Evelyn van der Merwe
BRONS KLAS
Amakeia
1.Ere aan Amakeia
Op die grens van Kafferland
het jy menig’ Amakeia deuntjies
in die skitter van die awendster
aan die witkind sag geneurie
al was sy mamma bitter ver
Want daar’s aan haar belowe
sonder huiwer, sonder kla
toe sy sterwend aan jou vra
dat jy die kleine piekanini
tot die dood op jou rug sal dra
Braaf het jy ligvoet gevlug
na Amatola doodsberge
wyl jy heelpad saggies sing
stil maar, stil,, stil my kind
maar verspieders het jul tog gevind
Assegaaie het jul wreed deurboor
maar jy’t nie die stryd verloor
want belofte aan jou nonna
het paal bo water uitgestaan
al het die vyand jul verslaan
Aan Amakeia ‘n ereplek
daar waar die Amatola klowe
nou neurie in die winterwind
van Amakeia en die spierwit kind
sal Geskiedenis nooit kan verslind
Evelyn
Herfs
1.Hersharte
Soos moedernatuur seisoenkalender blaai –
so ook ons gevoelens wat wild skoppelmaai
soos droë bruin blare, ritselend breek
kraak seisoene in harte wat weer ontwaak
met aanvang van rukwind, wat blare pluk
hul rondomtalie laat dartel
tot waar hul ‘n eie lêplek
in die boomkoelte vind
Vorm skilderkwas van natuur
ineengevlegde herfstapyt
verkleur harte na geel en bruin
verloor ook so kleur mettertyd
maar daar is eens ‘n nuwe begin
want soos amber rus ons liefde
in afwagting dat dit weer ontspring
Soos uurglas korrel- leegtap
vorm hark ‘n kosmoshoop
natuur nou heel kaalgestroop
van rooi,geel,groen en bruin
in ons binnehart se bleekblomtuin
word daar dan op vaalgrys geloop
Maar die lieflike, koel lente
is binne bereik in ommeswaai
want kyk,net daar om die draai
is soveel sorge en hartseer
lankal reeds ver weggewaai
bot nuwe bloeisels stewig sterk
as Hy self met ons binnetuin werk