Jongste aktiwiteit:

Madzi
vir

Madzi

Lees meer oor Madzi

BRONS KLAS

Augustus 2018 – Haikoe projek

3.Japannese dis met n Kinkel

Kyk as daar nou een ding is wat my fassineer, dan is dit Japannese kos. Hulle noem nie verniet Japan die wonderland van kos nie! Hulle disse is nogal ‘n mengsel van geure en kleure en vrek interessant, om nie eers die name daarvan te probeer opnoem nie!

Ons is gek daaroor om sou nou en dan een van hulle geregte uit te toets. Vra maar vir “Tannie Google” sy het skatkamers vol resepte en toemaar voor daar enige kommentaar is, Flaffie van tannie Sannie staan nogsteeds in haar jaart!

Wanneer meeste mense dink aan Japannese kos, dan hardloop hulle gedagtes skoon op hol maar ons sal nou nie daaroor uibrei nie! Eintlik het hulle nogal heelwat geregte wat hemels is en hulle het tot hul eie kerrie en rys gereg genaamd “Kare raisu” wat mens uitspreek as “Kah-ray rye-soo.” En wie kan nou nee sê vir ‘n heerlike bord kerrie en rys!

So probeer ek en manlief dié dag ‘n splinternuwe resep wat ek by “Tannie Google” leen, maar O’ wee wat ‘n gemors want ons gereg wat nou eintlik ‘n “omelet storie” moes wees, is ‘n totale flop! Om eerlik te wees dit was so ‘n flop dit was skaars eetbaar!

So probeer ek maar die situasie red, want nou is aandete daarmee heen en omtrent elke bak en lepel is vuil. Manlief brom sy maag grom al, nie eers te noem ons bulletjie wat al met die eetstokkies rondspeel en dit by sy mond laat uitsteek en sê “Kyk ma ek lyk soos “Dracula” en dan so giggel of twee gee.

Wel op die ou einde toe slaan ons toe sommer ons eie Japannese gereg aanmekaar, sonder die volksvreemde speserye, en sit later gewapen met ons eetstokkies voor ‘n bakkie gevlokte vis en gegeurde rys, gemeng. Wie het dan nou gesê ‘n Japannese dis kan nie ‘n kinkel hê nie!

©Madzi




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed