Jongste aktiwiteit:

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Marthie Joubert het ‘n nuwe publikasie gemaak

Julanda van der Merwe
vir

Julanda van der Merwe

Lees meer oor Julanda van der Merwe

September 2023 – OOP projek

3.Weskus lente

Getrou aan sy naam, is die Kaapse wewer besig om huis te bou vlak by die glasskuifdeur van die sonstoep. Met vaste voorneme het hy een middag ʼn stringetjie gevlegte gras kom vasheg aan ʼn slap tak van die karee wat byna die hele agtertuin in beslag neem. Sonder om hom te laat afskrik van die man en vrou binne, het hy begin weef. Die Cymbidiums wat buite geslaap het omdat die koue nagte, volgens Google, die plante sou aanmoedig om te blom, moes vinnig ingehaal word. Dié orgideë was in gevaar toe meneer geelvink ontdek dat hy lang repe kan afskeur as handige boumateriaal. Hy moes daarna tevrede wees met die bolplante wat vanself elke lente lang blare die lug in stoot sonder om te blom. Ruimskoots het hy ook gebruik gemaak van die fyn, slap takkies met sagte groen blare aan die punte van die karee. Plek-plek steek van hierdie slap takkies met windmakerige klosse blare soos antennas uit die weefwerk. Wat ʼn kunswerk!
So ʼn dag of wat gelede daag daar ʼn vink vroutjie op om die besigheid te inspekteer. Sy het ingeloer by die opening van die nessie, maar gou weer uitgekom. Die tweetjies het gekwetter, naby mekaar op die naaste tak gaan sit, ʼn paar draaie gevlieg en weer kom sit. “Nee,” besluit sy toe. “Hier is baie ruimte vir verbetering.” Met dié vlieg sy na die Manatok in die ander hoek van die tuin en die huisbouer sit haar agterna – sonder sukses, want sy kom nie terug nie. Vererg en roekeloos, soos ʼn wafferse kamakazi-vlieënier het hy op die nes afgepyl om van vooraf nuwe grasse en blare in te weef. Roomkleurige wattepluisies van die kus vaalbos se blommetjies word aangedra vir beddegoed en almaardeur weef hy, sonder om hom te steur aan die Suid-Ooster wat die nessie aan die punt van die slap tak gevaarlik heen en weer swaai.
Weskus lente is soveel meer as die blomme-skouspel wat in Augustus en September die landskap tooi in oranje, geel en pers. Selfs verwaarloosde sypaadjies en leë boupersele word versier in die mooiste kleure en vir ʼn kort periode word die streek vir reisigers vanoor die hele land ʼn bestemming om weer en weer te besoek, want as jy eenmaal daar was, wil jy altyd weer terug.
Dit was lente, onthou die vrou, toe sy die eerste maal die weskus leer ken het. Haar nuutontwaakte liefde het aanklank gevind by die skouspel van kleure by die see. Seisoene het gekom en gegaan, maar altyddeur was die belofte daar van uitbundige lente na elke winter en haar hart het vasgeknoop gebly aan die man en die Weskus-huis met die karee in die tuin.

450 woorde

Julanda van der Merwe




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak