Jongste aktiwiteit:

Elna Kruger
vir

Elna Kruger

Lees meer oor Elna

Mei 2020 – “Ek  wens dat ek…” projek

2.Wense vir more

Die aankondiging van ‘n grendelstaat was nie ‘n verrassing nie. Ek was baie beïndruk en trots. Verras. Ek en my man is in ‘n hoë risiko-groep. Ons is blootgestel en pas reels konsekwent toe. Ek het nie voorsien dat dit so lank sou aanhou nie. Ek wens my beplanning was beter. Ek praat nie van kos of verf of wyn (sou baie lekker gewees het!) nie.

Ek wens ek het die naweek in Mapumalanga en in die Krugerwildtuin nie as vanselfsprekend aanvaar nie. Ek wens ek het meer tyd gemaak om saam met my vriende en familie te kuier. Ek wens ek was nie die Sondag voor die grendelstaat te lui om kerk toe te gaan nie. Min het ek die waarde van vryheid , natuur en sosiale interaksie besef, tot die dag wat ek dit verloor het. My hart is in stukke as ek nie vir die tannie wat vir longbehandeling opvolg ‘n drukkie mag gee nie want ‘n virus verhoed my.

Ek wens nie meer oor gister nie. Dis verby. Ek wens dat ek weer die voorreg sal kry om dit te verander. Ek glo die dag sal weer aanbreek. Dit is waarin my hoop vir more lê.

200 woorde

Elna Kruger

3.Ek wens drome kan waar word

Ek wens ek kon eenkeer in my lewe genoeg geld tot my beskikking hê om al my drome te laat waar word. Wat sou ek daarmee maak? Verseker sal ek daarvan gebruik om my eie lewe meer gemaklik te maak. Ek sal nie ophou werk nie, want my werk is my passie. Ek sal wel my pasiënt wat se medies uitgeput is, help om langer op te volg.

Ek sou ander mense se drome wou waar maak. Die meisie met sistiese fibrose se surrugaatswangerskap betaal. Dit sou salig wees om vir my kinders ‘n neseier te kon gee en seker te maak dat hulle wel medies het. Ek sou geld belê in hulle studies en dalk my meestersgraad voltooi.Dalk, net dalk sal ek ‘n jaar afvat om te reis. Ek sou graag Duitsland toe wou gaan, my aanstaande skoondogter se Franse ouers ontmoet. Ons eie land het soveel plekke wat ek graag sou wou sien en ervaar.

Dis ‘n wens wat seker nooit waar sal kom nie. Die drome sal drome bly. Dalk as ek gelukkig is, sal ek en my man eendag, na aftrede, ons land verken. Intussen sal ek droom. Droom en wens.

196 woorde,

Elna Kruger




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed