Jongste aktiwiteit:

Sonneblom (Linnie)
vir

Sonneblom (Linnie)

Lees meer oor Linnie

Februarie 2019 projek

2.Tyd is kosbaarder as geld

Geloof,gesondheid,liefde en tyd- hierdie dinge is kosbaarder as goud en BAIE meer werd as geld. Daar is ‘n spreekwoord wat lui ”:Tyd is geld.” Dit is gedeeltelik waar, want hoe harder jy werk hoe meer geld maak jy in die meeste omstandighede .Tyd is meer werd as geld. Wat help dit jy het ‘n klomp geld en niemand om dit mee te deel nie, want jy was te besig om geld te maak, sodat jy meer tyd kan he om met jou geliefdes te deel. Tyd het ongelukkig ook ‘n vervaldatum soos so baie ander dinge. Geld kan nie verlore tyd terug koop nie. Ek word skoon ongemaklik as ek sien hoe mense sommer net tyd sit en mors. Hulle sit voor die TV en kyk hoe ander mense denkbeeldige lewens leef. Dikwels sit hulle sommer daar sonder om regtig te kyk . Ander is verveeld en kla hulle het niks om te doen nie. Ek voel lus om hulle wakker te skud. Tyd wat vir hulle afgemeet is gaan verby en dit kom nooit weer terug nie. Moenie wat jy vandag kan doen uitstel tot more nie. Jy weet nie of more ooit gaan kom nie. Moenie ‘n goeie woord of kompliment van iemand weerhou nie. Dalk het hy dit nodig gehad en kry jy nooit weer die geleentheid nie. ”Van uitstel, kom afstel”, lui die spreekwoord. Leef elke dag of dit jou laaste is en maak gebruik van elke geleentheid om goed te doen. Moenie datt jou lewe soos die saadjies van die Dandelion in die wind weg waai nie .

 

Sonneblom (Linnie)




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed