Siek olifante langs die Savuti
Die weermag het opgedaag terwyl ons nog die drie buffels geslag het en hulle het n welkome verrassing gehad in die vorm van n weermag boot wat hulle agter n Unimog gesleep het om die Delta so bietjie makker en meer toeganklik te maak. Dit was n lekker boot en hy was op sy eie sleepwa met n wenas en gebou vir harde werk in Afrika deur Atlas wat ook vliegtuie gebou het. Ek het n mobiele braai laat saam neem vir die tye wat ons op die water was. Die weermag manne was almal in hulle staandemag en baie gedissiplineerd en die opdrag van hulle hoofde was om ons met alles moontlik by te staan. Hulle het selfs kettingsae gehad en hulle was met CBC gewere wat soos ons R1,s gelyk het uitgerus en daar was selfs n kis vol pansterbreek ammunisie wat so baie skieters in Afrika vir die groot goed gebruik het. Kos en brandstof was genoeg en hulle was 12 in totaal met twee mediese manne by wat baie goed toegerus was.
Ons het tot bykans middernag die bakkies gepak en alles wat ons sou benodig saam geneem en weer seker gemaak want daar sou nie omgedraai word nie en dit wat nie by was nie moes agterbly en sou moes sonder klaar gekom wees. Jeannie het bykans vir alles gesorg en ek het net ons gewere en genoeg tabak en my pype gepak en Jas sou by ons wees want hy was bang vir die weermag manne. Ons sou met vier bakkies ry en bykans voltyds in die veld slaap en leef en net soek vir siek bulle. Daar was radio verbinding en die foon kon met die bakkie herlaai word en sy het selfs kaarte in gepak en het soos dit vir my gelyk het uitgesien na die skietery. Ek wou eers na Gobabis Hills toe gaan waar daar navorsers was wat ook wou saam gaan . My bakkie met die staalkappie op het rakke gehad vir gewere aan die binne kant en ek het die 270 van die staat geneem en haar 404 en my 458 en twee 416,e en die 8mm. Net die patrone was bykans n kis vol en sy het nog rou vleis in koelers ook gehad. Ons het by elke bakkie drie noodwiele gehad en kon hulle in die veld reg maak en die weermag het ook baie sulke gereedskap gehad. Ons is voor son op die more weg met wat bykans soos n militere konvooi gelyk het en is al met die grootpad langs tot by Gobabis se afdraai waar die pad minder mooi was en ek vir Jas laat op die dakrak sit het om te kyk vir olifante.
Ek en Bruce het lank die vorige aand gesels oor die gedrag by olifante en hulle optrede as hulle siek was. Hulle was swak en sou naby diep water wees en het n mate van koors gehad, hulle sou die slap slurp oor die een tand dra en hulle sou maer wees en gewoonlik alleen want hulle kon nie byhou by die ander nie. Hulle het ook n kenmerkende reuk gehad wat ek nie kan beskryf nie, en hulle sou nie meer aggressief wees nie. Hulle sou probeer in die skaduwee bly en sou wees waar hulle met hulle bekke kon vreet wat absoluut abnormaal was vir hulle. Ek het ure met Don Heath oor die foon gepraat en hy was dit eens dat dit eintlik n genade dood was vir die bulle want hulle sou net weg kwyn en vrek. Rhodesie het hulle nie geskiet nie weens swak fondse en baie het vir maande in die toestand oorleef. Ek het gevra oor die gewere en hy het hulle met baie ligter kalibers geskiet, hy was n meester op die gebied van kalibers en herlaai. Hy het ook saam gestem dat dit nie aansteeklik is nie. Don Heath (Guanyana) werk vandag by Norma en is n spesialis op die gebied van koeels en herlaai en ook jag in die verre ys wereld. Hy was n wonderkind van Afrika en ek moet erken dat Afrika baie armer is sonder hom. Hy is en sal altyd n wonderlike vriend wees en ons het n lang pad saam geloop. Wonderlike en werklike uitsonderlike goeie jagter en vriend en n kenner van veral Rhodesie se wild en sy mense.
Jas het teen die ruit getik met sy stokkie en links van ons was n klein kameelperd kalfie, hy moes maar ure oud gewees het want sy naelstring het nog gehang aan hom. Seker een van die mooiste van die Skepper se mooi skeppings. Ek het n hele ruk gewag vir die ander voertuie om by te kom en die kalfie beskou, ek moet nog n mooier gesiggie sien as wat aan die kleintjies behoort. Die Unimogs het bygekom en ons was nie ver van Gobabis Hills af nie toe ek die eeste siek bul gewaar na Jas hom gesien het. Hy was baie siek en meer as n derde van sy slurp was nutteloos, hy was alleen en ek het vir Luka geneem en die bul bekruip wat tussen die sekelbosse onder n worsboom was. Katwindi en Temba het stadig nader gekom maar dit was eintlik onnodig om vier jagters vir n enkele siek bul te stuur. My skoot was nader as tien meter voor die oorgat en dit het hom laat sit. Ek het om gestap en gesien dat die 400gr deur die kop was maar ek kon nie koeel hoor vasslaan teen iets nie. Ons het die tande uitgesaag wat nie baie lank was nie en die offsier se manne het ons met hulle nuwe sae gehelp. By Gobabis Hills het ek die navorsers na die bul gestuur en vir Selby self daar gekry maar hy sou teen die aand weer terug gaan huis toe.
Die weermag het my verbaas want by die basis van Gobabis het die offisier net een blaf gegee en ons voertuie is dadelik vol gemaak en die banddrukke geneem en die water en olie na gegaan en hy het aan my kom rapporteer dat hulle reg is om te ry. Ek het hom bedank vir wonderlike diens. Daar was veeartse van Botswana wat in Brittanje opgelei was en hulle het die bul oopgesny en ek het gewonder hoeveel hulle nog sou ondersoek. Ek het prof Fritz se teorie genoem dat dit iets moes wees wat hulle vreet en met hulle testosteroon vlakke bots wat die slurpe lam maak van die onderpunt af boontoe. Slurpe bestaan uit duisende klein spiere en hulle moes deur iets aangetas word. Slegs bulle wat al in “must” was en gepaar het was aangetas en blykbaar het die bekende reuk ander jonger akaris weggehou. Hulle was meestal bymekaar of meer alleen en as daar n paar groot bulle was, was hulle almal aangetas. Van daar die teorie dat dit aansteeklik is. Sommige het net die begin tekens getoon en was nog aktief genoeg om enige mens te kon aanvat. Dan was daar enkele gesondes by wat dit ook vir n jagter moeilik gemaak het want ons kon ook nie gesonde bulle skiet nie.
Selby het die toestand glad nie geken nie maar geweet dat dit voorkom. Dit het begin in Rhodesie net na Kariba gebou was in 1956 en hulle het selfs dit aan loodvergiftiging toegeskryf. Niemand kon vir seker se nie en ek en hy het lank daaroor gepraat, hoe ons dit sou hanteer en die fooi vir die uitskiet aan die staat. Ek het weer oor die 458 en die 400 greiners gepraat en vir hom was enige 400gr. goed genoeg. Die basis was bykans vol mense en bouers en ek het geweet dat ons baie lang tye nie daar kon wees nie maar in die veld of by inboorlinge se plekke. Hoe ons die bevolking van die karkasse sou weghou het ek nie raad voor gehad nie en hy het gese dat hulle dit maar moes eet soos hulle dit al jare doen en nog nie iets daarvan oorgekom het nie.
“ Pine I saw you shooting that bull along the way, you did not show any emotion, just like the soldier that you are. How are you going to try to avoid getting emotional? Sweety, this is a job that has to be done, these bulls eventually die of starvation, it will only be human to put them down. It is going to take a lot of stress and a huge effort because they are all over the place, it seems they all are on the Savuti flood plains, that is where it was seen first. The only hazard being the huge group that will accompany us. They will eventually get tired of messing around in the intestines of bulls and we will do it so quickly that they will not be able to keep up with us. The government told us to get started and do it as quickly as possible. I will not wait for them to keep up with me. My main concern here is that this is the most populated area of almost every species that occurs in Botswana, we will have lion trouble and hyenas but fortunately it has only a few populated areas so I don’t expect the people being a factor. Another big concern is getting lost, that is why I brought Jas along but even they get lost and at some stage of this operation we will have to split up in two hunting groups. After all we are four hunters and we will hunt for ten days and go back home for a week. I cannot wait for the veterinary teams to do an autopsy on every jumbo, that will take me years of shooting sick bulls. Also it will not necessary be less dangerous with these huge amount of elephant lion and buffalo. The government has prohibited the taking of photos of any kind, so in that sense we are safe from the green world. Anyhow, it will not be easy, just to locate these bulls will be an effort, removing the ivory is an effort and we will be operating in an area of 8,000 sq. miles. We will make Gobabis our main base and work up to the Savuti and the Linyanti flood plains. Our other concessions are fully booked and we can’t expect any help from them.”
Selby en ek het nog gepraat oor die staat se fooi en die verblyf reelings ek het gese dat ons maar in die veld sou bly en net miskien brandstof sou laat haal by Gobabis Hills. Daar was n klein winkel wat die nonne bestuur het vir die bevolking en ook die fotografiese toeriste en ons kon daar sekere aankope doen. Die offisier het ook sy groep gedeel en hy sou met vier mense saam met my gaan en ek het vir Luka by my geneem en vir Temba by Katwindi gelos en ons sou op die radio praat. Hy het in die rigting ten suide van die Savuti beweeg en ek sou noorde toe in die Linyanti rigting en ook in die gebied wat onder Jakkie geval het en n gebied wat ek redelik geken het. Ek het die navorsers laat weet dat ek in die veld sou woon en hulle was nie baie gediend daarmee nie en het verkies om saam met Katwindi te ry. Dit het my gepas en ons is teen net na drie reg noord in die rigting van die Selinda kanaal waar ek die bul geskiet het wat die man dood getrap het. Dit was nie ver van waar Jeannie die groot koedoe en bastergemsbok geskiet het nie en dit was leeu wereld met n hoofletter.
Ons het nie vyftien minute gery nie toe Jas my stop en daar drie bulle was op die vlakte oop en bloot tussen die lae Mopanies. Deur Jeannie se verkyker kon ek sien dat hulle al drie siek was en ek en Luka is nader. Daar was baie buffels en die offisier is met twee man saam met my want die generaal het hom aan gese om my op te pas. Jas moes vir Jeannie op pas. Die een ou was baie siek en hy het geval met my eerste skoot en ook die ander een met Luka se skoot, die ander een is met sy slap slurp op loop en ek het gegaan vir n hartskoot wat ek gehaat het en hy het meer as tweehonderd meter verder met n gekraak van takke neer geslaan. Dit het die buffels byna op ons laat afstorm en dit het n lawaai en geraas gekos om hulle te draai. Die offisier het sy manne gestuur om die voertuie nader te bring en ons het die tande uitgesaag en gemerk. Ek wou die karkasse oopmaak sodat die aasdiere makliker kon in kom en by die dooie bulle bly vir n paar dae en ons met rus laat waar ons ook al sou slaap. Die kettingsaag saag die ribbes maklik oop van bo af en die res het ons met Jas se messe en byl oop gemaak. Die tande was moeilik om uit te saag as hy op sy sy gele het maar die Unimog het dit ook opgelos. Ek was die flukse offsier baie dankbaar vir sy mense en hulp. Ek het vir Katwindi geroep en hy het ses geskiet en ek het gese dat ons die karkasse oopmaak om die aasdiere agter ons te los. Hy het dit ook gedoen. Jeannie het n jong varksoggie geskiet en met haar 270 en sy het die regte doepa gehad om die varkie die aand te braai sommer so heel op die rooster en ons het gaan soek vir n plek om te gaan oornag. Ek wou nie naby water wees nie uit vrees vir leeus en ons het teen n droe omaramba die voertuie in n sirkel getrek en die weermag manne het vir ons n sekelbos kraaltjie gemaak met n hoop hout in die middel en hulle sou wagte he deur die nag. Hulle het die varkie geniet en geeet soos net soldate kon.
Ek het die foon geneem en my ouers geskakel en Jeannie het lank met my Ma gepraat en verduidelik waarmee ons besig was. Sy het ons bykans gesoebat om versigtig te wees. Ek het gaan le langs die bakkie op my matrassie met Jas en Luka naby my en Jeannie binne in die bakkie en gewonder hoe lank en hoe gevaarlik die skietery sou wees. Ek het gekom na die land toe om te jag, ek het te min gejag en nou bykans te veel geskiet. Dit sou maar sy merke op my laat. Daar bestaan vandag nog n reuse verskil tussen die jag van diere en die uitskiet van diere, dit waarmee ons besig was, was van die onaangename dinge wat moes gedoen word.
28 Maart 1978