Jongste aktiwiteit:

Terug Botswana toe en 1978 begin
vir

Terug Botswana toe en 1978 begin

Die Karoo was mooi en alles het gelam en die lammers was al groot behalwe die Blesbokke wat ook byna te veel was. Ons het ure met die perd gery en my ou hings het my nog verstaan en ek kon my groot word wereld geniet, weer sterte sny en die skaaphonde sien werk en my ou kontakte optel. Ek en Jeannie het lank by Oupa Koos en sy vrou gekuier en ons het oor die plaas en boerdery gepraat en ek het geweet dat ek moes terug gaan met n nuwe jaar met al sy uitdagings en ook halfpad in n nuwe beroep. My Pa het nie gejag nie en daar was te veel Blesbok ramme want daar was nog nooit in die kamp geskiet sedert ons hulle gelos het meer as vyftien jaar gelede nie. Dit was somer maar daar was altyd n mark vir wild en ek het veertien ramme moes uitskiet en sommer aan die slagter verkoop en die geld vir Ma gegee. Ek het gesorg dat daar tien groot ramme oorbly vir as Jeannie se pa dalk sou kom kuier want ek het hom vier spesies belowe. Ons het n hele klompie springbok ramme ook uitgehaal en ek kon die nuwe gewere van die VSA lekker geniet. Dit was tyd om weer vir die soveelste maal my ouers te groet en die roepe en soeke na Afrika weer aan te pak. Vir oupa Koos het ons genoeg .22 patroontjies gekoop en ook vir sy 303 en vir sy vrou ook allerhande nodighede.

Die geld wat ek in Botswana gemaak het, het ek vir Pa gegee wat n stukkie grond aangrensend kon koop en darem sy gedeelte meer ekonomies kon maak. Ek het net genoeg gehou om n paar maande in Botswana te oorleef. Kabous se vliegtuig het my op ons dorpie kom haal en my Ma het weer soos die Karoo mense maar is alles wat sy gehad het in gepak. Dit het gelyk of ek koshuis toe gaan vir n paar maande en die afskeid was soos altyd maar nie lekker nie. Hoewel my mense stoere Boere mense was, was hulle baie erg oor Jeannie en het dit ook vir haar gese. Die gevoel was van haar kant dieselfde. Ons het weer op Waterkloof geland en vir Kabous opgetel en was drie uur die middag op Maun waar Luka en Katwindi vir ons gewag het. Ek het met Selby gereel dat ons daar sou slaap en die volgende more na Nyati sou vertrek. Die suide het ook goeie reen gehad sedert ek weg is en die Boteti het weer geloop en uit die lug kon ek die groen veld en die troppe wild sien. Ek het n gevoel van tuiskoms ervaar en eensklaps besef dat ek sedert my laerskool dae eintlik uit my ouers se huis was en half vreemd in my eie wereld was. Sedert my hoerskool dae was ek baie min in die Karoo weens skool en later studie verpligtinge en toe die weermag en toe Botswana. Dit kon nie anders nie, ek het afgesterf van my wereld en ek het besef dat omstandighede nou in my beheer was en ek meer moes plaas toe kom. Die tyd saam met my ouers was heerlik en eintlik die beste vakansie na skool maar daar het nuwe dinge op die horison gele wat moes aangespreek word.

Selby was baie bly om ons te sien en so ook Luka en Katwindi en hulle moes eers vir Jeannie verseker dat haar diere nog almal reg was. Ek het hulle terug gestuur na Nyati toe en ons het eers weer in die kroeg gedeelte gaan sit waar Selby se studeer kamer nuut aan gebou was. Vir die eerste maal sedert ek hom geken het was sy kantoor baie netjies en blykbaar op datum met alles. “ Boertjie look at this, these are the hunting bookings that we have and still it is coming in every day. Your trip with Jeannie overseas did us very good and we are booked up to the rafters. I am not going overseas again Oom. We did a lot of promotion over there and also on Vic Falls with the Germans that were there. We will just have to do all these hunts and you will have to give us some of your juniors that are experienced enough. I did speak to Jakkie and he also agrees that Wankie must be re-opened for trophies. There are also a lot of game on last year’s quota that was not shot and we can ask Peter for a bigger quota if necessary. It is against my policy to turn hunters away Oom, the younger guys will only have to learn to do more hunting. We will do our best in the Chobe and Luka and Katwindi are very good in their job, we can do more accommodation there and even include game drives and mixing with the indigenous people. We will not turn clients away. Even here at the Delta a lot more hunting can be done. Easier said than done Boertjie, but we will have to see. Just stop that damn hobby of birds shooting Oom. You are addicted to it and you know what my view of a wing shooter is. It is because you can’t handle a shotgun Boertjie. I am glad that I am not addicted to wing shooting, to me it is a waste of good time seeing that we have so much work and so many more interesting species. Enjoy your birds, I will go after the bigger ones.”

Ons het gaan eet en ek het van die jonger jagters ontmoet wat nog by hom was en hulle gewaarsku dat daar vanjaar baie gejag gaan word en dat ek hard op hulle sou druk. Jakkie en Naomi was ook terug en die ander konsessies het al hulle mense gehad en was reeds aan die gang. Noel Wood het by die Wankie baie paaie gemaak en sedert die Botswana weermag daar begin het was hulle nog nie weer gepla deur mense uit Rhodesie nie. Dit was n baie betalende konsessie toe ons begin het in Botswana en hulle het al die infra struktuur gehad om net weer te kon begin jag. Ons het probeer om kliente van Rob en Pieter uit te sorteer wat by hulle gejag het en sou hulle weer Wankie toe stuur. Johan Adriaanse by Ingwe was bykans vol bespreek met sy spesiale jagte en by Kabous het hy twee juniors van Selby gekry en hy sou sy toere en die gestremde jagte alleen moes doen.

Ek was bekommerd oor Ben se Gwai/Kavango konsessie want hulle was baie primitief en net die heining om leeus uit te hou was nuut. Die herwinning van trofee in die moerasse en veral die skiet van honderd ponders was vir hom n nagmerrie. Ek en Selby het gaan sit en kyk waar om watter trofee te skiet. Die moeras en savannah soorte kon by Ben en die Linyati geskiet word. Die moeiliker goed soos olifante en buffels wat moeilik hanteerbaar was sou ek in die Chobe en ook in die Wankie hanteer. Die boog en handwapen jagte sou steeds by Ingwe plaas vind en Kabous het sy gestremde gedeelte gehad. Katwindi was n meester jagter van olifante en tussen hom en Luka sou hulle meestal net die bulle en buffels en leeus jag binne die reservaat grense. Uitsonderlike bok trofees kon geskiet word want ons het n groot kwota binne die Chobe grense gehad. Daar was veral baie mooi koedoes en elande, swartwitpense en bastergemsbokke. Ek was ook die beste ingerig met n nuwe basis en slaggeriewe en genoeg blyplek vir kliente. Daar moes net altyd in ag geneem word dat ek probleem diere moes skiet en hulle eerste aandag sou moes kry want dit was die mees betalendste. Ek en Selby het gaan sit want daar moes so vinnig as moontlik by Ben gebou word wat hom so min as moontlik moes ontwrig, hy was bykans elke dag in die veld en het hom self baie hard gedruk. Binne dae sou n bouspan vanaf Maun opdaag en sy plek baie mooi opgradeer. Ek sou nie gou weer op Makuku kom nie en ons moes die jagte vir ten minste tot einde Maart klaar in plek sit en dit het my gemaak om nog n aand oor te slaap en met Kabous en Monica en Jeanniese hulp het elke konsessie geweet tot middel April watter spesies en hoeveel kliente hulle sou kry. Daar moes vir die onvoorsiene ook ruimte gelaat word en dit sou saam met jong jagters by my onder my beheer plaasvind. Ek het weer beklemtoon dat geen klient weggewys sou word nie. Ons het die kwotas gehad en moes net harder werk. Die getalle is ook aan die taksidermie manne gegee. Ons is die volgende more teen son opkoms by Makuku weg na Nyati. Alles was in plek en selfs die voelskiet besigheid ook.

Hoe verder n mens noord in die land ry kom jy agter dat dit eintlik net n deel van n reenseisoen is wat net vir vier maande van die jaar baie reen en daarna baie minder en soms vir lang tye nie. Dit is hoekom boesmans as hulle na jare verwys altyd gepraat het van reentye. Dit was nou reentyd en bykans elke dag het dit erens gereen en die veld het welkome tyd geniet met lowergroen nuwe groei. Die wild was volop en spelerig en veral duisende volstruise sou dans dat ek gewonder het of die goed nie dronk sou word nie, blykbaar nie. Baie diere het lammers en kleintjies gehad en die troppe sou weer uit die suide migreer op hulle tyd en nie met n malle drang nie. Ons kon op enige plek stop en ons sou diere sien van baie soorte. Ek het met Selby hieroor gepraat en gevra of die gedeelte ook droog word en met reen oorgeslaan word. Hy kon net een jaar onthou in die middel sestigs wat dit bykans niks gereen het nie en duisende diere dood is van droogte. Water het oral geloop en op plekke het die cruiser moes deur diep water gaan en ek was baie dankbaar dat ek nie meer die F250,s gery het nie wat aanhoudend nat gespat het. Ek het nog ses dae verlof gehad voor ek moes begin werk maar dit was nie n Afrika van toepassing nie. Die boesmans het my saam met die hele basis in gewag en dit het gevoel of ek lank weg was. Die honde het omtrent vir Jeannie wou opvreet en haar nie alleen gelos vir n paar dae nie. Die mense wat hulle gevoer het toe ons weg was moes nou skielik gebyt word. Die boesmans was vervelig en my gewere was nog nooit so skoon gewees nie en Jas het met die bakkie gaan veldplante haal wat hy geweet het sou blom en oral om ons huis en my gebied van die basis geplant. Bruce Kinlock het intussen vir Jas wat die slimste van my boesmans was geleer om te bestuur en dit het maar val-val-vorentoe gegaan maar hy was baie trots daarop dat hy darem die bakkie kon maak beweeg.

Op pad na Nyati toe baie naby die plek waar die luiperd die wildehonde gevang het, het n olifant die bakkie gestorm en dit was vir my vreemd. Bruce het ook oor die bul gekla en hy het dit toegeskryf aan iemand van die bouspanne wat dalk die ou gestamp het met n swaar voertuig. Daar het al n paar voertuie moes lelik wegjaag en niemand wou die bul skiet nie want ek was nie daar nie. Ek het die bul baie mooi gesien en hy was oud maar het nie baie groot tande gehad nie, sy vel was verrimpeld en langs die kante van sy kop het diep duike gesit wat n kenmerk van n ou bul was. Hy het n effense hinkstap in sy een voorbeen gehad en ek en Bruce het saam gestem dat hy sy jong askaris verloor het met n geveg en dat hulle saam met die oorwinnaar vort is en die ou alleen was. Omdat baie toeriste ook deur die park gery het kon ek nie n aggressiewe bul toelaat nie en ons het saam besluit dat ons hom sou skiet. Hy het my om n draai staan en inwag en ons was gelukkig om ongedeerd weg te kom.

Die watergat by Nyati was vol en die water het tot nader as twintig meter van die heining opgestoot wat bykans teen my huis was. Water was egter nou volop en die groot troppe kon op baie plekke drink, tog het ek besluit om n klomp sout wat al vuil geword het van die trofee se bloed by die water uit te gooi. Hier langs die heuwels was n sout tekort en diere het dit baie gou agter gekom. Dit het baie spesies gelok en ons het besluit saam met Bruce om meer sout lekke te gee. Ek en hy het op die hoe dek gesit en hy het n boesman probleem gehad. Daar het nou af en toe nomadiese groepe gekom en hulle was gedokumenteer en ou Tsamma was nog daar wat basies net n tussenganger sou wees. Die mense was bederf deur toeriste wat hulle in die park gekry het en dan met allerhande goed bederf het. Dan was daar die Katolieke wat net n mediese diens aan hulle moes lewer en ook n mate van dokumentasie gedoen het. Van die groepe het sonder kos opgedaag en dan het ons vir hulle wild geskiet, dit was baie gou aanvaar as n luilekker lewe wat vanselfsprekend aanvaar word. Ons het met die Katolieke gaan praat en ek wou weet hoe lank hulle n spesifieke groep wou sien om alle mediese dienste af te handel. Hulle het vyf dae maksimum nodig gehad en vir siek gevalle langer. Dit was n fyn balans om te handhaaf tussen menslik- en onmenslike optrede. Hulle was natuurkinders en ons het hulle n diens gebied, ons was nie verantwoordelik om hulle aan die lewe te hou nie. Ek het besluit dat hulle ses nagte kon slaap waarvoor ons vir hulle vir vleis sou sorg en daarna moes hulle terug na die vele kampe wat opgerig was met omheinings en wind- of handpompe. Hulle het niks gehad voor ons daar gekom het nie en was op sekere regte geregtig maar ons sou nie vir hulle sorg nie. Daar het groepe wat tot sestig sterk was gekom en hulle het bykans n buffel per dag geeet. Die westerse lewe was baie aanloklik maar nie vir hulle beskore nie. Bruce het gese “ Pine you’ve got to be cruel to be kind.” Hoe moeilik dit was om toe te pas was dit ons manier van doen en net in uiterste gevalle sou ons die reel oortree. Die Katolieke en ou Tsamma is so opdrag gegee en gewoonlik het ons gesorg dat die kos opraak en dat hulle moes veld toe. Die hele basis was te alle tye buite perke vir hulle en net die gebied wat afgekamp was en die kliniek was vir hulle toeganklik. Tussen hulle kon baie Afrikaans gebroke praat maar daar was maar n soorte van taal wat net hulle verstaan het. Daar was ook soos ons opsomming was, drie soorte nomade met hulle eie taal en dan n gemeenskaplike taal. Ek het my bes probeer maar sou die boesman kwessie nooit werklik opgelos kry nie.

Die nuwe basis was heerlik want alles wat ons wou gehad het was daar en byna te modern. Die huise se krag het vanaf batterye gewerk wat deur n groot kragopwekker gelaai was en hy het net drie ure per dag geloop en elke huis het ook sonpanele op gehad wat die eerstes in Botswana was. Die yskaste het gewerk met n omsetter en as die masjien geloop het het dit outomaties op die opwekker se krag gewerk. Baie gou is daar geleer om krag te bespaar en om suinig te werk te gaan want diesel moes gery word na ons toe en die paaie was nie altyd so goed nie. Die staat het nooit oor brandstof gekla nie en eintlik vir ons vrye teuels gegee om te doen wat ons wou. Stowe en storte het met gas gewerk en was vir die tyd baie modern. Dit was in n mate vervelig want daar was nooit n krisis nie en alles het glad verloop en nooit iets om reg te maak nie.

Die boesmans en die ander werkers wat by die asgat gedelte gewoon het was ook baie beter af en het net sonpanele vir battery krag gehad en dan genoeg water en die opleiding om groente te plant. Hulle het ook al begin plant en hulle plek was ook omhein met battery krag en hulle het baie goeie vrugbare grond gehad en uit my eie ondervining het ek geweet dat hulle die beste oeste sou maak. Hulle was nie genoe om met die wilde boesmans te meng nie en ek kon nooit agter die waarheid kom nie. Ek het maar gedink dat hulle hulself hoer ag as die mense.

Jeannie het weer met die nagape n lekker tyd gehad en dit was warm en ons was in die swembad. Sy het selfs van die goed by haar in die water gehad, die eerste en laaste maal dat ek n nagaap gesien swem het. Ek het nooit van nagape gehou nie want vir my was hulle vuil. Ek het my verwonder aan die meisie wat so tuis was in Afrika en so ryk groot geword het en tog so ongekusteld was. Die liefde vir diere was werklik iets om te sien en tog was sy n jagter net soos ek. “ Sweety I’ve got to go after that jumbo tomorrow that scared us along the road. He is making a habit of chasing cars and it will only be matter of time before a disaster will happen. Please be careful, he looked like a very mean beast to me and he is huge. Why does he do that? I really don’t know and may be never will. He is an old bugger and may be lost his temper because of pain or something. I am taking Luka and Katwindi with me because there are a lot of lions in the Chobe and some of them are notorious man eaters. I don’t want to bump into a pack of lions alone. Bruce told me that he saw a family of 34 last week at the waterhole. That is a lot of lion, for a man on foot may be too many. If I do get the jumbo we will have to fetch Manwasi’s people because there are no people living in the reserve that could utilise the meat. Be careful, I am always worried when you go after those nasty ones like that last man eating lion. Take the radios with you and call me when you have shot him. I will be helping the Catholics learning the boesmans to shower and some personal hygiene. Good luck to you, I’d rather go after the jumbo.”

Ek het in die geweerkamer gaan sit om my 416 mooi reg te kry en seker te maak dat alles in orde was om die probleem olifant te gaan skiet. Die dra radios moes saam gaan en ek het met my jagters en die boesmans gereel om vroeg die more te kom dat ons kan gaan soek vir die ou man. “ I just wanted to thank you for the wonderful holiday. I really enjoyed it and it was very nice to have a peep into your world. Those army guys really got into you and all your secrets went astray. It was all Kabous’s doing, if he had warned me before I would not have gone to the seaside, but it was nice seeing the guys again after three years. You were a tough bunch of guys and I think your parents enjoyed it the most. After all those years they also had a peep into your army life. I am glad that you enjoyed the holiday and that you could see where I grew up and talk to my parents, it is a different world from where you come from. Why did they call you Mamba? Maybe because I look like a snake, I don’t know. Peter Lubbe told me that you were a very good officer. I had the best men to work with and that made it so very easy. All those troops were there because they wanted to be there and they knew they were the best. I really don’t want to relive my army days. I enjoyed it because you never wanted to speak about it. Now you know too much, let’s just leave it there. Please be careful tomorrow with that elephant.”

Ons het mekaar se slaapkamers gerespekteer en nooit het ons saam daar gaan kuier nie. Ek het gaan le en myself probeer instel vir die olifant. Dit was n hele rukkie wat ek laas gejag het en ek was bang dat my sintuie dalk nie fyn genoeg geslyp was nie. Ek het geweet dat hy sal storm as hy ons gewaar. “ Can I come in? Yes come in.” Sy het by my kom le en ek kon sien dat sy iets wou vra.” How did you feel when you introduced me to your former girlfriend? I felt so proud to show her how much better off I was and to show her the most beautiful girl at the beach. I also felt relieved that I could make peace with the relationship that did not last but I could not help feeling sorry for her. Her husband was once a friend of mine and he might be a vet but he is a spoilt brat and I know the marriage will not last. But I have moved on and I must thank you for that.” Ons het nog lank gele en gesels oor die vakansie en my ouers en ek moes haar later vra om te gaan slaap want ek moes vroeg opstaan en sy was glad nie n oggend mens nie.

Katwindi het teen skemer my koffie gebring en ek en hy en Luka het op die dek gaan sit en gepraat oor die jag wat voorle en seker gemaak hulle 404’s was reg en weer wou ek weet hoekom die bul ongeskik was. Hy het nie n verklaring gehad nie, dit het die nag gereen en ek het nie geweet waar om te gaan soek vir die bul nie. Water was volop en daar was nie spesifieke plekke om heen te gaan nie. Ons sou die boesmans laai want hulle het sy spoor geken en ons sou met die bakkies ry tot ons of die spoor of die bul kry. By die watergat voor my huis het n groep olifante gestaan en party was half lyf in die water. Die wereld was groen en uitsig beperk en as ons moes meer noord gaan sou dit nog meer ruig word. Wild was volop en ons het baie soorte gekry en baie olifante maar nie die regte een nie en teen middagete was ek redelik moeg gesoek. Ek het n stel bastergemsbok horings opgetel wat seker deur leeus gevang was wat vir jare die rekord in Botswana sou wees. Ek het hulle aan n Duitser verkoop en hy moes net n kuip skiet.

Met ons gesoek na die bul het ons op renoster spore afgekom. Dit was n verrassing want tot op hede was daar nog nooit renosters gesien in die Chobe nie. Ek het besluit om die olifant te los en die spore te volg. Dit was volgens die spore n groep van sewe en Katwindi kon twee bulle herken aan die spore. Die spore was vars op die reen en ons het met die twee bakkies gery en baie naby die groep gekom. Hulle was egter baie wild en sku en my waarneming was dat hulle vanaf Rhodesie se Wankie gedeelte moes gevlug het tydens die olifant uitdunning. Vir my was dit n baie groot fonds en ek het probeer so na as moontlik kom sonder om geskraap te word. Daar was twee bulle waarvan een oud was en dan drie koeie met twee groterige kalwers. Die koeie was duidelik dragtig en ek het gewonder wat Bruce sou se en wat sy optrede sou wees met die baie skaars diere. Ek het besluit om belonings vir die nomadiese boesmans uit te loof as hulle ons nog renosters kon wys. Teen die einde van Maart 1978 het ons van 88 individuele renosters geweet wat in die Chobe was. Soos die uitdunning anderkant die grens in Rhodesie aangehou het sou hulle meer word.

Die renosters het my opgehou en ek het besluit om huis toe te gaan en vir Jas gese om ons die reguitste roete huis toe aan te wys. Die son het begin sak en hoewel die dae lank was moes dit donker word en ek wou nie in die nag gery het in die veld nie. Ons was nie baie ver van Nyati af nie toe Jas die bul se spoor opmerk. In die nat grond was die sleep merk duidelik sigbaar waar sy tone bykans n streep getrek het en hy was reguit op pad na ons basis en in die rigting van die nuwe pad waar hy ons wou skraap. Ek het met Katwindi en Luka gepraat. Dit het begin laat word en as ons hom nie gou kon skiet nie sou die donker ons gevang het. Ons het besluit op n uur en sou dan omdraai en hom die volgende more kom soek. Uit ondervinding het ek geweet dat hullle ver loop in n nag en dit kon weer gereen het en ons het op die spoor gery. Dit was in die rigting van n oop vloedvlakte en ek het gehoop om hom daar te kry. Met die bome wat almal nou groen was het dit die uitsig nie baie ver gemaak nie en ek het geweet dat hy eerste van ons sou weet.

Die son het baie laag gele en die bul het in die water op die middel van die vloedvlakte gestaan. Daar was gewoonlik nie water nie maar met die reens het elke hol plekkie water gehad. Ons het die bakkies in die bome geparkeer en hy meer as vyfhonderd meter weg en die water was nie baie nie. Ons sou hom moes uit die water uit lok om hom te skiet en gelukkig was die wind reg en het hy nie van ons geweet nie. Daar was nie skuiling om agter te bekruip nie en ons drie sou moes oop en bloot loop na hom toe en probeer om hom te roep dat hy storm uit die water uit. Ek het die boesmans by die bakkies gelos en ons is met gelaaide gewere langs mekaar deur die heuphoogte gras nader. Die bul het met sy agterkant na ons toe gestaan en water teen sy lyf gegooi en van die lang gras gepluk en teen sy linkerkant geswaai. Daar was van die wit bosluis voels op hom en om hom en hulle sou hom vroegtydig waarsku want hy was alleen en op homself aan gewese. Ek het in die middel geloop en Luka links van my en het saggies geprewel “ inkunzi Indlovu” baie groot bul. Hy was werklik n baie groot bul en hoog op sy bene en ek het sy tande geskat op nie meer as sestig pond toe hy ons wou jaag nie.

Ons was minder as n honderd meter van hom af en die wit voels het begin opvlieg met hulle kras geskree en die bul het om gedraai en na ons gekyk en sy slurp opgetel om te ruik. Hy kon ons nie sien nie en ook nie ruik nie en hy was so vyf meter in die water in waar ek hom nie wou gehad het nie. Ons het stadig bly nader loop en hy het bly soek na die onsigbare met sy slurp. Op omtrent sestig meter het ons gaan staan en Luka het geroep. “ Isapa Inkunzi, Isaap.” Hy het ons gesien en weer was die natuur onvoorspelbaar. Hy het deur die water weggestorm skuins weg van ons af en ons het nader gehardloop. Hy wou nie baklei nie en sy kruppel draf was duidelik sigbaar, hy het net voertuie gehaat en nie mense nie. Ek het gesien dat hy op droe grond was en hoewel ver in olifant skiet taal, hy was seker tagtig meter het ek op my knie gaan sit en “ Bulala” geskree en gegaan vir sy kop wat skuins weg van my was. My skoot het hom laat swik maar nie omgegooi nie en hulle twee skote het bykans tegelyk geklap maar hy was nog op sy voete en die water was tussen ons en hy nog steeds skuins regs. My tweede skoot kon ek beter merk want hy het gestaan en wieg en ek het agter die oor gevat en hy het neergeslaan. Ek het my geweer vol gemaak en lank so gestaan en later die twee gestuur om die bakkies te gaan haal en stadig nader geloop. Dit was nooit lekker om n dier eintlik sonder rede te skiet nie en veral so n groot bul. Toe ek by hom kom was hy dood want ek moes om die water loop en agter sy linker blad was duidelik die steek merk van n ander olifant wat hy probeer gesond maak het met water en gras.

Ek het vir Jeannie op die radio geroep. “ I’ve just shot the jumbo and will not be home before darkness falls. Thank you I was worried, are you ok? Yes I am fine, only a pity to kill such a beautiful animal.” Teen hierdie tyd het ek al baie olifante geskiet en was redelik gerat vir die herwinning van die vier voete en die tande. Die ketting saag het die maklikste gewerk, dit was net n bloederige affere en die voete was gelaai en die tande saam met die stuk skedel uitgesaag en ek kon sien dat hy op sy laaste stel malers was. My boesmans was weer baie lief vir die slurp en hulle het dit gewoonlik teen die skedel afgesny en in vier gedeel. Luka het die stert teen die lyf afgesaag en ek het dat ons pak want hulle sou moes vroeg die volgende more die mense van ou Manwasi gaan haal om die vleis te kom herwin. My eerste skoot het ek te ver na die voorkant van sy kop geskiet en my laaste een was op die merk. Hulle het beide vir die hart gegaan en hulle skote was reg, ek het nie gehou van hart skote by olifante nie. Hulle het nog te veel lewe in hulle gehad voor hulle van n hartskoot sou val.

Ons het by die huis gekom en die manne moes eers die voete afslag en die vleis neem vir hulle en die nomadiese boesmans. Ek het probeer om alle diere behalwe roofdiere te eet wat ek geskiet het. So was seekoei vir my lekker en veral sy fillette en ook zebra. Ek het olifant probeer en eintlik kon ek net sy voet kussings eet wat ook maar nie baie lekker was nie. Die beste was maar rietbok en eland en selfs koedoe. Daar was baie vleis in die vier voete en ek kon n paar boesmans laat goed eet. By die basis het ons die tande skoon gekap en op n miershoop gaan sit en hulle sou vir die res sorg. Dit was kort en dik tande en toe ons hulle vir die staat gee het hulle 74 en 88 geweeg wat my verbaas het en net weer gewys het dat ek nie gewig kan skat nie.

Die volgende more het ek drie bakkies gestuur om die mense te loop haal en weer besef dat ons nou in n reservaat skiet waar nie mense behalwe boesmans gewoon het nie. Baie vleis sou nie herwin word nie want daar was net nie mense nie. Ek en Jeannie het n bakkie vrag boesmans gelaai en hulle kon eerste vleis neem en ook net so veel soos die bakkie kon dra. Dit was n redelike onbeskaafde groep en van die mense het die eerste maal op n voertuig gery en vir hulle was dit n ondervinding en hulle het selfs motorsiek geword. Hulle het die olifant wat toe reeds baie hoog opgeblaas was begin sny en natuurlik eerste die lewer en die niere en hart geneem. Ek het gesien dat beide skote deur die hart was en was verbaas oor die grote hart wat sommer gedra wou wees na die bakkie toe. Ons het net klaar gelaai toe die ander groep opdaag en hulle sou die beste neem wat oor was en die res vir die aasdiere los. Bokant ons het aasvoels begin draai en ek het hienas gehoor roep en vir Katwindi gewaarsku dat hulle moes op die uitkyk wees vir leeus. Leeus wat in sulke groot troppe geloop het, het ook die aasvoels dopgehou want daar was maar altyd honger leeus by wat nie genoeg kon kry nie. Die troppe was net te groot.

Ek en Bruce het lank oor die renosters gepraat en ek het ook ou Tsamma gaan uitvra. Hy het vroeer baie renosters gesien maar met die jare het hulle minder geraak en dit was n hele paar reentye wat hy laas een gesien het. Ek het aan belonings gedink om te betaal vir die rapportering van renosters en die positiewe opsporing van hulle. Geld het net die mense verwesters en hulle sou net by die naaste ruskamp gaan koop en verneuk word. Die nonne het klere voorgestel en ek kon nie aan iets beter vir n boesman as tabak en lekkers dink nie. Op die einde het ons op geld besluit en hulle kon dit by die nonne se klein winkel spandeer waar hulle nie verneuk sou word nie. Met die ontwikkeling van die reservaat het ons 59 toegekampte boesman skuilings met water gehad. Die glasvesel hutte het baie goed gewerk want hulle kon maklik vervoer en opgeslaan word en was warm in die winter en was waterdig en kon nie brand nie. Wild was volop en hulle kon eintlik permanent by so n skuiling woon. Dit was windpompe en ook handpompe en die wild kon ook daar drink en dus maklik gejag word. Vleis was egter nie al wat op hulle spyskaart was nie en ek wou so gou as moontlik nog skuilings bou want hulle sou net blykbaar n nuk kry en besluit om te trek. Baie het vroeer leeukos geword en ek wou dit verhoed. Hulle het selfs in bome geslaap maar leeus kon boomklim ook. Een het een dag vir my gese dat hy moes trek want sy honde was onrustig. Daar was nog baie vir my om te leer oor boesmans en eintlik sou ek hulle nooit verstaan nie. Johan Adriaanse wat ons Ingwe konsessie hanteer het was gebore in Botswana en hy het my aangeraai om nie te probeer om hulle te verstaan nie. Ek moes net menslik met hulle saam leef. Ek het dit probeer doen so goed as moontlik.

Ek was nog amptelik met verlof en het al reeds weer n probleem olifant geskiet, ek het gewonder wat die jaar sou inhou maar ek was baie bly om in Botswana te kon wees. Jeannie het gese dat sy blyer as ek was, ek moes haar glo.

14 Januarie 1978




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed