Jongste aktiwiteit:

Diana Coert
vir

Diana Coert

Lees meer oor Diana Coert

Augustus 2022 – My huis is my woning projek

1.My huis is my woning 

My huis is my woning, maar my woning is waar ek tuis is.

My woning is waar my hart is. Dis die plek waar ek lafenis soek na ‘n lank dag buite. Hier lewe herinneringe in elke vertrek. Dis my Elim na die dolheid van die stad. Ek kan oral gaan, maar dis hier wat ek nesskop en gaste verwelkom. Dis ‘n trekpleister vir my kinders na die seer van die lewe.

Wonings is meer as ‘n huis, dis waar families bymekaar kom, waar ons kook uit liefde, dans in vreugde. Dis die plek naaste aan hemel, vol lofgesange. Dis waar ek my neerle as ek moeg is.

‘n Woning is ‘n gevoel so eie aan ‘n omhelsing, waar jy veilig en geborgd voel. My plekkie is vol kamers, oorvol van jare se groei.

Ek kan oral kuier, maar my woning is die plek wat my verwelkom en geliefd laat voel.

Geskryf Deur:
Diana Coert




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Wilma het n geregistreerde lid geword

  • Carlien Lid se profiel foto het verander

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak