Suzette Strydom (Palet)
Februarie 2020 – Limeriek projek
Egbreek se gevolge
Dit is Sondag en die kerk is stampvol mense, soos gewoonlik sit elkeen op sy of haar eie plek uit die mag van gewoonte. Pastoor en sy ouderlinge buig die hoofde en neem hul plek op die verhoog in, Tannie Petro begin weer aanborstig te hoes en verlaat die kerk. Agter haar hardloop haar kleinseun en begin vewoed te skree oor sy ouma hom alleen in die bank agterlos. Weerbarstig trek die vrou los op die orrel, sy speel met mening om bietjie gees onder te gemeente lede te kry. Dan sing almal uit volle bors saam. Vandag preek Pastoor oor ontrouheid en leuens. Die mans wat hulle vrouens so verkul moet die rondlopery en slapery laat staan. Hy het verskeie klagtes gekry van vrouens in die gemeente wat hulle lot teenoor hom kom bekla. Hy wil dit ‘n ernstige saak maak en sy kommer hieroor uitspreek, daar is te veel skeisake.
“Broeders! skrik wakker die duiwel is besig om julle huwelike te vernietig. Vertroue, eerlikheid en kommunikasie is baie belangrik, sonder dit blok dit die groei vir ‘n gelukkige verhouding en ‘n toekoms saam jou geliefdes. Na so ‘n trauma en drama, is al die vertroue en geluk weg, en al wat oorbly is haat en woede!”
Hy raak so opgewonde dat hy amper die trap mistrap, gee so paar wilde spronge en land weer op sy voete. Hy vee met sy sakdoek oor sy voorkop, en neem ‘n groot sluk water uit sy glas. Sy laaste woorde was so vol krag, dat sy valstande amper uit sy mond geval het, hy het dit net betyds terug in sy mond gehap.
” Ek wens julle wil meer bereidwillig wees om probleme op te los, en minder die spore van ontrouheid probeer uitvee. Dra al die geskende aan vir julle eie vrouens, en nie vir iemand wat dit nie werd is nie. Mens kom op ‘n punt dat jy nie meer kans sien vir leuens en wantroue nie, die salf raak dan op en die wonde bloei.”
Heel agter in die kerk sit Broeder du Preez, hy het ‘n affair aan die gang met Suster Botha, verskeie mense in die gemeente weet daarvan. Ongelukkig het nog nie een die moed gehad om dit vir sy vrou te vertel nie. Sy is ‘n liewe mens, die goedheid vanself, teenoor haar man veral. Haar liefde vir hom het geen perkte nie, hoe kan ‘n man met so goeie vrou so ontrou wees?.
Dan voor in die kerk met so ‘n vroom skeinheilige gesig sit sy skelmpie langs haar man. Sy lyk egter ongemaklik, staan op en stap uit die kerk uit, haar oë is nat van die trane. Broeder du Preez skrik so groot dat hy begin lag, hardop in die kerk dat die trane ook rol. Hy ly egter aan skok, en voel so skuldig dat sy gesig bloedrooi word. Hy staan op en verdwyn na die kleedkamer toe, skielik het hy geweldige maagkrampe en is net betyds om homself te bevry van ‘n groot maag aandoening. Toe hy terugkeer na sy vrou is hy so bleek soos ‘n spook.
Trane van berou en skaamte rol teen sister Botha se wange af, haar man staan ook op en volg haar na buite. Hy sit sy hand vertroostend op haar skouer en troos haar. Sy gryp hom om die lyf en druk hom styf teen haar vas, ek is so baie lief vir jou my man, jy moet dit nooit betwyfel nie.
Dit was die laaste keer dat sy ontrou was aan haar man, God het haar oë daardie dag wawyd oop gemaak, selfs Broer du Preez het nooit weer rondgeloer nie.