Jongste aktiwiteit:

Liz Barnard (Woordsvere)
vir

Liz Barnard (Woordsvere)

Lees meer oor Liz Barnard

BRONSKLAS

Julie 2018 – Oop projek

1.Jou lied, jou melodie

jou lied jou melodie – Da Capo (al fine)

“Die lewe is ‘n lied” antwoord die vriendelike polisieman vir my so op sy sangerige manier van praat en ons lag te lekker oor sy “sê ding”.

Vandag was ook nie veel anders gewees nie “die lewe is ‘n lied” sê hy met ‘n glimlag … ‘n glimlag wat nie aan sy oë raak nie en sy gelaatstrekke raak hard vir ‘n paar sekondes … ‘n halfuur later is die nodige papierwerk so te sê afgehandel behalwe vir twee dokumente en ek haas myself by sy kantoor uit met dien verstande om weer teen drie uur terug te wees met die res van die papiere waarvoor hy gevra het.

Om drie uur dieselfde middag stap ek weer in by die polisiestasie en kom voor dooiemansdeur te staan. My moed wil net in my skoene val toe ‘n vroue kaptein my nader en vra of sy kan help. Ek verduidelik vir haar ek is opsoek na die sersant hy wag vir die papierwerk en sy antwoord my “hy is op ‘n steakout”. Vir ‘n oomblik is my gedagtes stomgeslaan … “steakout” … maar dit gebeur mos net op TV programme soos NCIS of LA Law – nie hier in die bosveld – dink ek so by myself. (As die Kaptein nou moet weet wat in my gedagtes aangaan sal sy seker dink ek is in “La La Land” maar ek’s dood ernstig hier waar ek staan). Ek huiwer vir ‘n oomblik – ”’n klopjag ja ” … dink ek by myself dit klink vir my meer na die werklikheid en die realiteit tref my so saam met ‘n koue rilling wat van nêrens af gekom het.

Ek stap na my motor, klim in, en sluit die deure. Dis mos maar iets wat ons almal nou al uit gewoonte doen.

Die bosveldson braai vandag weer die vet uit als wat leef en beef en ek sit so vir ‘n paar sekondes met my gedagtes wat so leeg raak en ek voel so asof ek opgesuig word deur ‘n holte in die buitenste ruim wat my insluk en iewers wegvoer na nêrens … Water begin suipel uit oor my lyf en ek voel hoe my oë begin brand van my eie sweet en my grimering vir die dag wat ek getrou elke oggend met groot sorg aansit het ook nou sy ”dinges” gesien vir die dag. Ek skakel die motor aan en voel hoe die lugversorger se warm lug my nog ‘n verdere warm klap in my gesig gee – dank die vader dis net vir ‘n paar sekondes voordat die lafenis van ‘n koue lugversorger my gesig tref en als teen my vel taai raak en ek ongemaklik begin voel.

Teleurgesteld ry ek huistoe en die sersant se woorde maal so in my gedagtes rond en ek besef die sersant het ‘n punt beet. Die lewe is wel ‘n lied is. Jý is die lied – jou paadjie wat jy vir jouself elke dag oopkap is jou melodie. Dis die melodie wat jou lied vorm gee en mooi maak of dit nou ‘n “A Tempo” (in tyd), ‘n “Mezzo Forte” (baie hard”, ‘n “Pensato” (jou verbeelding), ‘n “Agitato” (vinnig en opgewonde), ‘n “Con Fuoco” (met vuur), ‘n “Piano” (sag), ‘n “Affettuoso” (teer en gevoelvol), ‘n “Calando” – (sagter en stadiger) of ‘n “Comodo” (gemaklik) of sommer net ‘n “Fermata” (‘n stilte) of … soms is dit ‘n ietsie van als. Dit maak tog nie saak nie want dis jóú lied jóú melodie wat jy jouself gekomponeer het en aan die einde is dit jóú meesterstuk – jóú lewe – die pad wat jy geloop het.

Sien, aan die einde van jou melodie het jy díé meesterstuk van jou lied gekomponeer met jou eie lewenspen en daaraan kan jy die woord “Kopiereg” byvoeg met jou voorletters en van en trots wees op jou lied al was daar soms ‘n “con fuoco” (vuur) en soms ‘n “comodo” want jý is uniek.

Da Capo (al fine) van die begin tot die einde.

© L Barnard 22 Julie 2018




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed