Jongste aktiwiteit:

Carmen Edwards (IronLady)
vir

Carmen Edwards (IronLady)

Lees meer oor Carmen Edwards (IronLady)

Februarie 2022 – Liefdesprojek

2.Liefde is …

Woordtelling: 338

Liefde is die onderwerp van liedjies dwarsoor die wêreld. In Afrikaans dink ons aan Ballonne gesing deur Janita Claassen waar liefde ook as ‘n rooi ballon uitgebeeld word. In die kerk sing ons “God is liefde, juig ons harte”. By partytjies is liefde die Loslappie by wie almal kan gaan lê.

Films doen ook die ding van liefde. Liefde vir Lelik was die aangrypende verhaal van ‘n seuntjie en ‘n optelhond. “Joseph and his technicolour dreamcoat” beeld die liefde van Jakob vir sy seun Josef uit. Dit is eintlik ‘n refleksie van sy liefde vir Rebekka, omdat Josef baie soos sy gelyk het.

Storieboeke gaan meestal oor liefde in een of ander vorm. Daar is historiese romanse en witwarm liefdesverhale waar die smagtende mensdom ‘n smakie kan kry van ware liefde, of is dit eerder warm liefde? Die boek Mans is van Mars, vroue van Venus geskryf deur John Gray, gee ook ‘n indiepte insig oor die liefde tussen mans en vroue en waarom dit so verskillend is.

Kunstenaars beeld liefde uit op verfdoeke en in beelde. Dink maar aan die Mona Lisa en haar geheimsinnige glimlag wat tussen 1503-1507 deur Leonardo da Vinci geskilder was. Dalk het sy iets geweet wat ons nog moet uitvind! Die Joodse bruidjie, in 1667 geskilder deur Rembrand van Rijn, is sekerlik die mees waardevolste skildery wat vandag bestaan oor die liefde.

Digters kan net so liries oor die liefde raak. C.Louis Leipoldt se Oktobermaand beeld sy liefde vir blomme en die natuur uit. Breyten Breytenbach wen loshande met sy Rooiborsduif wat oor ‘n wye era strek vanaf die sesigerjare tot vandag. Rosa Rosarum is ‘n liefdesgedig waar hy die werklike rose hulle weerga in liefde wil wys.

Die Bybel sê God is Liefde. Joh. 3: 16 is die toppunt van agape, oftewel Heilige Liefde.

Mense baklei en skei oor dinge soos ‘n toiletrolletjie wat verkeerd ingesit is, omdat een ‘n introvert en die ander ‘n ekstrovert is. Ouers mishandel hulle kinders.

Waar is die liefde dan?

Carmen Edwards (IronLady)




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed