Samesprekings met Peter Williams en Bruce Kinlock.
Ek het vir Bruce saam met Ronnie Macfarlane in die VSA ontmoet, hy was n natuurbewaarder wat n boorling van Uganda was en met Idi Amin se malle koningkryk moes hy vlug en is na Kenia en Tanzanie waar hy beroof was. Toe is hy na Malawi waar stropers hom wou vermoor en hy het gedink aan Botswana. Op die stadium was dit eintlik al stabiele land wat nog wild in groot getalle gehad het. Hy het ook n graad gehad in sy rigting en het gespesialiseer op die nylkrokodil en het vir ses jaar navorsing oor krokke gedoen. Hy het ook op die woudolifant gewerk en ons sou vir ure mekaar se kennis kon tap oor die natuur. Hy het my geleer dat die woudolifant een minder toonnael aan sy voorvoet het en reguit tande het en dus n subspesie was. Ek het vir Peter gese dat as hy my wou kom sien, om vroeg in die more te begin vlieg. Die reenseisoen was op hande en dit sou bykans elke middag reen en ons sou moes voor twee uur klaar wees en hy terug in die lug en op pad suidwaarts, anders sou hy moes n aand oorbly. Jas was reg en die miere het begin vlieg en ek het geweet dat die reen die bouspanne ook sou op hou. Die vrugte vlermuise het vanaf sentraal Afrika begin terug kom en die somer was in sy volle glorie terug, later as gewoonlik maar dit was somer.
Dit was net na nege toe die helikopter en Mark Mclean wat die loods was opdaag, Bruce en Peter en sy seun was al wat saam gevlieg het. Ek het geweet dat die seun baie lus was vir jag en vinnig met Rey en Colin gereel dat hulle sommer tussen my spul gewere n ligte kaliber moes kry en die kind neem vir n bok wat hy kon saam vlieg huis toe, iets soos n rooibok of n lechwe of n tesssebe. Daar moes n koordinerende man met kennis van natuurbewaring in die groter Chobe aangestel word. Botswana se vereistes was anders as ander lande en die man sou eerste die bevolking in ag moes neem en dan die natuur. Binne die reservaat grense was geen bevolking toegelaat nie net die migrerende boesmans en hulle was werklik die staat se weggooi-stiefkinders. Dit was deel van my bekommernis. Hulle kon nie gesag aanvaar oor hulle nie en het geen diere behalwe honde aangehou nie. Hulle het glad nie geplant nie en het geleef soos hulle al baie eeue geleef het. Ek het daarmee vrede gemaak maar ek kon nie sit en toekyk hoe hulle deur leeus en siektes uitgeroei word nie. Hulle sou agter diere aan migreer en het n paar bassise gehad wat hulle sou bewoon en dan weer trek agter die reen en wild aan.
Die boesman kwessie het ek geweet sou een van my kwellinge bly en ek het voorgestel dat ons al die kampies moes omhein met doringdraad wat baie na aan mekaar gespan sou word om die roofdiere uit te hou. Al het hulle vir so lank tussen die goed gewoon was hulle tog iemand se verantwoordelikheid en ek wou nie knaend leeus gaan soek wat boesmans gevang het nie. Daar was omternt vyftig groepe binne die reservaat en hulle moes darem veilig kon slaap en hulle was toegelaat om te jag op hulle maniere wat baie jare oud was. Die Katolieke sou hulle diens en ek het gedink aan ses plekke wat redelik sentraal sou wees en ook by die toeriste plekke kon hulle gesien word en die siekes gehelp word. Hulle sou ook nie konstant binne die grense bly nie en hulle het die hele wereld as hulle eiendom gesien. Die ander nasies het hulle as slawe gesien en dan was daar die toordokters vir wie hulle n doodse vrees gehad het. Peter het die kwessie van die boesmans op my geskuif en ek sou hulle hanteer soos ek goed gedink het, daar was geld beskikbaar vir hulle en ons sou na hulle omsien sonder inbreuk op hulle gewoontes.
Die doel van Bruce was om die Chobe wat net op papier bestaan het, op te bou as n nasionale park en ook die ander parke wat naburig was. Dit moes toeriste lok en daar moes begrotings wees om nuwe kampe te bou en paaie in stand te hou en ook moes my jagkonsessie eerbiedig word wat binne die grense van die park sou wees. Hy sou by Nyati kom woon en bevel van die natuur gedeelte oor neem en ek sou die bevolking en probleem diere doen en jag. Hy sou sorg vir natuur opleiding aan die kinders van die bevolking want dit was tog hulle land en hulle erfenis wat ons net probeer oppas het. Hy sou die basis beheer maar nie my sone nie, die kon my boemans skoon hou as ons nie in die veld was nie en Manwasi se mense sou gehuur word en baie van hulle het al by die konstruksie spanne gewerk. Ek sou n basis beheer plan opstel soos ek gedink het dit moes werk en hy sou ook een opstel en ons sou dit dan koordineer. Die katolike gedeelte sou onder n jong priester resorteer en hulle was onafhanklik van ons af en sou hulle eie ding doen. Die boesman kampie was my verantwoordelikheid en die res moes ons saam uitwerk wie wat sou doen. Beide ek en Bruce se gebied was dieselfde en ons grense het onder om die Makgadigadi panne geloop van oos tot wes, meer as die die helfte van Botswana. Alle safari ondernemers in die gebied sou onder my val en ook alle welsyn en opheffing van die bevolking. Natuur bewaring sou onder Bruce val en so ook toeriste en dan opleiding van die bevolking om hulle eie natuurparke te kon hanteer. Dit het alle natuurparke ten noorde en insluitend die Delta en die Makgadigadi panne ingesluit. Dit was omtrent 53% van die totale oppervlakte van Botswana.
Peter het gese dat hy mense sou stuur om die nuwe aanstellings as Botswana burgers te registreer en dit sou vir Jeannie ook insluit wat ook n gedeelte van haar tyd vir die staat sou werk. Om n burger te kon wees van die land waarin ons gewerk het het dit net so veel makliker gemaak. Peter het ook vir ons beide tien groot kaarte van Botswana gegee en soos ons beplanning sou vorder sou die kaarte al hoe meer afgeleef word want hulle moes baie male saamry. Ek sou een teen my kantoor muur hou wat altyd netjies sou wees en nog n paar as daar weer moes voorleggings aan die regering moes geskied. Ek het geweet dat ons baie nou sou moes saamwerk en ek het die man as n baie stabiele persoon gesien wat sou saamwerk. Peter het aan hom gese dat die president my aangestel het en dat ek die oorwoe hoof van die hele gebied sou wees. Hy sou nog aanstellings moes maak want alleen kon hy dit nooit doen nie. Ek en hy het besluit op n werkverdeling waaroor ons sou ooreenkom. Sy huis was klaar by Nyati en hy kon in trek as hy wou, daar was nog goed wat moes afgehandel word maar dit was leefbaar. Ronnie sou die karige besittings wat hy kon saambring uit Malawi daar gaan aflewer en hy kon begin planne maak. Ek was baie bly om n kundige te kon he en het vir Bruce verwelkom in die nuwe land. Hy was ook n 416 man maar het net geskiet as dit werklik sou nodig wees.
Klein Peter het terug gekom en hy het n pragtige lechwe geskiet en ek het hom gaan gelukwens en die jagters saam met hom het die bok gaan regmaak om vir sy ma saam te neem met die helikopter. Hy wou so graag kom jag maar omdat hy n enkel kind was, was sy ouers ook maar lugtig vir die gevaarlike goed wat in die bosse gewoon het. Die kind was baie trots en ek het aan my eie eerste bok gedink en kon myself voorstel hoe dit moes gevoel het. Peter het gese dat ons gou na Nyati toe moes vlieg, hulle het nie met hulle vlug daaroor gevlieg nie en hy wou net kyk hoe dit uit die lug lyk. Ons het al met die nuwe pad gevlieg en dit het soos n reuse luislang uit die lug gelyk, ek het voor by die loods gaan sit en ek en hy kon oor die oorfone praat. Hy het so seshonderd voet hoog gevlieg en ek het hom gevra om weer so n ligte draai oor die heuwels agter die basis te vlieg. Dit was so opmerklik die absolute verskil tussen die savannah vloedvlaktes en skielik het die heuwels soos reuse klip molshope verrys. Die veld en habitat sou binne meters verander van rooi grond en sand tot klipkoppies wat gelyk het of reuse vragmotors hulle daar afgelaai het. Ek kon die drie bakkies met my meubels uit die lug sien en die manne wat besig was om hulle in te dra en ek en Bruce het so ligweg gesels oor die basis en ek het sy huis aan hom gewys. As die spul bont tente en opslaan wonings van die spanne sou weg wees sou daar selfs uit die lug baie mooi gekyk moes word om die basis raak te sien. Selfs die swembad was die kleur van die grond en die watergat het al n bietjie meer water in gehad en ons kon diere by die water sien. Die twee kragopwekkers het in geboue gestaan wat net soos die klipheuwels gelyk het so driehonderd meter van die heining af. Mark het nie gaan sit nie want die weer het opgesteek en ek het gewonder of my manne genoeg tyd sou he om die elande te kon skiet voor die reen weer sou val.
Ons kon nie te lank gesels by die Linyati nie want die loods was onrustig oor die weer en ek en Bruce was dit eens dat daar baie olifant skade in die reservaat was en dat daar sou moes n plan gemaak word met die groot getalle wat veral vanaf die ooste en dus uit die Wankie uit die gebied ingestroom het. Ons kon groot troppe uit die lug sien en ek het geweet dat die migrasie van diere weer sou plaasvind as dit net in die suide begin reen het. Van die troppe het ook die Delta binne gegaan wat reeds te veel gehad het. Oral uit die lug kon die nedersettings met hulle groen lande gesien word en dit het vir Peter baie beindruk, van die mense sou genoeg kon oes tot die volgende seisoen. Ons het aanvaklik net op stapel voedsel gekonsentreer, mielies en koring en ook ses soorte groente en natuurlik die sorghum waarmee die bier gebrou was. Ek het vertel dat ons selfs donker hutte laat bou het waar hulle aartappels kon opgaar en hulle het op ons advies plekke gemaak om mielies en sorghum op te gaar met kakie bosse tussen in om insekte weg te hou. Baie van die plekke sou heeltemal selfvoorsienend word en Jakkie het n meule ontwerp wat soos n fiets gewerk het, jy moes net trap en jou meel sou gemaal word. As ek terug gedink het oor hoe die wereld was toe ons daar gekom het en wat ons alles vir die inwoners gedoen het dan het dit eintlik baie goed gegaan met hulle. Hulle was soos alle boere ook van die natuur afhanklik en sou moes leer aanpas by omstandighede. Hulle het genoeg kos gehad en vleis het hulle gekry by ons en hulle sou moes leer om hulle eie beeste te slag want die markte was ver en beeste volop in Botswana. Ons kon die inheemse rasse probeer verbeter met bulle van erkende telers en ramme uit ons land. Dit sou ook n uitdaging bied vir die nuwe jaar en vir die toekoms. Dit was nie deur al die jagondernemers gedoen nie en dinge sou in die nuwe jaar meer gelykop moes geskied. Daar was ondernemers wat hulle mense nie goed behandel het nie en n standaard sou ook in die opsig gestel moes word. Dit was regerings beleid dat die bevolking direk by die konsessies moes baat vind.
Rob en Pieter het van ons Wankie konsessie af gekom want ek het dat Kabous vir hulle se van ons maat wat nou getroud was. Valskerm soldate het mekaar nie so maklik ontwyk nie en ek het geweet dat Jakkie n boete sou moes betaal. Die eintlike rede was dat die manne hulle ivoor kwota vol geskiet het en die spul tande was op pad na Selby toe en van daar sou dit na die staat se store geneem word. Ek het vergeet om die gewig neer te skryf maar dit was n goeie klompie tonne wat hulle geskiet het. Die nuwe manne wat by hulle sou oorneem was klaar daar en vir alle praktiese doeleindes was hulle jagtery in Botswana verby. Hulle was meer as tevrede met die nuwe manne en Rob het gese dat ons beslis die regte keuse gemaak het, die manne sou n sukses daarvan maak. Dit was vir my vreemd dat ek nou sonder my maters van twee jaar verder sou gaan, Ek het geweet dat ek die manne sou mis, hulle kon ek alleen los en weet dat daar nooit iets na my kant toe sou boemerang nie. Betroubare manne was skaars en ek sou baie lank soek om die manne regtig te vervang, ons het lang en moeilike paaie saam geloop van skooldae af en grensdiens tot waar ons nou vir goed seker uitmekaar sou gaan. Hulle sou n paar dae kuier en dan hulle goed gaan pak en ons sou by Selby n afskeid reel en dan sou almal se verlof ook begin. Dit sou n vreemde nuwe jaar wees sonder die gewone span wat mekaar so goed verstaan het.
Ons wou op die boot gaan en vir Jakkie baie goed inlyf in die nuwe vreemde wereld waar hy hom nou deur sy eie toedoen in bevind het. Kabous het gese dat die bote besig was om gediens te word en daar was nie bote beskikbaar nie. Dit was my en sy geheim, ek was bang dat dit n rowwe affere sou word. Dit moes gedoen word waar die vrouens by was en die nuwe een Naomi kon ook sommer die manne wat so n lang deel van sy lewe was beter ontmoet. Dit sou eintlik maar die einde van n era wees en ons het dit besef. Pieter was op pad om met n Maties sportbeurs te gaan studeer, hy was n baie goeie rugbyspeler en die wereld het vir hom oop gele en hy sou ook BSC Landbou gaan studeer. Ek het gewonder hoe die kampus met n valskerm man en n grootwildjagter van formaat sou uithou. Hy was die stil tipe maar n leier uit sy eie reg en n offisier van n elite eenheid. Hy sou nou n eerste jaar wees. Dit sou vir die man wat kon boks soos min wat ek in my lewe gesien het ook maar n aanpasssing wees. Ek het hom net die beste toegwens, hy was soos n broer vir my. Die woord “bang”het hy nie geken nie.
Dan was daar Rob, hy was vreesloos en hoe beter die adrenalien kon loop hoe meer gelukkig sou hy wees. Daar was nie n meisie in sy lewe nie, daar was net nie tyd daarvoor nie. Ek dink dat hy een van die beste soldate en offisiere was wat die Bataljon ooit opgelewer het. Baie regverdige en streng man, met die hart wat n leeu sou begeer het. Hy het die pos van die Bevelvoerder van 101 Taakmag aanvaar en ek het geweet dat die weermag nie n beter man kon aanstel nie. Onder hom sou baie militere suksesse behaal word en ek was werklik bang vir sy loopbaan, hy sou voor wees en die wat nie sou volg nie sou dit ontgeld. Wonderlike vriend en n meester in veldkuns en hy het gegaan waar sy hart hom heen gelei het. Oorlog was in sy bloed en in sy mens wees, dit was wat hy wou doen en al my gesoebat en gepleit het hy nie mee n saak gehad nie. Hy het my laat dink aan n gedig wat ek as n seuntjie gehad het. “Ek hou van n man wat sy man kan staan van n oog wat nie wyk, wat n bars kan kyk…………………” Dit was Rob. Hy sou selfs later met die Mossad, die geheime diens van Israel saam werk toe hy militere attaché in die land was. Hy kon nie floreer as hy nie onder intense druk was nie.
Dan was daar Jakkie, my beste vriend en n man wat my koel en kalm sou vat aan die hand en se dat ons gou die hel moes deur stap en weer terug moes kom want hy het nog werk gehad. Hy was die egte “Vader Tyd” en so het hy mense tot hulle eie reg laat kom. Hy was vir my meer die ware leier en hy was ongelooflik intelligent behalwe as dit by die Britse taal gekom het. Hy was min kere in sy lewe ernstig, maar as hy was kon jy maar luister. Ek moet nog n jagter teekom wat so vinnig en akkuraat kan skiet soos hy. Hy was nou n getroude man en hy sou moes n klemverskuiwing maak. Ek het vir Naomi alles van Jakkie vertel en hy sou later ook vir Jeannie alles vertel van my. Baie goeie ongelooflike vriend. Ek was die Kompanie bevelvoerder oor die drie in die Oos Caprivi en ek was nooit ooit bekommerd oor enige probleme nie. Kabous was ons offisier klerk en sy deelname sou die heel beste wees. Ek sou vir ure kon praat en skryf oor hom, nooit ooit sou ek werklik kan voldoen aan die man wat hy werklik was nie. Hy was verlam in sy onderlyf, dit het aan sy mens wees niks gedoen nie, hy was van die beste admin offisiere wat ek in my hele militere loopbaan gesien het. Hy was die eerste gestremde in die bataljon en ook die eerste een op die grens. As n mens wou deursettings vermoe gesien het dan was hy die mees ideale voorbeeld. Ons vriendskap sou een of ander tyd moes tot n einde kom, vir hulle was die vakansie verby en het n nuwe lewe voorgele. Vir my het ook n nuwe lewe voorgele wat anders as hulle sn sou wees.
Daar was nog n paar dinge wat die manne wou doen voor hulle Botswana sou verlaat, daar was spesies wat hulle nog wou skiet en hulle wou nog na die Valle toe gaan en ook Katima toe. Dan moes al hulle aardse besittings opgelaai word en hulle sou terug gaan na ons land toe. Selby het laat weet dat my toer na die VSA baie suksesvol was in die opsig dat ons geweldig baie besprekings gekry het vir jagte in die nuwe jaar, as hy maar net geweet het hoe onbeholpe ek was in die vreemde land. Voor ons op vakansie sou gaan moes dit ook klaar uitgesorteer wees wie waar sou jag en hoeveel jagters by n sekere konsessie sou kom jag. Die wildgetalle was nog altyd meer as dit wat ons kon skiet, die nuwe jaar sou baie meer jagte inhou as die vorige twee tesame.
30 November 1977