykans klaar en dit was net die laaste tien myl tot by Nyati wat nog moes gebou word. Hier het ek een van die mooiste en seldsaamste maar ook wreedste natuurtonele in my dae in Botswana gesien afspeel reg voor my oe en langs die pad. Ek en Jeannie het stil gehou en gekyk.

Ons het om n effense draai gekom en n paar wildehonde het oor die pad gekom en so dertig meter regs van ons het n klomp wildehonde onder n reuse koorsboom n bok verskeur. Dit was n hele gedoente en die stof het gedraai en die getjank en geblaf van die trop honde het die wereld deur mekaar gehad. Wildehonde jaag hulle prooi moeg en verskeur hom dan en vreet hom binne minute op. Hulle is die mees effektiewe jagters van die bosveld en as n bok uitgesoek is, is sy dae gewoonlik getel. Daar is n paar redes daarvoor, eerstens is dit kompetisie in die trop. Elkeen probeer so veel as moontlik so vinnig as moontlik vreet en gun sy mede troplede nie n happie nie. Behalwe vir die leier teef en reun het hulle nie n pikorde nie. Afhangende van die trop se grootte en die prooi se grootte vreet hulle n bok baie vinnig op. Dit is ook om kompetisie van ander aasdiere en vleisvreters te vermy. Honde wat nie genoeg kry by die vangs nie sal weer begin jag en as hulle niks kry nie ly hulle honger. Die wat almal genoeg gekry het sal by die gat waar die kleintjies is kos gaan opbring vir die kleintjies en ook vir die wat die nes oppas. As almal genoeg gevreet het sal hulle selfs stukke vleis in hulle bekke nes toe dra. Vir die leek lyk dit baie onaangenaam, tog is dit n baie skielike dood vir die prooi dier hoewel hy ver gejaag word en die honde baie fiks is. Tien honde vreet n rooibok binne n minuut op en beweeg weg van die plek van vangs. As dit nie gebeur nie en die honde bly le en vreet, kan jy verseker wees dat hulle nie kleintjies het nie en dat daar ook nie baie druk van ander vleis vreters is nie. Waar hulle vang sal niks vir die aasvoels oorbly nie. Nie een enkele stukkie vel nie.

In die koorsboom op die geel stam het n reuse luiperdmannetjie gele en die honde dopgehou wat reg onder hom besig was om die prooi uitmekaar te skeur. Ek kon nooit sien watse prooi dit was nie want daar was nie horings nie en het aangeneem dat dit n rooibok ooi moes gewees het. Dit was werklik n baie groot luiperd en sy dik nek en donker geelbruin kop het my opgeval. Of dit sy bok was en of die honde die bok gevang het, het ek ook nooit uitgevind nie. Hy was vier meter van die honde af in die boom en hulle was hard besig om te baklei vir n stukkie vleis en dit het gelyk of hulle nie van hom weet nie. Dit was moeilik om die honde te tel maar hulle moes naby twintig gewees het en dit was n warboel onder die boom. Die bok was baie gou iets van die verlede en die honde wat duidelik nie genoeg gehad het nie het die bloed en klein stukkies opgelek. Die kat het stadig af beweeg na n stam laer af en die volgende oomblik reg tussen die honde gespring. Dit was soos blits en die stof het weer gedraai en honde het getjank en die kat wat ek nie kon goed sien deur die stof nie moes taamlik gemaai het onder die honde en die volgende oomblik was hy weer in sy boom. Honde het vewilderd en leierloos rond gemaal en getjank en nie geweet wat hulle getref het nie en nie een het in die boom opgekyk nie. Dit het te vinnig gebeur. Drie honde het taamlik verriniweer gelyk en een kon nie loop nie en het gele en tjank en probeer opstaan. Die kat het op sy stam gesit met sy bek effens oop en die honde dopgehou. Hulle het weer nader gekom na die een wat gele het reg onder die boom en ek kon sien dat die kat sy kans afwag. Hulle wou hulle maat kom help en kom kyk wat hom oorgekom het toe die kat weer tussen hulle spring en die slag het hy een uitgesoek en baie vinnig met hom gewerk. Hy het hom agter die kop gegryp en net een skud gegee en die volgende een se pens gesny en toe was hy weer op sy tak.

Daar was nou pandemonium onder die honde, van hulle het gele en ander kon nie hulle wonde bykom om te lek nie. Dit was n getjank en gemaal en geroep en hulle het glad nie verstaan wat gebeur het nie. Daar het n paar n entjie weg beweeg en gaan staan en kyk wat hulle so skielik getref het. Onder die boom het drie gele waarvan een duidelik dood was en twee nog probeer opstaan het. Die res van die trop was so tien meter weg van die boom af en het probeer hergroepeer en geroep en getjank en mekaar begin lek. Die kat het gaan le en met die beweging het hulle hom die eerste maal gewaar in die boom. Hulle het die boom storm geloop en op hulle agtervoete gespring en probeer om selfs die stam te byt. Baie was baie gesny en bebloed en die kat was nou rustig op sy tak met sy bek nog effens oop en hy het nie n saak met die rasende honde gehad nie en nie eens na hulle gekyk nie. Onder die boom het nog een gevrek en ek kon sien dat die ander een dit nie sou maak nie. Sy derms het soos n tou agter hom gesleep en net n entjie verder het hy gaan le en tjankend sy asem uit geblaas. Die hele episode kon nie langer as n paar minute geduur het nie. Die res van die honde het seker agtergekom dat dinge nie pluis is nie en n ent weg probeer om die trop bymekaar te kry. Van hulle was baie gehawend en swaar kruppel en n paar se ore het aan flenters gehang. Een was seker n leier en het die trop geroep met fyn tjank geluide en hulle het die dooies gaan deursnuffel en in die lug geroep asof hulle ween en toe het een weggedraf en die ander het gevolg en die drie dooies het bly le onder die boom.

Die kat het soos n statige koning wat hy ook was, stadig afgeklim en eers sy boom se stam nat gespuit en deeglik gemerk en toe die honde een vir een gaan deur ruik. Een moes nog n effense beweging gemaak het want hy het met n gegrom die hond gegryp en geskud en weggegooi. Toe is hy na die eerste hond toe en vat hom agter die kop en gaan bere hom hoog bo in die boom, maklik asof hy geen gewig dra nie. Hy het die ander twee ook in die boom gaan bere op verskillende takke en weer op sy eerste tak gaan le en was binne minute vas aan die slaap. Dit was asof daar minute gelede niks plaas gevind het nie. Doodstil en rustig en hy het le en slaap met sy yskas vol gepak.

Jeannie en ek het vir die eerste maal gepraat en ook saggies om nie die koning te pla nie. My verwondering vir die krag van die spikkelkatte het geweldig toegeneem, hy was nie een oomblik bang vir die spul honde nie. Hy was al die pad in volle beheer en het sy kans perfek afgewag en uitgevoer. Ek het die honde jammer gekry en geweet dat dit n gevoelige slag vir die trop moes gewees het. “ Will he eat them Pine? Yes he will, no protein goes wasted in Africa. Normally predators deprive the meat of other predators but leopards are known to eat dogs. In fact they eat anything and Jakkie and I once saw a barbell up in a tree. It just shows you how quickly things can change in the wild of Africa. Ten minutes ago all was quiet and here you have seen a show that you will never see again. Selby once told me that a wounded leopard is a chain saw on 400rpm’s at 100 miles per hour and also in 4×4, now you have seen why we use two hunters. For me a wounded leopard is the most difficult of the Big Five. He is a master of camouflage and he has the patience to do exactly what he wants to do. He was never afraid of the dogs and he chose to attack them and he had his plans well worked out and he also knew that he had the ability to kill a few dogs and escape unharmed. They operate on their own and getting wounded would have meant a certain death for him. To me he is the ultimate predator, the very best and he can live in your backyard without you knowing it.”

Ons het nog n ruk gesit toe Katwindi en Luka met hulle bakkies opdaag en natuurlik te laat om die skouspel te kon sien, net die koning wat gele en slaap het en sy buit opgepas het. Ons is verder na Nyati toe en ek kon die toneel nie vergeet nie en sal dit seker my lewe lank saam met my dra. Spikkelkat is nie n man se maat nie en ek het gedink aan die een wat ek by Ben met die twee honde geskiet het en besef dat ek eintlik baie gelukkig was om my eerste skoot te kon skiet terwyl hy nog in die boom was.

Ons het by die basis aan gekom en ek was in vervoering oor my plek. Alles was klaar, my ingeboude kaste en selfs beddens was op hulle plekke en ook die meubels wat van Katima af gekom het gemaak uit die pragtigste Rhodesiese Kiaat. My herlaai tafel met n baie dik blad was daar en die water was gekoppel en so ook my gasstoof. Die plek, soos my hele sone, was klaar en die swembad vol en daar het sproeiers geloop om die natuurlike tuin so gou as moontlik te laat vergeet dat daar mense gewerk het. Die wereld was bykans niks versteur nie en dit het gelyk asof die huise al jare daar staan. Katwindi en Luka het die voertuie afgelaai en ek en Jeannie het op die uitkyk platvorm gaan sit en koffie gedrink. Die watergat was meer as half vol en ek het geweet dat hy nou baie langer sal neem want hy raak wyer boontoe. Ons kon nege spesies wild tel by die water en die uitsig was asemrowend. Duisende kelkiewyne het kom water drink en n baie groot swerm rooibek vinke met die altyd teenwoordige trop valke agter hulle en die muishonde wat ook hulle deel van die fonds wou he. Daar het vyf koedoe bulle gestaan naby die water en Jeannie het gese dat twee van hulle groter was as die baie mooi bul wat sy saam met my geskiet het. Ver na die ooste kant toe het aasvoels gedraai en ek het n leeuwyfie hoor brul, die brul van dikgevreet en tevredenheid en ek het geweet dat hulle die nag moes gevang het. Die gedeelte met sy digte wild bevolking het n geweldige groot leeubevolking gehad. Die uitsig was my rede hoekom ek na Afrika toe gekom het, hier sou elke tien minute n ander toneel hom afspeel en dit op my voorstoep. Dit was ongelooflik mooi, n mens kon nooit hier vervelig word nie. Dit het gereen na ek laas daar was en die veld het begin ontwaak uit sy winterslaap, oral het voels gevlieg met vere en takkies in hulle bekke en al wat nog effens gepla het was die bouspanne wat besig was om die Katolieke gedeelte op te sit.

“Pine it is so beautiful that I am getting emotional. Sweety, God really took his time when he made this part of the world. The Linyanti is beautiful but not more than here, this is another kind of beauty. I Really did not look forward to come and stay here, now I am looking forward for the first time. I Think we will be happy here. We will be happy, these Boababs are the most beautiful trees in the whole of Africa, the whole base and everything here was done by right people, I can’t wait for my family to see this. This is what I have been dreaming about for so long, now that the girl from the US is with me it can only get better.”

Ek en Jeannie was so vasgevang met die natuur dat ons vir lang rukke stil was en nie met mekaar gepraat het nie. Dit was elke vyf minute n nuwe rolprent wat voor ons afgespeel het. Die leeus wat gebrul het, het kom drink, dit was soos alle troppe in die Chobe weer ook n groot trop. Ek kon dertien kleintjies tel en hulle was nie ouer as n maand nie. Van die wyfies was swaar dragtig en daar was vier reuse mannetjies by, hulle het soos n vierling gelyk. Groot en imposant met swart maanhare en dik sterte met n houding van n koning. Toe die leeus opdaag het n ratelwyfie met haar kleintjie in haar bek weggedraf al skommelende en hom teen n Maroela gaan neersit. Die drie eilande het baie natuurlik gelyk en daar het twee breekop arende gesit en die maraboes dopgehou wat soos begrafnis manne kom drink het. Volstruise het al spelend nader gekom met n groot groep kuikens en op hulle snaakse skepmanier begin drink en toe in die stof gaan was.

“ Morning Pine, very nice view that you have here. Hello Bruce, this is Jeannie, the girl that looked after me in the States when I was so lost I could not remember my own name. Let me introduce you to my boss, this is Jessie, my wife of fifteen years. Welcome in Botswana Jessie, I hope you will enjoy staying with us. You went through quite a rough time in Central Africa, it is different here, a very good government and everything is really running smooth in this part of Africa. We will have peace her for as long as I can see.”

Ons het gaan sit en hy was dankbaar oor alles wat gedoen was vir hulle twee, hy was n natuurbewaarder in murg en been en sy ook. Baie gawe vrou en baie baie saggeaard en ek het geweet dat Jeannie ten minste nog n maat by gekry het. Hy kon die uitleg van die basis nie genoeg prys nie en wou weet hoe ek die staat kon oorreed om so n plek te bou. Ek het gese dat dit rondom vertroue gedoen was, dat alles wat ons doen met absolute eerlikheid tot voordeel van die land gedoen word. Ons het kom jag in Botswana en eintlik baie ver van jag af ander goed gedoen. Ronnie Macfarlane het hom my geskiedenis vertel en van waar ek gekom het en ook die rol van Selby vertel en dat ons jagters was, wat baie ander dinge ook kom doen het. Ek wou weet of hy tevrede was met sy kontrak met die staat en hy was baie en hulle het haar ook aangestel en hy moes soek vir nog ses aanstellings. Dit was sy keuse wie en wanneer hy mense sou aanstel. Ek het geweet dat die minister nie sy woord sou breek nie. Vir die eerste maal in die geskiedenis was die Chobe en ook die hele noorde onder n opgeleide man wat sy werk geken het. Dit sou ook moes in areas ingedeel word om beheer makliker te maak. Met my wat nou in die Chobe sou gaan woon het Selby ook n ekstra konsessie gehad, ons het hier gejag maar nou kon meer kliente kom en daar was luikse ruimte daarvoor. Dit was n ekstra konsessie wat sou bykom wat nie voorheen bestaan het nie. Dit was die area met die digste wild bevolking in Botswana tog het daar spesies meer volop in ander gebiede voorgekom.

Katwindi het kom vuur maak en ons het gebraai en daar was selfs aartappelslaai en brood wat ons ook op die rooster gesit het en terwyl ek geeet het, het ek opgekyk en seker die grooste elandbul in die Chobe by die water gesien. Hy was die regte bloubul met n flap wat onder sy nek gehang het en hy was so naby dat ek sy kniee kon hoor kraak toe hy van die water af wegloop. Twee dik dikke het suutjies kom drink en die neuse wat so heen en weer kon ruik met die groot neusgate was baie mooi om te sien, hulle lam was by en hy was halfvolgroei. Hordes van die groen bosduiwe het kom land en gewas en gedrink en ek het opgehou met eet en net gestaar. “ Never a dull moment Pine.” Bruce het my wreed in die rede geval. “ I wish I could retire here Bruce, it must be one of the most beautiful places in the whole of Africa. It certainly is Pine, Jessie and I will at this very moment never leave Africa, we did consider going abroad, now that we are here we will not even think of it.”

Ons het die aand daar geslaap en deur die nag kon ek olifante hoor en af en toe koedoes wat blaf en leeus hoor brul. Dit was heerlik om in die ongerepte Afrika te slaap en ek het gedink hoe ons aan die begin gesukkel het met leeus in die nagte rondom die bakkies. Een het een nag op Rob se bakkie se neus kom sit en wou hom deur die windskerm opvreet. Hy was nie baie beindruk met die leeu nie. Jeannie het die huis geherrangskik en sy het haar eie slaapkamer gehad met haar eie badkamer en ek ook myne. Daar was n groot leef vertrek en die een slaapkamer was my geweerkamer en daar sou ek herlaai en dit was buite perke vir haar sindelikheid. Daar was selfs gordyne en n sonskerm voor die vensters en die huis se voorstoep het ook op die water uitgekyk. Ons het by verre nie genoeg meubels gehad vir die huis nie en ek het geweet dat Selby baie in sy huis op Maun gehad het. Daar was selfs n hondehuis langs ons huis en ek het gewonder of Jeannie die honde die huis sou belet. Ons sou moes n huishulp kry, wat n man moes wees soos oral in Afrika, hy moes alles van huiswerk tot tuinwerk doen. Jeannie moes te veel te lang tye saam met my ry en ook my administrasie doen en dan ook vir Maria help met die staat en die jagadministrasie.

Dit was nog bykans skemer toe ek op die dek gaan sit en Katwindi langs my die koffie neersit en ons in sy taal begin praat het. Luka het bygekom en my innig bedank vir die geleentheid vir hom en sy vrou en ek het gese dat hulle n man moes soek en as die persoon se vrou ook kon help met enige werk sou dit welkom wees. Hulle was baie beindruk met die slag plekke en die trofee store en hulle was byna meer opgewonde as ek oor die nuwe lewe wat nou voorgele het. Ons het die dag deur die basis geloop en alles probeer sien en leer vir as daar dalk foute sou kom, alles ver voor die datum en die spanne het soos gewoonlik teen n mal spoed gewerk. Hull was met die Katolike gedeelte besig en dit sou n spogplek wees met n kliniek en die skool met ses klaskamers en dan die woon gedeelte waar die mense wat daar sou werk ook gewoon het. Bruce het my sy gedeelte ook gaan wys en ook sy huis. Dit was dieselfde plan as myne en dan ook die twee grooste huise in die basis. Hy was nog meer karig as ek gemeubileerd en ek het my voorgeneem om weer van Spyker gebruik te maak, hy sou moes nog meubels maak op Katima.

Ons is die middag terug en ek het by die luiperd gestop maar hy was nie daar nie, net die een hond was n goeie stuk van opgevreet. Die ander twee het ek geweet sou die aasvoels wat sirkel in die lug seker maar moes opvreet. Dit was somer en vleis het nie lank gehou nie en luiperds vreet nie sommer vrot vleis nie. Jakkie en Piet en Rob het vir Kabous laat weet dat hulle by Ben se konsessie was en nog daar sou bly tot hulle weer by ons sou kom jag. Jeannie het soos n stout kind langs die swembad gesit en kekkel oor Nyati met Monica en die ander en ek het my verwonder aan die kind wat so ryk groot geword het en tog het die kleinste goedjies vir haar saak gemaak. Ons manne het eenkant die nuwe jaar probeer voorspel en planne gemaak om alles te laat seepglad loop.

5 Desember 1977




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed