Jongste aktiwiteit:

Paula Paxton
vir

Paula Paxton

Lees meer oor Paula

FEBRUARIE 2023 – BLOU PROJEK

1.Musiek magspel – As die musiek my gemoed verander

227 woorde

Melodie en harmonie – geskryf op ‘n musiekblad waar die note ingeryg hang teen die basis van swart balke tussen tessituur, maar sonder die kuns van ‘n instrument wat klank in ritme speel, of ‘n stem van ‘n sanger wat lirieke oor kan dra, sal melodie en harmonie nie ten volle hul doel kan bereik nie.

Daar lê ‘n towerkrag as alles gekombineer word, ‘n tipe van ‘n spel wat euforie uit ‘n mens kan tap.

As ek die poëtiese taal van ‘n digter in ‘n lied hoor waarby ek aanklank vind, die klank van musiek in my ore voel vibreer, en die hoendervleis teen my vel ervaar, stap ek ongesiens terug in toekadae, beleef ek met intensiteit weer die lewe waar hierdie lied ‘n onvergeetbare merk gelos het.

Ek ervaar weereens die onbeskryflike hartseer, die ongelooflike blydskap of selfs die jolyt op die dansvloer waar ek uit volle bors kon sing. Ek sien my geliefdes, my skoolmaats, my ouers en soveel ander in beelde wat voor my verskyn.  Ek ervaar weer die lofprysing waar ek voor my Skepper sou buig in aanbidding, in die vorm van liedere.  Ek beleef gebeurtenisse en emosie wat vir lank gestoor gelê het. Musiek het die vermoë om die verlede weer te laat leef.

Daar is geen twyfel dat musiek ‘n wondermag besit wat mens se gemoed sonder waarskuwing kan verander nie.

Paula Paxton©




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed