Von Villon
Oktober 2022 – Liriese projek
1.Ons is nog op die bottel
Want watter mens ken die dieptes van ʼn mens, behalwe sy eie gees in hom?
I Korintiërs 2:11
Dit lei geen twyfel nie dat dit ʼn merkwaardige en spesiale ouerskap verg om ʼn gestremde kind op te voed (veral as die gestremdheid geestelik van aard is), maar om te glo dat God doelbewus skep met gestremdheid in gedagte is totaal en al vals. Die oorspronklike sonde is te blameer vir skending van God se perfekte skepping. Danksy God se liefdevolle karakter, regverdigheid en perfekte oordeel verander hierdie hartverskeurende gevalle in situasies waar God verheerlik word. Wat belangrik is, is om te verstaan dat alhoewel gestremdheid nie God se wil is nie, word mense wel so gebore.
Wat as die kind blameer word vir sy gestremdheid omdat dit teen die wil van God is? Belaglik, né?
Homoseksualiteit is ook teen die wil van God, dis sonde. As ek dan nie die dieptes van ʼn ander mens kan ken nie, wie is ek om te verklaar dat dit ʼn persoon se keuse is, dat dit moedswillig is of dat dit ʼn geestelike gestremdheid is? As gevolg van die grys area kies ek om die Here se opdrag uit te voer deur lief te wees vir God en vir ander soos myself; ek laat oordeel en veroordeling aan Hom oor.
Ns: Ek hoef nie met die leefstyl saam te stem om lief te hê nie.
©VonVillon
3. Waarom bly mense in verhoudings waarin daar herhaaldelik op hulle verneuk of vir hulle gelieg word?
Die hoofrede is ‘n ongegronde vrees vir alleen oudword. Ongetroude paartjies se kollaterale rede is die idee dat die huwelikseremonie iemand permanent kan verander. Die vrees en valse hoop is in baie gevalle so groot dat ten spyte van gedrag, wat bewys dat daar geen respek vir die verhouding is nie, duur die verhouding voort.
Dit is ‘n vrees wat innerlike konflik veroorsaak wat wantroue skep in die persoon se eie vermoë om eerlike, lojale en betroubare mense te kan onderskei. Die nagevolg is dat die persoon ander mense onder dieselfde kam skeer. Die oplossing hiervoor is om te besef dat almal nie dieselfde is nie, selfliefde en die kennis dat die ware, egte vrees nie alleen opeindig is nie maar dat daar met die verkeerde persoon getrou word. Egpare moet weet dat ‘n belofte limiete het en wel sekere voorwaardes inhou.
©VonVillon