Jongste aktiwiteit:

Fanus Strydom
vir
0 views

Fanus Strydom

Lees meer oor Fanus Strydom

Maart 2022 – OOP projek

1.Kastaiings in die vuur

Twee driebeenpotte staan wydsbeen oor die laaste stomp. Die kampvuur onder hulle koud en amper uitgebrand. Lankal leeg geplunder. Die een was vroeër stampvol stywepap. Met goudgeel brandsel aangebrand tot hoog teen die kante op. In die ander kaiings. ‘n Hele halwe vark s’n. Brosgebraai en daglank uitgekook tot soutbruin lekkerte. Kraakvars en heerlik vetterig. Al wat oor is in die pappot se pens is ‘n paar, verdwaalde brandsel-happies hier en daar. Onder op die bodem van die kaiingpot dryf ‘n donker oliepoel, dofblink in die lantern se dapper flikkering. Maar steeds kokend warm. Om ons raak dit laatnag en die luggie koel. Oupa se storie begin uiteindelik koers kry. Hy leun vooroor en krap-krap aan ‘n laaste stukkie brandsel teen die pot se binnewand. Rol dit in ‘n bolletjie en doop dit hoopvol in die kaiingpot se donker, diep verborgenheid. Hy vind waarna hy soek en bring die vangslag gretig na sy storiemond. Kou vir ‘n wyle in stilte aan die kraakvars lekkerte. Geniet in die geheim ons grootoog-ongeduld oor die storie se onafwendbare einde.

” Liffie, wat eet jy nog so uit daai pot?”
Ouma wat van die voorhuis af sê dis laat en die kinders moet bed toe.
“Kaiings en pap…”
Hy vee die vet met ‘n agterhand van sy blinkmond af. Knipoog vir ons. Die storie se hoogtepunt nou vlak op sy tong.
“Maar die kaiings is lankal klaar!”
“Watwo vrou…” buig hy weer oor die pot. Soek vir oulaas na ‘n laaste lekkerny.

Vanuit die donker buitenag kom nog ‘n vrugtetor aangevlieg. Onafwendbaar aangetrokke tot die aanloklike ligkol langs die koue vuur. Sien homself vir oulaas in die lamp se ligspieël. Tuimel bewusteloos die duisternis van die potvulkaan binne…
“Tssst…”

Oupa kyk verras op. Sit hoeka met ‘n papbol in sy vingers gerol. Dankbaar oor die welkom meevaller onder in die pot. Geduldig vis hy die allerlaaste kaiing uit die donker dieptes uit en druk dit gretig in sy mond. Kou, vir oulaas, toe-oog aan die laaste lekkerte.
“En so, kinners…” sluit hy sy slaaptydstorie af;
“kom alle goeie dinge tot ‘n einde.”

Fanus Strydom




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed